TUTKIKIRJASTO
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Matkustus ja ulkoilu
Weg!Weg!

Weg! November 2018

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Lue lisääkeyboard_arrow_down
OSTA IRTONUMERO
3,67 €(sis. verot)
TILAA
35,79 €(sis. verot)
12 Numerot

TÄSSÄ NUMEROSSA

access_time2 min
immer swerwers

Dis enkele dae voordat ons dié maand se tydskrif drukker toe stuur, en my redakteursbrief moet klaar. Die plan was om dit op my skootrekenaar op die vlug van Johannesburg af na Kaapstad te skryf, maar die vlug is vol en ons is soos oorryp vrugte in die betrokke mango-krat geprop. My rugsak moet onder by my voete en die reus in die middelste sitplek langs my lyk soos ’n skopbokser uit Oekraïne wat die vorige aand te hard gekuier het. Ons is sewende in die ry om op te styg by O.R. Tambo, dan sesde. Nog vyf minute gaan verby, en ons is vierde in die ry. Die bedompigheid wat deur die mensemassa uitgestoom word en die gebrek aan beweging is vir Sergei, die skopbokser, net te veel. In een…

access_time4 min
vooraf

Van nou af reis ons lig Ek is bevoorreg om 38 jaar lank getroud te wees met my vrou, Kitty, wat ook baie lief is vir avontuur. Ons het mekaar op die dorp Oshakati in Namibië ontmoet. Ons eerste groot avontuur was ons wittebroodsreis op ’n Yamaha XT500 deur die Khomas Hochland en die Namibwoestyn. Ons is nou in die sestig en het deur die jare verskeie kere deur Afrika gereis: eers met ’n Kombi, toe ’n 4x4-dubbelkajuit, ’n daktent, ’n woonwa, ’n boswa... Ons het onlangs ons uitdagendste en ook bevredigendste toer onderneem: ’n bergfiets-ekspedisie om die Richtersveld: van Vioolsdrif deur die berge en verby Eksteenfontein, Kuboes, Sendelingsdrift en Aussenkehr, altesame sowat 380 km. Ons het in rivierlope geslaap, tot daar waar ons bene ons kon bring. Agt dae lank het ons…

access_time5 min
v&a

EBEN GELDENHUYS van Brackenfell, Kaapstad, vra: Ons het dié sebra in die Krugerwildtuin teëgekom. Aanvanklik het ons gedink dit is dalk speeksel, want hy was besig om te vreet, maar die oorsprong van die vloeistof was te hoog op teen die gesig, tussen die 6de en 7de swart streep (getel van die mond af ). Het L.D. dalk ’n verduideliking? Die natuurlewekenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Dis moeilik om ’n besliste antwoord te gee sonder om die ander kant van die sebra te sien. Ek kon met die hulp van veeartsvriende sekere moontlikhede uitskakel. Dit is nie serum wat uit ’n ou wond dreineer nie; sebras se serum is baie geel. Dis ook nie vloeistof wat uit die oog dreineer nie, want die volume is te veel. Die mees waarskynlike verduideliking is…

access_time2 min
conqueror-boswaens is met rede nr. 1 in suid-afrika!

Met 25 jaar se boswa-ervaring is Conqueror Suid-Afrika se markleier wat betref die vervaardiging en uitvoer van boswaens. Én vir naverkoopdiens. Conqueror is bekend vir sy innoverende ontwerpe, genadelose veldtoetse en unieke vervaardigingsprosesse. Afrika is beslis nie vir sissies nie, en Conqueror-waens word nie net sterk genoeg vir die Afrika-boendoes gebou nie, maar is ewe tuis op die moeilike paaie in die res van die wêreld. ’n Mens sleep ’n Conqueror met absolute gemoedsrus, en danksy die luukses in die wa kamp jy ook soos ’n koning. Conqueror het hom aanvanklik toegespits op die bou van militêre produkte en in die vroeë 1990’s besef hierdie kundigheid is ook waardevol as jy ’n taai boswa wil bou. Die eerste Conqueror-waens is by die Nampo-oesfees bekend gestel... en binne ses maande was hy Suid-Afrika…

access_time1 min
conqueror-handelaars

Bloemfontein (Moto Inn) 051 430 5951 Kaapstad (Safari Centre) 021 595 3910 Heidelberg (Hoofkantoor) 082 925 4218, 083 654 0116 of 016 349 6532 Limpopo 015 293 0431 of 071 771 0347 Midrand 082 651 9471 of 010 010 7969 Trichardt / Secunda 083 250 1783, 083 444 8614 of 017 638 0180 Nelspruit 061 4826681 Northgate 011 026 6350 of 083 229 4276 Oos-Rand 011 8262561 of 0823508166 Wes-Kaap 072 434 9062 of 021 072 0800 Middelburg TJM 013 244 1298 of 082 802 7603 Pretoria 012 567 1378 of 082 442 5713 Suid-Kaap (Mooiwa George) 044 050 0071 Namibië (Off-Road Centre) 00 26 46 123 7532…

access_time1 min
sutherland spog ook nou met ’n planetarium

Sutherland is bekend vir sy meestal wolkose nagte en daarom is dit ’n gewilde plek om sterre te kyk. Maar gestel die weer steek op mooitjies die naweek wat julle daar is – wat doen ’n mens dan? Jy gaan kyk planete by Sutherland se nuwe planetarium. Wel, eintlik kyk jy ’n kortfliek oor die buitenste ruim wat deur vier projektors teen ’n koepeldak vertoon word. Die planetarium het sitplek vir 30 mense. Die stoele kantel agteroor sodat jy gemaklik op jou rug kan lê en die hele koepelskerm ordentlik kan sien. ’n Vertoning duur maar sowat 45 minute en daar is verskeie flieks waaruit ’n mens kan kies, soos een oor die ontwikkeling van die teleskoop oor die eeue, hoe die sterrekonstellasies in antieke mitologie verewig is, die jongste tegnologie wat ingespan…

help