TUTKIKIRJASTO
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Matkustus ja ulkoilu
Weg!Weg!

Weg! March 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Lue lisääkeyboard_arrow_down
OSTA IRTONUMERO
3,19 €(sis. verot)
TILAA
31,15 €(sis. verot)
12 Numerot

TÄSSÄ NUMEROSSA

access_time2 min
haak, vrystaat!

De Wet Ras se fris bene het op 25 September 1976 in Bloemfontein my verhouding met die Vrystaat begin deur dit in sy kanon te skop. Dit was ’n hartseer dag. Vroeër die middag het die Steyns voor ’n blinknuwe Telefunken sit gekry. Voor 1976 moes ons rugby op die radio luister. Jy kon darem die glorie van jou span se oorwinning herleef deur ná die tyd ’n langspeelplaat met Gerhard Viviers se wedstrydkommentaar te koop. Ek het reeds begin spaar vir so ’n plaat van die 1976-Curriebekereindstryd, want Morné, Divan, Dawie en Jan-Boland sou vir seker die beker terugbring na waar hy hoort – Kaap toe. Maar daardie Vrystaatse span het die verbleikte veld met my helde gevee. Hulle het soos ’n trop jagluiperds saam bal gejag en Ras se regtervoet…

access_time2 min
agter die skerms

Wat was die grootste uitdaging van dié storie? Die moeilikste ding van die Bosveld is die oorweldigende aantal blyplekke. En nadat ek uiteindelik op vyf plekke besluit en hulle besoek het, steel ’n boef my skootrekenaar uit ons woonstel in Kaapstad! Met ál my foto’s en werk. Sjoe, dit was ’n gatslag, want ek gebruik ook my foto’s as visuele notas saam met die geskribbel in my notaboek. ( Dankie aan Lawrette McFarlane wat op kort kennisgewing weer foto’s van die blyplekke gaan neem het. – Red. ). Deesdae bêre ek álles op Google Drive. Jou gunstelingplek in die Bosveld? Die Waterberg – dit voel asof hier meer diere as mense is. Ek en my gesin het by die Lindani Lodge in ’n huis gebly en die hele naweek geen ander…

access_time7 min
wenbrief

’n Skilpad met ’n doodsbegeerte? Ons het verlede jaar die Karoo- nasionale park se oudste leeumannetjie, Bitterbal (pa van die bekende Sylvester), by een van die skuilings gewaar. Hy het aan ’n bergskilpad gekou. Sowat ’n uur en ’n half later kom nog ’n bergskilpad aangestap, direk na die leeu toe. Eers toe die skilpad sy kop ’n paar keer teen die leeu se agterlyf gedruk het, het Bitterbal omgekyk. Maar hy het bloot aanhou vreet. Die skilpad gaan sit toe styf teenaan die leeu. Toe die leeu klaar is en die laaste stukkie vleis uit die dop lek, het hy opgestaan en water gedrink. Daarna het hy omgedraai en met sy bolyf op die tweede skilpad gaan lê. Later het hy dié skilpad in die water gegooi, opgetel en begin vreet, so…

access_time3 min
v&a

LOUISE MINNAAR van Nelspruit vra: Ek het dié foto geneem op ’n vriend se plaas in die Klaserie-omgewing. Wat sit daar onder die blaar? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Naaldekokers lê eiers in water. Eienaardige wit nimfe broei dan uit die eiers. Die nimf klim teen ’n takkie of riet op uit die water waarna die volwasse naaldekoker te voorskyn kom. Anders as die meeste insekte is daar nie ’n papiestadium nie. Dit word ’n onvolledige metamorfose genoem. Op dié foto is ’n volwasse baardmannetjie en die eksoskelet van die dooie nimf. Die nimfe en die volwasse naaldekokers is roofinsekte wat onder meer muskiete, muggies en bytende vlieë vreet. RENE BOTMA van Middelburg (Mpumalanga) vra: Die tor het van kleur verander toe ek hom met ’n takkie optel om in ’n boom te…

access_time1 min
beleef dié sonnige paradys vlieg met airlink na vilanculos

Langs die kuslyn van Vilanculos in Mosambiek ontmoet helderblou water die sanderige wit kus. Die dorp se pragtige uitsigte en warm water het bygedra tot sy status as een van Mosambiek se voorkeur-vakansiebestemmings. Sonsoekers is gaande oor die lang, ongerepte strande en warm temperatuur en hou daarvan om weg te lê aan Mosambiek se beroemde garnale en heerlike bier. Die dorp Vilanculos is ideaal vir ’n daguitstappie om die lewendige markte, helder kleure en tradisionele handvlytprodukte te beleef. Avontuurlustige reisigers kan gerus die mooi Mosambiekse platteland verken – dis net ’n kort 4x4-rit weg. Die see rondom Vilanculos en Bazaruto- en Benguerra-eiland is ’n paradys vir waterliefhebbers. Die water is kristalhelder en snorkelduikers, swemmers of skubaduikers kan tot 40 m ver sien. Dis een van die min plekke waar ’n mens skaars dugongs te…

access_time1 min
lus vir ’n avontuur op bosbougrond?

Bosbougrond word nie nét vir bosbou gebruik nie. Sowat 30% van die grond is onbeplant en word opsy gesit vir bewaring en bied hope om te doen – van stap- en bergfietsroetes tot voëls kyk en piekniek hou. Met sy nuwe Forestry Explained-kaart wil Bosbou Suid-Afrika dit vir jou maklik maak om op een plek al dié doendinge op bosbougrond en blyplekke in die omgewing te sien. Hoe werk dit? Gaan na https://forestryexplained.co.za/recreation-map/ om die interaktiewe kaart te sien. Klik op een van die ikone vir meer inligting oor die aktiwiteit en hoe om daarvoor te bespreek. Jy kan die inligting op die kaart in PDF-formaat van dié blad af aflaai. VAN DIE DOENDINGE OP DIE KAART SLUIT IN: • Besoek Mpumalanga se se Panoramaroete – van die bekende watervalle soos Mac Mac en Bridal…

help