TUTKIKIRJASTO
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Matkustus ja ulkoilu
Weg!Weg!

Weg! May 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Lue lisääkeyboard_arrow_down
OSTA IRTONUMERO
3,30 €(sis. verot)
TILAA
32,18 €(sis. verot)
12 Numerot

TÄSSÄ NUMEROSSA

access_time1 min
caprivi toe

Ek was nog nooit in die Caprivi nie, maar as ek die plek voor my geestesoog moes oproep, voel dit na ’n opwindende en selfs effe gevaarlike plek gevoel. Dis alles Rocco de Wet se skuld. As jy ’n wit, Afrikaanse laaitie in die jare sewentig en tagtig was, is die kanse goed daar was ’n stapel Grensvegterfotoboekies in jou bedkassie wat jy in pousetye met jou maats geruil het. Die Caprivi was die besnorde Rocco se agterplaas, ’n plek waar hy die kommuniste die dag laat berou het wat hulle die eerste keer in Afrika voet aan wal gesit het. Dit was veral Fidel Castro se ouens wat deurgeloop het. Maj. Cuba het gedink hy’t die oorhand toe stuur die Grensvegter hom bokveld toe. Maar Rocco het sagter omgegaan met…

access_time2 min
tot siens, vriende

Ná agt jaar by Weg gaan Aletta as vryskutkosskrywer en -stilis werk. Sy droom ook daarvan om haar eie kookboek te skryf... Wat was die hoogtepunt daarvan om by Weg te werk? Die mense! Daar was wonderlike kameraderie as ons ’n kosstorie skiet. Dit was lekker om ’n storie saam met my ma op my tuisdorp, Calvinia, te doen (Weg #82). Die kookboeke Naweekkos en Kuier om die kole was natuurlik ook ’n hoogtepunt. Wat sal jou bybly? Ek gaan die lekker kos mis! Maggies, ons het ons vingers behoorlik afgelek met die toets en proe van die afgelope jare se ongeveer 1 000 resepte. Wat is jou ervaring van Weg se lesers? Hulle is wonderlike mense. Dit het gevoel asof ek deel van ’n uitgebreide familie is. Lesers het hulle ma…

access_time1 min
weg!

KONTAK DIE WEG-SPAN REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za KOSREDAKTEUR ALETTA LINTVELT aletta.lintvelt@weg.co.za TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; SUZAAN HALL suzaan.hall@media24.com; PETER VAN NOORD (proefleser) FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALIS SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKER ERNS GRUNDLING erns@weg.co.za; JON MINSTER HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBESTUURDER: MAANDTYDSKRIFTE NERISA COETZEE BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833 danie.nell@media24.com DIREKTE EN GEKLASSIFISEERDE VERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA THOMAS 078 450 7771 tthomas@media24.com YUMNA ROJAN 072 399 5789 Yumna.rojan@media24.com YELANDA MITCHELL 074 897 9576 Yelanda.Mitchell@media24.com KYLEE ROBERTSON 076 263 9114 kylee.robertson@media24.com KAAPSTAD NICK FITZELL 071 430 6311 nick.fitzell@media24.com SANETHA MEINTJIES 084 416 5797…

access_time3 min
wenbrief

Trots Suid-Afrikaanse berge! Ons het onlangs die Noordelike Drakensberg besoek en onder meer Clarens, die Golden Gate-Hoogland- nasionale park, Witsieshoek Mountain Lodge en die Thendele-ruskamp in die Koninklike Natalse nasionale park aangedoen. Dié foto is geneem uit ons hut in die Thendele-ruskamp. Die skoonheid en grootsheid van die omgewing het my asem weggeslaan. Ek was ook verras en beïndruk met die goeie paaie, netjiese blyplek en professionele diens van Ezemvelo KZN Wildlife. Ek voel sommer opnuut trots op ons beeldskone land! CHARL HEUNIS, Kaapstad Die Namib ís stil, ja! Die artikel “Stil, stiller, Namib” in Weg #173 het my hart ’n punt laat trek na die Tumasvlakte in die Namibdeel van die Namib-Naukluft- nasionale park. Ek en my man het in April verlede jaar drie dae by die Ganab-boskamp in die park gekamp. Die wuiwende boesmangras teen…

access_time6 min
v&a

ANNATJIE BRUYNS van Odendaalsrus skryf: Dié blom op ’n plaas naby Warden was oortrek met besies. Al die insekte was besig om te paar. Daar was nog so ’n blom ’n entjie verder weg, ook vol stuifmeel, maar g’n insekte nie. Het die stuifmeel ’n invloed op die paringsgedrag? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Die bontmieliekewer behoort tot die Melyridae-familie. Hulle vreet meestal stuifmeel en versamel in groot getalle by geskikte voedselbronne. Die kewers is dus aangetrokke tot die stuifmeel op die blomhofie van die Skotse dissel (Cirsium vulgare); dus is daar meer geleenthede om te paar, maar die stuifmeel het nie op sigself ’n uitwerking op die kewers nie. Hulle lê hulle eiers onder blare wat op die grond lê en die larwes vreet ontbindende plantmateriaal. Hulle word dus nie beskou as…

access_time1 min
kyk hier

Damwalle is nou nie iets wat mense juis opgewonde maak nie. Maar die Katsedam se wal is nie enige wal nie. Dis 185 m hoog en die bokant 710 m lank. Die onderkant is 60 m breed en raak dunner boontoe, waar dit 9 m breed is. In die middel 1990’s is baie sement hier na die middel van Lesotho aangery. Trouens, ses jaar lank het daar elke 40 minute ’n volgelaaide vragmotor uit Ficksburg vertrek. Dis die hart van die Lesotho-Hoogland-waterprojek wat water aan Gauteng verskaf. Daarby is dit Lesotho se grootste maandelikse inkomste – ongeveer R25 miljoen per maand.…

help