TUTKIKIRJASTOLEHDET
KATEGORIAT
  • Taide ja arkkitehtuuri
  • Veneily ja ilmailu
  • Liiketoiminta ja talous
  • Autot ja moottoripyörät
  • Julkisuudenhenkilöt
  • Comics & Manga
  • Käsityöt
  • Kulttuuri ja kirjallisuus
  • Perhe ja vanhemmuus
  • Muoti
  • Ruoka ja viini
  • Liikunta ja terveys
  • Koti ja puutarha
  • Metsästys ja kalastus
  • Lapset ja teini-ikäiset
  • Luksustuotteet
  • Miesten elämäntapa
  • Elokuvat, TV ja musiikki
  • Uutiset ja politiikka
  • Valokuvaus
  • Tiede
  • Urheilu
  • Teknologia ja pelit
  • Matkustus ja ulkoilu
  • Naisten elämantapa
  • Aikuisten lehdet
SUOSITUKSET
TUTKIKIRJASTO
 / Matkustus ja ulkoilu
Weg!

Weg! September 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
3,27 €(sis. verot)
TILAA
31,86 €(sis. verot)
12 Numerot

TÄSSÄ NUMEROSSA

1 min
volgende maand in weg

Patrick en Marie Gurney trek nou in Ethiopië:‘Ons het by die vervalle maar steeds indrukwekkende Guzara-paleis gestop. Toe die opsigter hoor ons wil net daar vir die nag kamp, het hy toestemming gegee, maar gewaarsku dat dit onveilig is. Uiteindelik het ons R200 betaal vir die dienste van twee wagte – met AK47’s! Hulle het heelnag met mekaar staan en gesels. Volgende keer gaan ons net een wag aanstel vir die nag...’ weg.co.za September 2019 5 DIE KRUGER TE VOET Jy weet hoe opwindend dit is om in eerste rat deur die wildtuin te kruie en alkant van die pad dop te hou vir diere? Dink nou net hoe dit voel wanneer jy tússen hulle in die veld loop en enige oomblik ’n buffel in die oë kan kyk! Esma Marnewick vertel REISJOERNAAL In…

2 min
hóór die stilte

Net ’n paar weke gelede was ek bevoorreg genoeg om op die rand van die Makgadikgadipanne in Botswana tent op te slaan. Diegene wat al daar was, weet dalk dis die grootste soutpanne ter wêreld. So groot soos ’n land. Verbeel jou die hele België of Lesotho is ’n reusagtige plat wit soutkors! Dis nuwemaan en ek slaap die aand in ’n kampsak buite my tent onder ’n sterrekombers wat van horison tot horison strek. Op die naat van my rug lê en kyk ek na Botswana-TV – satelliete in hulle wentelbaan wat ’n paar oomblikke lank die son weerkaats; verskietende sterre wat uitdoof net voordat hulle die aarde tref en die Melkweg wat langsamerhand bo my kop draai. Die oggend vroeg trek ek my hardloopskoene in die donker aan, gryp ’n botteltjie…

2 min
agter die skerms

Hoe het jy in Japan beland? Ek was nog altyd geïnteresseerd in verskillende lande. Ek was veral aangetrokke tot Japan met sy unieke kultuur en tradisies. Deur Engels te gee, kan ek maklik vir ’n lang ruk hier woon. Kan ’n mens sien dat Japan vir die Wêreldbekerrugbytoernooi voorberei? Ja! Die Springbokke se oefenkamp is in Kagoshima; dus is daar oral plakkate van hulle op straat. Daar’s ook heelwat gesellighede in die stad om die inwoners aan die Suid-Afrikaanse kultuur bekend te stel. Lulama Smuts Ngonyama, die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Tokio, het een bygewoon. Op ’n ander geleentheid het mense Suid-Afrikaanse wyn gedrink en Suid-Afrikaanse kos soos malvapoeding en samoesas geëet terwyl hulle Invictus kyk. (Dis Clint Eastwood se rolprent oor die Wêreldbekerrugbytoernooi in 1995 in Suid-Afrika.) Hoe gesels jy met mense wat nie…

1 min
weg!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALISTE SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za; KYRA TARR kyra.tarr@media24.com KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKERS ERNS GRUNDLING; JON MINSTER; ARTHUR JONES HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBESTUURDER: MAANDTYDSKRIFTE NERISA COETZEE BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA THOMAS 078 450 7771 tthomas@media24.com YUMNA ROJAN 072 399 5789 Yumna.rojan@media24.com YELANDA MITCHELL 074 897 9576 Yelanda.Mitchell@media24.com KYLEE ROBERTSON 076 263 9114 kylee.robertson@media24.com KAAPSTAD NICK FITZELL 071 430 6311 nick.fitzell@media24.com SANETHA MEINTJIES 084 416 5797 sanetha.meintjies@media24.com HANNES BURGER 076 152 4605…

9 min
vooraf

Ek en my We-e-e-... Hierdie is sekerlik ’n eerste vir Weg? Ek was ’n tyd lank ’n gids vir die Kanadese toermaatskappy G-Adventures en het gereeld weke lank tussen Kaapstad en die dorp Livingstone in Zambië getoer. In 2010 het my broer, Mouton, vir ’n paar weke saam gereis. By die Victoria-waterval het ons ’n Weg-tydskrif op sy rug vasgemaak voordat ons die 111 m-reksprong van die brug af aangepak het! RUDOLF BADENHORST, Lilongwe Dit wil gedoen wees, dankie, Rudolf. Ons vermoed dis die eerste keer in menseheugenis dat ’n tydskrif ’n reksprong doen. – Red. Só moet jou dag begin Die klok het skaars 8 vm. geslaan toe verskyn twee reënboë oor die T’Niqua Stable Inn ( tniqua.co.za) op Plettenbergbaai. Dit het heelnag gereën en dié oggend was prentjiemooi. Jy vergeet heeltemal van die stad se lawaai…

1 min
v&a

JOAN SHINN van Port Elizabeth skryf: Ek het dié akkedisse afgeneem terwyl ek langs Marine-rylaan gery het. Kan iemand help met identifikasie? Die reptielkenner JOHAN MARAIS antwoord: Dié klipkoggelmanders is ’n algemene rotsbewoner wat dikwels op rotse langs strande gesien word. Net soos die boomkoggelmander word die mannetjies se kop helderblou in die broeiseisoen. Hulle vreet hoofsaaklik miere en termiete, asook ander insekte. ETIENNE DU TOIT van Centurion skryf: My vriend het hierdie slang by die Laerskool Mariepskop gekry. Watse slang is dit? JOHAN MARAIS antwoord: Dis ’n onskadelike reuse pootlose akkedis (Acontias plumbeus). Daar is groot verskille tussen slange en akkedisse, veral die bene in die kop. Dié akkedis het oorgate en ooglede wat slange nie het nie, en hulle vreet insekte. Bittermin slange vreet insekte.…