TUTKIKIRJASTOLEHDET
KATEGORIAT
SUOSITUKSET
TUTKIKIRJASTO
 / Matkustus ja ulkoilu
Weg!Weg!

Weg! October 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
3,27 €(sis. verot)
TILAA
31,86 €(sis. verot)
12 Numerot

TÄSSÄ NUMEROSSA

1 min
volgende maand in weg

‘Dis alom stil. Glinsterende grashalms buig in die wind. Ligene kruip onsigbaar stadig teen sandsteenhoekpale uit. Dis kaal hier, maar nie leeg nie. Monochroom, maar mooi genoeg vir Pierneef.’ – Sophia van Taak oor Rosendal SÓ RY DIE TREIN! Nog altyd gedog die Bloutrein is ’n stywe affêre? Nee wat, ’n balrok is oorbodig, sê Martinette Louw REISJOERNAAL Die Gurneys se reis oor die lengte van Afrika kom al hoe nader aan die huis – vandeesmaand toer hulle deur Kenia. ROSENDAL Op die oog af lyk dit na net nóg ’n vaal Oos-Vrystaatse dorpie wat iewers vergete geraak het. Maar vertoef ’n rukkie en laat haar kleurvolle karakters jou hart steel.…

2 min
om te weet dat jy nié weet nie

Dit het seker al met elkeen van ons gebeur: Jy staan by ’n braaivleisvuur of kuier om ’n lang tafel en daar is iemand wat met groot gesag begin gesels oor iets waaroor hulle duidelik bittermin weet. En al weet jy voor jou siel die persoon is verkeerd, kan hy of sy nie van ’n ander mening of die waarheid oortuig word nie. Selfvertroue spruit makliker voort uit onkunde as kennis, het Charles Darwin meer as 150 jaar gelede geskryf in The Descent of Man, en deesdae is daar ’n wetenskaplike naam vir dié verskynsel. Dit word die Dunning-Kruger-effek genoem, en dit word gereeld aangehaal (seker nie verbasend nie gegewe die stand van ons wêreldpolitiek). David Dunning en Justin Kruger is die twee Amerikaanse sielkundiges wat in hulle navorsing gevind het dat…

2 min
agter die skerms

Hoekom EG? Ek het van kleins af ure lank ou kaarte bestudeer en gedagdroom oor reise na veraf en ongerepte lande. Toe ek as fotograaf begin werk het, wou ek graag onbekende plekke soos Nigerië en Somalië verken. Is Suid-Afrikaners welkom in EG? In 2004 was Suid-Afrikaanse huursoldate betrokke by ’n mislukte staatsgreep. Daarna het die land sy grense vir Suid-Afrikaners gesluit. Maar sedert 2017 kan ons weer soontoe reis – jy kort wel ’n visum en ’n polisieklaringsertifikaat. Het jy ooit onveilig gevoel? Ek is op ’n kol in die hoofstad aangekeer en ’n uur of wat lank ondervra – hulle het ook my paspoort gehou. Eienaardig genoeg was dit nie my kameras wat die amptenare gepla het nie, maar my papierkaart met gemerkte roetes. Gelukkig het dinge goed geëindig. Afrika het…

1 min
weg!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALISTE SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za; KYRA TARR kyra.tarr@media24.com KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKERS ERNS GRUNDLING; JON MINSTER; ARTHUR JONES HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBESTUURDER: MAANDTYDSKRIFTE NERISA COETZEE BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA THOMAS 078 450 7771 tthomas@media24.com YUMNA ROJAN 072 399 5789 Yumna.rojan@media24.com YELANDA MITCHELL 074 897 9576 Yelanda.Mitchell@media24.com KYLEE ROBERTSON 076 263 9114 kylee.robertson@media24.com KAAPSTAD NICK FITZELL 071 430 6311 nick.fitzell@media24.com SANETHA MEINTJIES 084 416 5797 sanetha.meintjies@media24.com HANNES BURGER 076 152 4605…

8 min
wenbrief

Op ’n ysterperd deur die Karoo Ek het die artikel “Die Karoo kom lê in jou hart” in Weg #178 vreeslik geniet. Sestig jaar gelede het ek en my pêl Dennis Buys (ek en Dennis is al vriende van sub B af ) ook deur die Karoo getoer op ’n motorfiets. In 1956 was ek ’n deeltydse rekenmeesterstudent aan die Howard College in Durban (nou die Universiteit van KwaZulu-Natal) en Dennis ’n “appy mechanic”. Ons het besluit om oor Bloemfontein, waar my tannie Anna van Tonder gebly het, Kaap toe te ry vir ’n vakansie. Ons rit het dramaties begin. Dit motreën in Durban en by die Bereaafrit gly die ysterperd onder ons uit en ons slaan neer! Gelukkig was daar geen skade nie en kon ons verder ry. Ek het vir my…

2 min
v&a

QUENTIN SCOTT van Port Elizabeth skryf: Ek het hierdie by in my tuin gewaar. Gewoonlik vlieg sowat drie tot vier rondom dieselfde boom. Hulle lyk nogal gebiedsgebonde. Dit lyk asof hulle op jou afduik as jy naby die boom kom. Is dit ’n soort houtkapperby? Die insekkenner DUNCAN MCFADYEN antwoord: Die groot houtkapperby (Xylocopa flavorufa) se lyfie is sowat 50 mm lank. Hulle grawe gate in aalwyn- en garingboomstamme, boomtakke en selfs in bamboesbome, en bou ’n reeks selle. Die selle word geskei met houtsnysels wat vasgegom word met speeksel. Quentin is reg: Hulle is gebiedsgebonde. Die mannetjies patrolleer vasgestelde gebiede rondom die blomme, takkies en blare van spesifieke bome of struike. Die spesie kom algemeen voor in tuine. CHRISTA RABIE van Modimolle skryf: Ek het dié gogga (foto bo) afgeneem in…