TUTKIKIRJASTOLEHDET
KATEGORIAT
SUOSITUKSET
TUTKIKIRJASTO
 / Matkustus ja ulkoilu
Weg!Weg!

Weg! November 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
3,27 €(sis. verot)
TILAA
31,86 €(sis. verot)
12 Numerot

TÄSSÄ NUMEROSSA

2 min
voëls en verkeersknope

Verkeersknope was nog nooit prettig nie, maar die afgelope tyd gee ek nie soveel om vir die een soggens op die N2 langs die Swartrivier in Kaapstad nie. Namate jy aankruie stad toe, kan jy al van ver af sien hoe tientalle pienk grootflaminke in gelid bo die rivier wye draaie maak terwyl hulle ’n landingstrook soek. In vlug lyk hulle sierlik, en jy verwonder jou oor hoe hulle daardie lang, swaar nekke so regop in die lug kan hou. Hulle daling aarde toe is wel minder elegant – dun bene wat al skoppend vorentoe beur, uitgestrekte vlerke wat flap-flap en dan ’n reeks komieklike pletterlandings in die vlak water reg langs die teerpad. Ek moet mooi kophou om nie van die pad af of in die minibustaxi voor my vas te…

1 min
agter die skerms

Watse werk doen jy? Ek werk by die Universiteit Stellenbosch se Instituut vir Lewensganggesondheidsnavorsing. Ek moet vasstel watter gesondheidsprogramme en -dienste vir verskillende mense werk. Ek fokus tans op die gesondheid van ma’s, babas en gestremdes in Oos- en Suider-Afrika. Ek werk ook soms vir die Wêreldgesondheidsorganisasie. Ek was onlangs in die stad Musoma in die Mara-streek van Tanzanië; my volgende bestemming is Genève in Switserland. Wat maak Kenia spesiaal? Die Keniaane. Veral die mense van Kisumu is die verpersoonliking van daardie nasionale gasvryheid wat reisigers laat welkom voel. Hier is baie internasionale organisasies en agentskappe in Kisumu; dus is hier baie dokters, ingenieurs en ander internasionale reisigers. Terselfdertyd doen die plaaslike mense moeite om jou in te sluit, selfs al kuier jy net vir ’n kort rukkie. Wat maak dat jy van ’n…

1 min
weg!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALISTE SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za; KYRA TARR kyra.tarr@media24.com KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKERS ERNS GRUNDLING; JON MINSTER; ARTHUR JONES HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBESTUURDER: MAANDTYDSKRIFTE NERISA COETZEE BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER JAMEELAH CONWAY SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA THOMAS 078 450 7771 tthomas@media24.com YUMNA ROJAN 072 399 5789 Yumna.rojan@media24.com YELANDA MITCHELL 074 897 9576 Yelanda.Mitchell@media24.com KYLEE ROBERTSON 076 263 9114 kylee.robertson@media24.com KAAPSTAD NICK FITZELL 071 430 6311 nick.fitzell@media24.com SANETHA MEINTJIES 084 416 5797 sanetha.meintjies@media24.com HANNES BURGER 076 152 4605…

8 min
vooraf

Amok by die watergat Toe ons een aand in Junie by die Okaukuejowatergat in die Etosha- nasionale park aankom, staan daar vier renosters, waaronder ’n koei met ’n kalf. Kort daarna daag nóg ’n renoster op en val een van die ander aan. Ná ’n geveg beland die kwaadstoker in die water. Toe hy uitkom, val hy die koei met die kalf aan. Hy gooi die kalf ’n paar keer deur die lug, en val ook die laaste renoster aan. Die volgende oggend staan net die woedende bul daar, ernstig gewond. Hy bestorm alles in sy pad, selfs ’n boomstomp. Die draad was ook uitmekaargeruk. Die kalfie het nie oorleef nie. Hoekom was dié bul so aggressief? RIECKIE HANSEN Die natuurlewekenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Dis beslis nie normale dominante gedrag nie. Dis moeilik…

3 min
v&a

SUSAN SCHLEBUSCH van Queenstown skryf: Ek en my man ry graag rond en soek voëls om af te neem. Ons het onlangs groot- en kleinflaminke afgeneem by ’n dam in die omgewing. Volgens rekords is hulle nie veronderstel om hier voor te kom nie. Hoekom sou die voëls nou hierheen kom? Die voëlkenner LUKAS NIEMAND antwoord: Dis nie ongewoon om flaminke (in dié geval kleinflaminke) te sien in gebiede waar hulle nie gewoonlik voorkom nie. Dié nomadiese voëls beweeg gereeld van die een watermassa (soos panne en vlak damme) na die ander na gelang van die watervlakke en beskikbaarheid van voedsel. Soms verander dinge só vinnig dat flaminke net ’n dag of twee vertoef en dan weer na die volgende geskikte dam of pan beweeg. Dit het veral te make met die…

4 min
goed om te weet

Hoogste plekke in SA se nege provinsies Limpopo Wolkberg (2 126 m) naby Haenertsburg Mpumalanga De Berg (2 331 m) naby Lydenburg Wes-Kaap Seweweekspoortpiek (2 325 m) in die Groot-Swartberg-natuurreservaat Noordwes Nooitgedacht (1 816 m), die hoogste punt in die Magaliesberg KwaZulu-Natal Mafadi (3 451 m) in die Drakensberg, die hoogste spits in Suid-Afrika Gauteng Toringkop (1 913 m) in die Suikerbosrand-natuurreservaat Oos-Kaap Kwaduma (3 019 m) in die Drakensberg Vrystaat Namahadi (3 291 m) in die Drakensberg Noord-Kaap Murchpunt (2 156 m) in die Karoo VROUE BREEK NEGEPIEKEREKORD Verbeel jou jy stap 141 km, klim 7 888 m en ry 5 298 km – alles in 8 dae, 19 uur en 12 minute. Dís wat Tumi Mphahlele en Alda Waddell gedoen het om ’n nuwe rekord op te stel vir die vinnigste vrouespan wat die Suid-Afrikaanse Negepieke-uitdaging voltooi. Die idee is…