TUTKIKIRJASTOLEHDET
KATEGORIAT
SUOSITUKSET
TUTKIKIRJASTO
 / Matkustus ja ulkoilu
Weg!Weg!

Weg! December 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Maa:
South Africa
Kieli:
Afrikaans
Julkaisija:
Media 24 Ltd
Lue lisää
OSTA IRTONUMERO
3,27 €(sis. verot)
TILAA
31,86 €(sis. verot)
12 Numerot

TÄSSÄ NUMEROSSA

1 min
volgende maand in weg

‘Hier stap jy deur die Namib, een van die wêreld se ongerepste plekke. Oor oeroue duine met net jou gedagtes as geselskap. Op verlate strande waar sonverbleikte walvisbene en skeepswrakke uit die mis opdoem...’ – Pierre Steyn SKEDELKUSSTAPROETE Stap vir vyf dae tussen die woestyn en die see in Namibië, waar duine bedags bo jou uittroon en sterre saans regeer WITSAND Raak rustig op dié dorpie by die monding van die Breërivier waar suidelike noorkappers elke jaar draai en onwaarskynlike karakters bymekaarkom MY DESEMBERVAKANSIE Die Weg-redaksielede onthou somervakansies…

2 min
’n lekker kombi(nasie)

Jy kruie teen ’n pas uit, waarskynlik in donkierat sodat jy die rotse en slote kan vermy. Jy draai na jou geliefde wat met strak oë na die afgrond aan die linkerkant loer en sê: Skattebol, dís hoekom ons ’n 4x4 gekoop het. Verbeel jou ons het hierdie probeer doen in ons ou…” Maar jou selfregverdigende monoloog word onderbreek deur ’n Honda Jazz wat regs verby skiet. Gevolg deur ’n Toyota Hi-Ace propvol passasiers en bagasie wat twee keer toet voor dié jou ook verbysteek. Niks krenk die ego van ’n 4x4-eienaar soos ’n padreis deur Lesotho nie! Ek het breed geglimlag toe ek Rey Janse van Rensburg se storie op bl.130 lees oor sy avonture in ’n kanniedood Kombi uit die jare sewentig. In hierdie era van verbruikersdruk waar bemarkers jou…

2 min
agter die skerms

Waarna sien jy uit by Weg? Om nuwe bestemmings te ontdek, avonturiers en lesers se reiswenke te lees en om interessante dinge oor die natuur te leer (wat ek graag met my kinders deel). Dis natuurlik ook lekker om die nuutste toerusting vir die buitelewe te toets! Ek gaan kamp nooit sonder... sonroom nie. Dit klink dalk na ’n cliché, maar min dinge bederf ’n vakansie soos om ná dag een soos ’n bloedrooi kreef te lyk. O, en my Waboba-bal – dié bons op water! Wat maak jy oor naweke? Ek vat gereeld my kinders, Georgie (5) en Carter (2), na Boulders, Kommetjie of Muizenberg se strand. Ek en my vrou, Jess, probeer om een keer elke twee maande ’n nuwe plek saam met vriende te verken. Ons noem dit ons…

1 min
weg!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALISTE SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za; KYRA TARR kyra.tarr@media24.com KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKERS ERNS GRUNDLING; JON MINSTER; ARTHUR JONES HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBESTUURDER: MAANDTYDSKRIFTE NERISA COETZEE BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER JAMEELAH CONWAY SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA THOMAS 078 450 7771 tthomas@media24.com YUMNA ROJAN 072 399 5789 Yumna.rojan@media24.com YELANDA MITCHELL 074 897 9576 Yelanda.Mitchell@media24.com KYLEE ROBERTSON 076 263 9114 kylee.robertson@media24.com KAAPSTAD NICK FITZELL 071 430 6311 nick.fitzell@media24.com SANETHA MEINTJIES 084 416 5797 sanetha.meintjies@media24.com HANNES BURGER 076 152 4605…

7 min
vooraf

In die leeu se bek Die Krugerwildtuin het my bederf met ’n paar mooi oomblikke, maar hierdie was die hoogtepunt. Ek het op die S112 suid van die Skukuza-ruskamp gery, en toe ek om ’n draai kom, kom dié trop van voor af aangestap. My hart het omtrent geklop! Toe hulle almal verby is, het ’n groot mannetjie ook uit die verte aangestap gekom, maar hy was ongelukkig te stadig vir die gesinsportret. JP VAN ZYL, Brits Jagluiperds kry tuisonderrig Op ’n besoek aan Pilanesberg het ek gehoor dat ’n jagluiperdwyfie en haar drie kleintjies die vorige dag ’n vangs gemaak het. Ek het toe in dié omgewing gaan ry. Toe ek die verkeer sien, weet ek iets is aan die gang. En sowaar, Ma was besig om die kleintjies te leer jag. Hulle het…

2 min
v&a

RIKA VAN VUUREN van Sasolburg skryf: Dié kalant het my gebyt op ’n vakansie in die Laeveld. Die bytplek het verskriklik gebrand vir omtrent drie uur. Weke daarna het ’n jeukerigheid opgevlam. Is dit ’n soort honderdpoot? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dis gewis ’n groothonderdpoot. Ons kennis oor honderdpote is beperk – ons het die afgelope 40 jaar geen honderdpoot-kenner in die land gehad nie. Ek kan ongelukkig nie die spesie identifiseer sonder om die insek se agterpote en tande te ondersoek nie. ’n Honderdpoot byt met hulle eerste stel knyperagtige voorpote (forcipule in Engels) – die angel steek in die vel in en spuit gif in die wond. Streng gesproke is die wond nie ’n bytplek nie – die knypers is eintlik ’n eerste stel pote eerder as monddele. Die…