DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
Business et Finance
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 4/2/2020

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Fréquence:
Biweekly
Lire plus
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
1,34 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
28,29 €(TVA Incluse)
25 Numéros

dans ce numéro

2 min.
die redakteur sê

teen die tyd wat jy hier lees, sal Suid-Afrika ingeperk wees. President Cyril Ramaphosa se aankondiging die aand van 23 Maart was weliswaar te wagte, maar het nogtans onwerklik gevoel. Ons het gesien hoe meer as ’n honderd lande met die pandemie worstel en skielikwas ons in dieselfde bootjie. Terwyl ek hier skryf, het Al Jazeera berig dat meer as 18 000 mense wêreldwyd al aan Covid-19 beswyk het; bevestiging is ontvang van meer as 420 000 besmettings in minstens 170 lande en gebiede. Nagenoeg 109 000 mense het herstel. Dié virus diskrimineer nie. Om dit af te maak of te stigmatiseer stel ’n land in gevaar – ongeag wat sommige wêreldleiers vir hul mense sê. Die enigste manier om dit te beveg, is om saam te werk. Gelukkig het ons ’n president wat…

5 min.
ekonomie in tye van korona

daar bestaan min twyfel dat die wêreld op pad is na ’n resessie weens die koronavirus. Ons is ryk omdat ons interafhanklike lewens lei en spesialiseer in die dinge wat ons die beste doen en omdat ons ons oorskotte wegverhandel. Wanneerdaardie handel beperkword en ons nie die dinge kan koop wat ons nie self produseer nie, keer ons terug na die onafhanklike, maar verarmde wêreld van ons voorsate. Dis moeilikom te bepaal presies hoeveel armerons ná die krisis sal wees. Baie faktore is ter sprake. Voortydige sterftes verklein die arbeidsmag en siekte verminder produktiwiteit. Hulpbronne wat produktief gebruik kon word, sal nou vir behandeling en beheermaatreëls gebruik word. Pogings om die verspreiding van die siekte te verminder, soos reisbeperkings en selfisolasie, kan die ekonomiese aktiwiteit verder ontwrig. Sommige bedrywe sal die…

4 min.
herstrukturering van staatsverkryging

ná vertragings toe Kenneth Brown, NasionaleTesourie se eerste hoofverkrygingsamptenaar, in Desember 2016 vertrek het, het die bekendstelling van die langverwagte Wetsontwerp op Openbare Verkryging uiteindelik begin. Die tesourie het die eerste konsep van die 75-bladsy-wetsontwerp op 19 Februarie vir openbare kommentaar beskikbaar gestel, vir insette voor 31 Mei. Die wetgewing is sedert 2013 in die pyplyn toe Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, Brown aangestel het om die kantoor van die hoofverkrygingsamptenaar (KHVA) te stig om bestuurstelsels en –beleid van die regeringsverkrygingsen voorsieningsketting te hervorm om tenderbedrog uit te skakel en die tenderproses te vereenvoudig. Maar pogings om skuiwergate toe te stop en staatsverkrygings op te knap, het ontspoor toe Brown, sy baas en voormalige direkteur-generaal van die tesourie Lungisa Fuzile, Gordhan, en Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, uit die tesourie…

3 min.
kortliks

“ONS GRONDLIGGENDE TAAK IS NOU OM DIE VERSPREIDING VAN DIE VIRUS TE BEPERK.” – President Cyril Ramaphosa het aangekondig die Suid-Afrikaanse regering stel vanaf middernag op 26 Maart ’n landwye inperking vir 21 dae in om die uitbreking van die Covid-19-virus in die land te probeer beheer. Die inperking dwing die meeste sakeondernemings om te sluit, behalwe noodsaaklike dienste in veiligheid en sekuriteit, voedsel en verspreiding, telekommunikasie en elektrisiteit. Met sy toespraak op 23 Maart het die land se gesondheidsdepartement reeds 402 bevestigde gevalle aangemeld. Ramaphosa sê die doel van die inperking is om die virus stadiger te laat versprei en druk op die gesondheidstelsel te verlig. Hy het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om in dié tydperk tuis te bly. “Dit, hoop ons, sal kontantvloeiprobleme weens die uitbreking van Covid-19 verlig.” –…

2 min.
skewe kyk

MEER OM TE BESTEE 5,25% DieSA Reserwebank (SARB) het ander sentrale banke wêreldwyd nagevolg en sy hoofuitleenkoers middel verlede maand met 1 persentasiepunt tot 5,25% verlaag. Die monetêrebeleidskomitee was eenparig in sy besluit en het as rede die slegte vooruitsigte virdie plaaslike en internasionale ekonomie weens die uitwerking van Covid-19 aangevoer. Lesetja Kganyago, president van die SARB, het tydens die aankondiging gesê “met die afwaartse aanpassing van die vooruitskatting, kom die oorhoofse risiko vir inflasievooruitsigte gebalanseerd voor,” en dat die bank verwag die ekonomie sal vanjaar met 0,2% inkrimp. “BBP-groei sal na verwagting in 2021 tot 1,0% en in 2022 tot 1,6% styg,” het hy bygevoeg. DIE BEGIN VAN REDDINGSPAKKETTE $2 biljoen Die Amerikaanse senaat beplan om ’n stimuluspakket van $2 duisend miljard goed te keur, want die Covid-19-pandemie het die Amerikaanse ekonomie feitliktot stilstand…

4 min.
betaalstate van die toekoms

dave Ungerer, stigter van die aanlyn betaalstaatoplossing SimplePay, het die idee vir SimplePay gekry toe hy die stelsel sien waarmee die maatskappy waar hy gewerk het sukkel. “Ek het die betaalstaatpersoon verskriklik jammergekry en besef ek kan ’n betekenisvolle verskil maak, veral vir kleinsakeondernemings, deur ’n slimmer en doeltreffender stelsel te ontwikkel,” sê hy. Om dinge te deurdink, het hy drie maande lank in Buenos Aires ’n blaaskans gaan neem, maar ná slegs twee weke voltyds begin werk aan die beoogde betaalstaatstelsel, wat hy in November 2007 bekendgestel het. Die projek is heeltemal selfgefinansier. “Waar die meeste van my kollegas duur motors gekoop en die hoë lewe geniet het, het ek die geld wat ek as ’n sagtewareontwikkelaar gemaak het, gespaar om my eie besigheid te begin,” sê Ungerer. Vroeë dae Hy het nie…