DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
Business et Finance
Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans 5/7/2020

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Fréquence:
Biweekly
Lire plus
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
1,34 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
28,29 €(TVA Incluse)
25 Numéros

dans ce numéro

2 min.
die redakteur sê

hoewel Suid-Afrika amptelik in week ses van inperking is, is dit byna ses maande sedert die koronavirus die eerste keer in die nuus was. Terwyl die wêreld die werklikheid van hierdie virus konfronteer, het ’n nuwe woordeskat ontstaan. Veral as ons probeer sin maak van hierdie pandemie en die wêreld wat dit sal agterlaat. Ongekende tye: Dikwels gekoppel aan verwysings na die Spaanse griep van 1918 en die Groot Depressie van die vroeë 1930’s. Onsekerheid: ’n Wêreld wat ingeperk is, met geen duidelike tekens van wanneer dit gaan eindig nie. “Te midde van ’n krisis is daar geleenthede”: ’n Aanhaling wat dikwels losweg toegeskryf word aan Albert Einstein, en wat ons hopelik sal lei na ’n nuwe normaal (nog ’n uitdrukking wat nou oral voorkom). En natuurlik die term wat ons werklikheid tasbaar…

5 min.
belegging op lang termyn

keynes se beroemde gesegde dat “op die lange duur sal ons almal dood wees”, is vir lank verkeerd verstaan. Baie mense dink hy het min belanggestel in die toekoms. Maar dis verkeerd. Hy verduidelik met hierdie gesegde eerder hoe die kwantiteitsteorie van geld onderhewig is aan wat ons vandag die Lucas-kritiek noem: om meer geld te druk sal die vraag na geld beïnvloed. Dus sal wat ons vandag met monetêre beleid doen – soos om die geldvoorraad te vermeerder – dalk nie die gewenste gevolge hê nie. Dis dieselfde met die ekonomiese reaksie op die huidige pandemie. Druk meer geld, en banke sal minder lenings toestaan uit vrees vir inflasie. Leen meer om fiskale aansporing te dek, en die rykes kan uitgawes verminder om vir toekomstige belasting te spaar. ’n Ekonomie…

4 min.
grondhervorming móét afgehandel word

suid-Afrika se debat oor grondhervorming is so chaoties dat selfs kenners verward is oor die gekke situasie. Die koronavirus-pandemie bied ’n kort uitstel, maar die rondomtalie sal binnekort voortgaan. Ervare beleggers beskryf chaos wat markstabiliteit bedreig as “onsekerheid”. In hierdie geval kan grootskaalse, kapitaalintensiewe landbou in die moeilikheid beland as ’n uitgerekte gronddebat lei tot aanhoudende onsekerheid en beleggers nie die toekoms verstaan nie. Onsekerheid is gevaarlik omdat dit beleggersvertroue en die ekonomie verniel. Gedurende chaotiese tye is dit verstandig om uit die geskiedenis te leer. Nadat hy sedert 1994 sy vertroue in die grondhervormingsbeleid van “gewillige koper, gewillige verkoper” (GKGV) geplaas het, het die SA regering die beleid laat vaar nadat hy teen 2014 nie die doelwit bereik het om 30% van die grond aan swart mense oor te plaas nie, maar…

1 min.
finweek

REDAKSIONEEL & VERKOPE Waarnemende Redakteur Jana Jacobs Adjunkredakteur Jaco Visser Medewerkers Simon Brown, Lucas de Lange, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Glenneis Kriel, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Andile Ntingi, Brendan Peacock, Timothy Rangongo, Peet Serfontein, Melusi Tshabalala, Amanda Visser, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli, Nadine Smith Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 082 335 4957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za Besoek ons by: @finweek finweek finweekmagazine…

4 min.
kortliks

“EN DAN SIEN EK DIE ONTSMET-MIDDEL WAT DIT BINNE ’N MINUUT KAN UITKLOP. NET ’N MINUUT. EN IS DAAR ’N MANIER WAAROP ONS SO IETS KAN DOEN, DEUR ’N INSPUITING BINNE-KANT OF BYNA ’N REINIGING?” – President Donald Trump van Amerika is deur die mediese gemeenskap gekritiseer ná sy voorstel dat navorsing gedoen moet word oorof mense teen die koronavirus behandel kan word deur hulle met ontsmetmiddel in te spuit. Dr. Vin Gupta, pulmonoloog, het aan NBC News gesê “die gedagte om enige soort skoonmaakmiddel in te spuit of in te neem is onverantwoordeliken gevaarlik” en “dis ’n algemene metode wat mense gebruik wanneer hulle selfdood wil pleeg”. Die Amerikaanse Centers for DiseaseControl and Prevention se weeklikse verslag oor siekte-en sterftesyfers meld “oproepe na vergiftigingsentrums weens blootstelling aan skoonmaakmiddels sowel as…

1 min.
skewe kyk

DIE GOEIE Nege uit vyftien ekonome wat aan ’n peiling deur Reuters deelgeneem het, verwag die SA Reserwebank sal rentekoerse met 0,5 persentasiepunte verlaag tot 3,75% in Meimaand. Teen die agtergrond van Maart se rekordverlaging in brandstofpryse, lê ’n tweede maand van laer brandstofpryse waarskynlik vir SA voor wat sommige soorte brandstof betref, sê die Automobile Association (AA) in ’n verklaring. As huidige marktoestande tot einde April voortduur, kan petrolpryse met tussen R1,81 en R1,89 per liter daal, terwyl diesel met tussen R1,14 en R1,17 per liter kan daal.1 DIE SLEGTE Spur Corporation, met sowat 600 restaurante en sowat 30 000 personeel, sal nie heropen wanneer die inperking verby is nie. Mark Farrelly, bedryfshoof, het aan die radiostasie CapeTalk gesê die groep beleef ’n uiters moeilike tyd. Hy sê Spur kry swaar sedert…