DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Presse people
HuisgenootHuisgenoot

Huisgenoot

18-Jul-19

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire pluskeyboard_arrow_down
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
1,43 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
55,75 €(TVA Incluse)
51 Numéros

DANS CE NUMÉRO

access_time2 min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay de Freitas SINDIKASIE…

access_time7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 LOF VIR BARMHARTIGE VRYSTAATSE DOKTER Leserharte klop warm vir Bloemfontein se ‘Walk-In Doctor’, dr. Paulo de Valdoleiros, waar jy net betaal wat jy kan bekostig So bly daar is ’n dokter wat nog omgee vir mense en doen waarvoor hy lief is. Alles gaan nie altyd net oor geld nie. Dankie, Vader, dat U dié man gestuur het. THELMA BOTES Wow, mag God jou uit jou sokkies uit seën! Ek wens ons kan by jou uitkom. Ons kan maar net aangaan om met ons pyne saam te leef. Dokter toe gaan is uit vir ons. RENTIA TROLLIP Ek hoop net mense sal nie misbruik maak van die goeie dokter nie. Jy sal ongelukkig altyd dié kry wat die gewone tarief kan bekostig, maar steeds suinig is. PRISCILLIA WILLIAMS Dis wonderlik. So baie ou mense gaan sommer net…

access_time11 min.
ons is nie kwaad nie

DIT klink na ’n droombestemming ver van die dolle gejaag van die lewe: Twee kliphuise diep in die prentjiemooi Cederberge waar kronkelende grondpaadjies jou na waterpoele en sandsteenrotsformasies lei. En snags kan jy jou aan die sterrehemel verkyk terwyl die reuk van fynbos in die lug hang. Die webtuiste skryf dat die gasteplaas Keurbosfontein, sowat 40 km buite Clanwilliam in die Wes-Kaap, aan besoekers “eksklusiewe privaatheid” beloof. Maar toe die Meyers se wit Toyota Fortuner op Dinsdag 18 Junie op die grondpad voor ’n eenvertrekkliphuisie stilhou, was dit nie om die stilte en ’n sorgvrye vakansie te geniet nie. Hier op die afgeleë gasteplaas sonder elektrisiteit en ’n selfoonsein wou Lu-hann (58) en Theresa (48) ’n einde aan als kom maak; en hul kinders, Lurese (12) en Luhann (10), met hulle saamneem. Die…

access_time1 min.
hoekom ’n gesinsmoord?

Terwyl party gesinsmoorde impulsief gepleeg en deur wraak of aggressie aangevuur word, was dit in die tragiese geval van die Meyer-gesin duidelik vooraf beplan. Dikwels wil mense uit desperaatheid of weens depressie eintlik hul eie lewe neem, maar hulle besef die res van die gesin sal dit moeilik aanvaar. Dan besluit hulle om liewer die hele gesin uit te wis as ’n vorm van “uitgebreide selfdood”, sê Ronell Lemmer, ’n kliniese sielkundige van Bellville, Kaapstad. “Daar bestaan ’n toestand, genaamd folie à deux, wanneer twee mense na aan mekaar ’n delusie of geestestoestand deel. Albei die ouers kon ’n neerslagtigheid, depressie of wanhoop deel wat alle vorme van logiese denke kan uitsluit,” meen sy. In die meeste gesinne waar gesinsmoorde plaasvind, is die grense tussen die verskillende lede van die gesin baie ongesond,…

access_time6 min.
verloof aan my lentebries

IN DIE eens lowergroen tuin ritsel die bruin winterblare vandag in die oggendbries. Die rankplant teen die hoë mure van die huis is deesdae ’n kleurnuanse van oranje en geel; in die voortuin het die oggendryp ’n vyeboom van al sy blare gestroop. Dis hoogwinter in die Hoëveld, maar vir die akteur en motiveringspreker Hykie Berg (41), veral bekend vir sy rol as dr. Conrad Bester in die kykNET-sepie Binnelanders, is vandag – nes elke dag die afgelope jaar – ’n lentedag. In Hykie se lewe is daar nie meer ’n koue seisoen nie. Hy blom, en dís danksy die aantreklike blondekop wat hom in sy eie wintermaande opgetel en weer op warmte laat hoop het. “Sy het my lewe heeltemal kom verander. Ek is vir haar ontsettend lief,” koer Hykie oor Gerridene…

access_time6 min.
ek het myself vergewe

DIT was ’n yskoue winteroggend op die groot bees-en saaiboerdery Lindskov Ranch in die sneeubedekte Suid­ Dakota, Amerika. MC Weldon van Bethal, Mpumalanga, onthou nog goed hoe hy, toe nog fris en 33 jaar oud, daardie Desember oggend aan die kombuistafel gaan sit het. Sy broer Johan (toe 26) en boesemvriend sedert hul laerskooldae op Bethal, Werner “Shoepie” Swart (33), was reeds daar met stomende bekers koffie. Dit is al nagenoeg vyf jaar later, maar hy onthou soos gister hoe Shoepie oudergewoonte sy “sewende” koppie koffie afgesluk en ’n paar sigarette gerook het voor hulle in die pad geval het vir ’n harde dag se werk by die voerkraal. Shoepie het weke tevore by MC, Johan en hul jonger halfbroer, Dan-Dré Schambriel (toe 21), in Amerika aangesluit. Dit het vir MC gevoel asof…

help