DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
Voyages et Plein air
Landbouweekblad

Landbouweekblad 8/20/2020

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Fréquence:
Weekly
Lire plus
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
1,16 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
43,81 €(TVA Incluse)
50 Numéros

dans ce numéro

3 min.
dié week in die landbou

VAN STALLETJIES NA SUURSTOFTENKS Bouwerk vorder fluks om ’n veldhospitaal vir Covid-19-pasiënte op die terrein van Bloemskou in Bloemfontein in te rig. Een van die vertonersale (foto) word as ’n eenheid met ’n hoëdruk-suurstoftoevoer vir ernstige gevalle ingerig. Vier ander vertonersale word vir minder ernstige gevalle ingerig en die werk sal na verwagting teen einde Augustus afgehandel wees. Mnr. Willie Niewoudt, ’n raadgewer vir die departement van gesondheid, sê dié eenheid is nie soortgelyk aan ’n hoësorgeenheid nie, maar bied ’n hoër vlak van sorg as die ander sale op die skouterrein. “Pasiënte wat beter sorg benodig, sal hiervandaan na die waakeenhede van die Universitas- of Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas word,” sê hy. “Toerusting wat in die veldhospitale gebruik word, sal later in hospitale hergebruik kan word,” sê Niewoudt. Die infrastruktuur…

2 min.
syfers

2,6% Produksie van onverwerkte melk was in Junie vanjaar na raming 2,6% minder as in Junie verlede jaar. Die Melkprodusenteorganisasie (MPO) sê 229 miljoen liter is in Junie vanjaar geproduseer. Voorlopige syfers dui daarop dat produksie in die eerste ses maande van vanjaar met 0,6% gekrimp het. Indien in ag geneem word dat Februarie ’n skrikkelmaand was, was produksie in die eerste halfjaar vanjaar 1,12% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. – MPO Bulletin 21% Die 444 trekkers wat in Julie verkoop is, is 21% meer as die 368 wat in Julie 2019 verkoop is. Vir die jaar tot dusver is net 3% minder trekkers verkoop as die eerste sewe maande van verlede jaar. Die 11 stropers wat in Julie verkoop is, is drie meer as in Julie 2019.…

1 min.
in ’n blik

In die Vrystaat is die meeste mielielande klaar gestroop. Heelwat boere van die Riemland in die Noordoos-Vrystaat is taamlik teleurgesteld in hul oeste. Rondom Vrede is daar sprake van 2,4 t/ha en in Reitz se omgewing is baie oeste onder 5 t/ha. Hoewel die grootste gedeelte van die Vrystaat goed reën gehad het, sê boere hier dat ’n droë en warm herfs hul mielies geknou het. Die verliese kan nie opgemaak word nie, maar die oesreste bied darem nou weiding. Hier op mnr. Danie Slabbert se lande naby Reitz word ultrahoëdruk-strookbeweiding toegepas en is dit nou kalftyd. “Ons oes was swakker as waarvoor ons gehoop het, maar ons kyk vorentoe en beplan reeds vir die volgende seisoen. Wat nou op ons lande gebeur, is deel daarvan. Die diere trap die…

1 min.
die ander sê

DIT is onverantwoordelik om onvolhoubare landboubedrywe wat die omgewing aftakel, te finansier, sê dr. James Blignaut, ’n buitengewone professor aan die Universiteit Stellenbosch se skool van openbare bestuur, gegewe dat dit die omgewing aftakel én dat winsgewende alternatiewe wat die grond herstel, beskikbaar is. Hoewel die Nasionale Kredietwet (Wet 34 van 2005) waarskynlik te nou bewoord is om huidige landboukredietpraktyke as roekeloos te bestempel, kan van die praktyke wat tans gefinansier word, as de facto roekeloos beskou word. Oorweeg die voorbeeld van klimaatsverandering. Alle praktyke wat óf klimaatsverandering bevorder, en/ of dit nie verlig of aanpas by dié werklikheid nie, sal onvermydelik verbruikers se risiko verhoog en bydra tot die algemene kostelaste. Krediet wat voorgeskiet word aan ’n boer wat onder meer konvensionele praktyke gebruik soos diep ploeg, monogewasse en praktyke wat…

1 min.
het jy gehoor?

’Dit kom voor asof daar meer gevalle van nie-plaasverwante misdade opgelos word as plaasverwante voorvalle.’ MNR. BRENT MCNAMARA, bedryfsbestuurder by Agri Oos-Kaap, oor die kringtelevisiestelsel wat boere laat installeer het. Bl. 24 ‘Indien Senwes nie oor dié geriewe beskik het nie, sou vanjaar se mielieoes eers in Oktober afgehandel kon word.’ MNR. PIETER MALAN, koördineerder van logistiek en silokapasiteit by Senwes, oor droogmaakgeriewe wat gebruik word om buitengewoon nat mielies te droog. Bl. 16 ‘Kleinhandelaars . . . sal moet baklei om hul aandeel in die verbruikersmark te behou.’ ME. ANDREA RADEMEYER, uitvoerende hoof van die marknavorsingsonderneming Ask Afrika, oor die effek wat verbruikers se veranderende inkopiepatrone op dié ondernemings het. Bl. 18 ‘Dit gee my goeie moed vir die digitale dinge wat nou ons voorland is.’ ELOÏSE PRETORIUS, radioverslaggewer en aanbieder van RSG Landbou, oor Bewaringslandbou…

3 min.
mexiko se les

Suid-Afrika het in die eerste drie en ’n half maande van die huidige boekjaar meer belastinginkomste verloor as die totale hoeveelheid geld wat hy by die Internasionale Monetêre Fonds en die Nuwe Ontwikkelingsbank kon leen! Verder het die wêreld se grootste brouery, ABInBev, besluit om ’n kapitaalbelegging van R5 miljard in Suid-Afrika op te skort ná die verbysterende verlies wat die maatskappy weens die maande lange alkoholverbod gely het. Dit was net een week se onstellendste nuus namate die Covid-19-inperking en die meegaande staatsregulasies Suid-Afrika se ekonomie aan flarde ruk en miljoene werkgeleenthede verbrysel. Maar dan, te midde van al die terneerdrukkende nuus, is daar die land se sitrusuitvoer. Vanjaar gaan Suid-Afrika 60 000 ton sitrus na Amerika uitvoer. Dit is ’n stewige verbetering van 9% op die vorige rekord in 2018…