DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
Voyages et Plein air
Landbouweekblad

Landbouweekblad 8/27/2020

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Fréquence:
Weekly
Lire plus
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
1,16 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
43,81 €(TVA Incluse)
50 Numéros

dans ce numéro

2 min.
syfers

90% ’n Sakeliga-peiling toon ’n inploffing in sakelui se bereidwilligheid om belasting te betaal. Altesame 9 uit 10 het ’n geneigdheid aangedui om hul belastingbetalings so lank as wat wettig moontlik is, uit te stel. As dit sou help dat die grendelstaat vroeër beëindig sou word, sou 6 uit 10 selfs oorweeg om hul belasting onwettig te weerhou indien hulle aangemoedig sou word. Sakelui beskou belasting toenemend as skadelik vir die samelewing, gegewe hoe dit wanbestuur, korrupsie en skadelike beleid finansier. – Sakeliga 9,6 miljard Die 2 miljoen ton sitrus wat Suid-Afrika uitvoer, is gelykstaande aan 9,6 miljard vrugte. Met 60% van die 2020-sitrusoes wat reeds versend is, het die uitvoer van suurlemoene na Europa van 28% tot 35% gestyg en na Asië van 12% tot 6% gedaal. Naweluitvoer het soortgelyke neigings getoon.…

3 min.
dié week in die landbou

GROEN DROME Me. Ncumisa Mkabile, wat onlangs ’n klein spinasie-enhoenderboerdery in Mfuleni naby Khayelitsha op huurgrond begin het, moes soos baie ander vinnig ’n plan maak vir ’n inkomste toe sy weens die Covid-19-pandemie haar spysenieringsonderneming moes sluit. Sy het op die internet leer boer. Nadat sy aanvanklik hoenders van deur tot deur verkoop het, is haar eerste spinasie, wat met gieters natgelei word, in Mei vanjaar gesaai en verskaf sy nou werk aan sewe mense. Vyf van dié mense slag hoenders. Die hoendermis word as bemesting gebruik. Sy bemark haar produkte via WhatsApp. Mkabile ontvang geen hulp van die regering nie en is bekommerd oor grondbesettings naby haar boerdery. Haar droom is om ’n kommersiële boer te word wat vrugte en groente reg oor Suid-Afrika verskaf. APPÈL OOR WATER ’n Aansoek om…

1 min.
in ’n blik

MEER AS GROOT HORINGS. Toe mnr. Dail van Rensburg in die laat 1980’s vir die eerste keer ’n Ankolebees by die Bloemfonteinse Dieretuin gesien het, het hy besluit hy wil eendag van dié beeste op sy plaas hê. ’n Paar dekades later is hy een van die voorste telers van Ankoles in Suid-Afrika. Hy boer tussen Delareyville en Stella in Noordwes en bedryf Ankole-, Santa Gertrudis- en Romagnolastoeterye, kommersiële beeste, ’n plaasvoerkraal en saaiboerdery. Die Ankole kom hoofsaaklik van Uganda en omliggende lande en hul buitengewoon groot horings en aanpasbaarheid by ekstensiewe veldtoestande, maak hulle plaaslik toenemend gesog. Die bulle het korter, dikker horings as die koeie, wat met langer, dunner horings spog. Van Rensburg se Rensbou-stoetery het bulle met ’n horingomtrek van tot 60 cm en ’n lengte van…

1 min.
die ander sê

’N NUWE studie in Indië toon lugbesoedeling benadeel die gesondheid van heuningbye in die natuur. Die gevolge maak bye dalk nie ineens dood nie, maar soos met mense wat herhaaldelik onder erge stres werk of terwyl hulle siek voel, het navorsers bevind lugbesoedeling maak bye traag in hul daaglikse bedrywighede en hul lewens kan verkort. Bye is uiters belangrik vir die sukses van Indië se vrugte- en groenteprodusente en leef hier hoofsaaklik in die natuur. Kolonies migreer oor honderde kilometer per jaar en bestuif ’n wye reeks wilde plante en gewasse in die land. Navorsers het die reuse- Asiatiese heuningby in Bangalore bestudeer, waar lugbesoedeling van die ergste in die land is. Die getal bye wat blomme in die mees besoedelde plekke besoek het, was baie kleiner. Bye van dié persele het vinniger gevrek…

1 min.
het jy gehoor?

’Handelsnetwerke vir onwettige sigarette is nou goed gevestig en die wettige bedryf sal baie hard moet veg om weer sy mark terug te kry.’ MNR. FRANCOIS VAN DER MER-WE, ’n tabakboer verbonde aan Limpopo Tobacco Processors, oor die uitwerking van die tabakverbod. B. 14 ‘Dit is nie meer goedkoper om katoen in te voer nie, want die rand verswak teenoor die dollar.’ MNR. COBUS DE BRUYN, Nedbank se landbouafdelingsbestuurder vir die noordelike provinsies, oor die nodigheid vir ’n ‘Koop Plaaslik’-veldtog vir katoen. Bl. 18 ‘Menslike welstand is voor die ekonomie geplaas, wat beteken daar lê ’n lang en stadige herstelproses voor.’ MNR. GUILLAU DU TOIT, nasionale voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), oor die moeilike omstandighede in die internasionale wolbedryf weens die Covid-19-pandemie. Bl. 18 ‘Daar is nie plek vir rassepolitiek wat betref die probleme wat…

3 min.
saamwerk

Dit is nie maklik om na die foto’s te kyk wat my suster van ons oupa se ou plaas, Helmond, gestuur het nie. Sy en my ouers het die distrik besoek waar ons grootgeword het, tot die dag in die vroeë 1980’s toe ’n amptenaar in Pretoria besluit het ons plase moet deel word van die nuwe tuisland Transkei. Onteiening was met vergoeding, en ses maande later was alles verby. Vandag is die verwoesting van die plase só fel dat dit byna ’n wrang cliché is. My oupa se ou plaashuis is afgebrand. Die groot bome om die huis is dood, die drade is weg, mierneste staan die ou lande vol en die paaie is diep spoelslote. Duisende hektaar goeie soetveldweiding is byna onbewoon en onbenut, soos ook honderde hektaar landerye…