DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
Voyages et Plein air
Landbouweekblad

Landbouweekblad 9/3/2020

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Fréquence:
Weekly
Lire plus
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
1,16 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
43,81 €(TVA Incluse)
50 Numéros

dans ce numéro

3 min.
dié week in die landbou

ONSTUITBARE PRYSE Ondanks beurtkrag, Covid-19 en die swakker wolprys het Merino SA op 14 Augustus een van die beste kleinveeveilings nóg aangebied, met ramme wat teen gemiddeld R42 000 verkoop is. Volgens mnr. Danie Strauss, afslaer van BKB wat die veiling behartig het, kon kopers vir die eerste keer regstreeks oor die internet saam met die normale veiling bie. Dit, goeie bemarking en die uitsonderlike gehalte van die ramme het tot die sukses van die dag bygedra. Dié ram van mnre. Robert en Richard Rubidge van die Wellwoodstoetery, Graaff-Reinet, is vir die hoogste prys van R220 000 aan mnr. Gilly Scheepers van die Bloukruin-landgoed by Fouriesburg verkoop. Van links is mnre. Strauss, John Melville van OVK, Garth Cloete, adviseur namens die koper, Robert en Richard (voor) Rubidge. HOËS IN HOF OOR KORRUPSIE Die…

1 min.
syfers

14% Die plaaslike verbruik van pynappels gaan in die 2019-’20-bemarkingsjaar na verwagting met 14% tot 33 000 ton styg, al gaan uitvoer na verwagting met 34% tot 2 200 ton daal weens Covid-19-verwante faktore. Die groter vraag word toegeskryf aan verbruikers wat pynappels om gesondheidsredes koop, asook omdat mense dit in tuisgebroude drank gebruik. Die daling in uitvoer is weens stygende lugvragkoste wat deur Covid-19 meegebring is. – Global Agricultural Information Network 101 Suid-Afrika het in 2019 slegs die 101ste plek uit 162 lande beklee wat ekonomiese vryheid betref. Dit is ’n groot afname van 54 plekke sedert 2000, toe die land in die 47ste plek en onder die 30% topekonomies vrye lande was, vol-gens die ekonomiese vryheidsverslag van die Fraser-instituut. Dié lande is die voortuitstrewendste, gesondste en veiligste. ’n Afname beteken inkomste…

1 min.
in ’n blik

BOERE RUK OP. Mense hou hul arms gekruis in die lug in die soveelste vreedsame protesaksie teen plaasaanvalle die afgelope paar weke. Honderde boere in bakkies, plaaswerktuie en ander voertuie het verkeer in die strate van Mookgophong, Limpopo, op 18 Augustus tot stilstand gebring toe verdagtes in ’n plaasmoord in die landdroshof verskyn het, het Netwerk24 berig. Mnr. Alwyn van Zyl (79) is in Maart op sy plaas by Badseloop oorval en vermoor. Sy vrou, René (66), is aangerand, maar het die aanval oorleef. Drie Zimbabwiërs, mnre. Tatenda Lebogang Mongwenya (32), Lyod Madumba (28) en Yaganias Saga (30), is kort ná die moord op Van Zyl in hegtenis geneem. Die beskuldigdes bly in aanhouding tot hulle op 7 Oktober weer in die hof verskyn.…

1 min.
die ander sê

ELKE keer tydens openbare gesprekke oor alkoholregulering neem kommentators met min of geen kennis van huidige wetgewing geesdriftig deel in die hoop dat nuwe wette aandag aan ou probleme sal gee, skryf mnr. Michael Fridjhon, wynkenner. Op een vlak is dit te verstane, want alkoholverwante trauma – hoewel beduidend minder as die getalle wat deur die prohibisionistiese agenda rondgegooi word – is ’n werklike kwessie in sommige gemeenskappe en op ons paaie. Die teen-alkohol-drukgroep is egter duidelik onbewus van huidige regulasies en, as dit behoorlik afgedwing word, die mate waartoe dit aan hul vereistes sou voldoen. Die Nasionale Drankwet (Wet 59 van 2003) is veronderstel om alle drankverkope te beheer en onwettige handel uit te wis. Dit moet uit die voor die hand liggende florende dranksmokkelarysake tydens die alkoholverbod duidelik wees…

1 min.
het jy gehoor?

‘Ek vra altyd aan die begin van my werksessies of die polisie die vyand of eie magte is. Almal sê gewoonlik vyand. Dan vra ek wie polisiebeamptes ken wat hul gatte af werk, dan steek almal hul hande op.’ MNR. ROLAND DE VRIES, militêre kenner, oudadjunkhoof van die Suid-Afrikaanse weermag en skrywer van Veiligheid vir gemeenskappe. Bl. 41 ‘Hulle het boereverenigings se rekeninge oral oor die land leeggemaak om te kon help.’ MNR. STEPHEN KRÜGER van Basis-Diff oor die meer as R1 miljoen wat oornag ingesamel is vir ’n boer wat in ’n veldbrand beseer is. Bl. 15 ‘Dit is een van die koudste winters in die afgelope twee dekades, dalk selfs drie.’ MNR. JOHAN VAN DEN BERG, landbouweerkundige, oor die afgelope winter. Bl. 16 ‘Ons boere sal met baie minder skaap moet boer. Die veld…

3 min.
agterlaat

Asof ’n mens nie moedeloos genoeg is nie, het prof. Mohammad Karaan van die Universiteit Stellenbosch op ’n onlangse virtuele wynbou-inligtingsdag na Suid-Afrika as ’n mislukte staat verwys. Komende van iemand wat nog altyd realisties en taamlik optimisties oor die land se vooruitsigte was, is sy stellings ontnugterend. Dalk is Karaan se koue skeut werklikheid ’n tydige herinnering dat dit in dié onseker tye belangrik is om te besluit waarin ’n mens jou energie wil stort. Waaroor het jy werklik beheer en waaroor nie? Die Amerikaner Stephen Covey, skrywer van The 7 habits of highly effective people, verwys daarna as die kring van invloed, waarin jy dinge kan verander, teenoor die kring van besorgdheid, waaroor jy geen beheer het nie (buiten om jou dalk ’n bietjie langs die braaivleisvuur op te…