DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
Voyages et Plein air
Landbouweekblad

Landbouweekblad 9/10/2020

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Fréquence:
Weekly
Lire plus
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
1,16 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
43,81 €(TVA Incluse)
50 Numéros

dans ce numéro

2 min.
syfers

R3 000/ton Die Safex-mielieprys het vroeg op 26 Augustus deur die vlak van R3 000/ton gebreek tot onderskeidelik R3 052 /t (geel) en R3 075 /t (wit) . Van die sleuteldrywers in mielieprysstygings is storms in dele van die Amerikaanse Midde-Weste wat die oesverwagting daar met 10 miljoen ton laat daal het, asook sterk vraag uit China na Amerikaanse mielies. Dié stygende pryse is slegte nuus vir groot binnelandse mieliegebruikers soos Astral Foods, Quantum Foods en RCL. Lees meer op bl. 20 en 24. – Small Talk Daily 54% Debt Rescue, een van Suid-Afrika se grootste skuldberaders, het ’n styging van 54% skuldenaars in skuldberading gesien van Julie tot Augustus, ná ’n drastiese styging in Junie. ’n Opname deur die maatskappy toon nagenoeg 55% van Suid-Afrikaners het geldelike hulp nodig gehad…

3 min.
dié week in die landbou

IN LIEFDEVOLLE HERINNERING Die organisasie Boere Droogtehulp SA het ’n monument op Kenhardt in die Noord-Kaap opgerig ter huldiging van boere wat weens die droogte hul plase verloor of hul eie lewe geneem het. Mnr. Chris van Beljon, stigter van dié droogtehulp-organisasie, sê hy het ’n onverklaarbare behoefte gehad om dié monument op Kenhardt op te rig. Daar was toevallig reeds ’n plek vir die monument op die dorp beskikbaar. Hy het dit self ontwerp en dit is deur mnr. Peet Engelbrecht op Rustenburg gemaak. Hy sê wat dié droogte anders as vorige droogtes gemaak het, is dat dit die langste en ergste droogte van die afgelope 150 jaar was. “Ook die feit dat die regering nie belang stel om boere te help nie. Diegene wat juis voedselsekerheid moet verseker, vergeet…

1 min.
in ’n blik

VASGEVRIES. Die koue front wat middel Augustus oor Suid-Afrika beweeg het, het ysige toestande en sneeu oor die binneland veroorsaak. Rondom Barkly-Oos, Lady Grey en Rhodes was daar net op die hoë pieke van die suidelike Drakensberge ’n effens wit lagie te sien. Maar temperature was uiters laag en ’n snerpende wind van om en by 77 km/h het by tye gewaai. Boere van die omgewing sê hoewel hulle nog min sneeu hierdie winter gehad het, is dit een van die koudste winters in jare. Mnr. Rupert Potgieter, wat net buite Barkly-Oos boer, sê die erge koue in sy gebied het hul aangeplante voer kwaai verniel. “Ons minimum temperature val snags ver onder vriespunt, tot so laag as -8 °C, -12 °C en selfs -15 °C. Dit laat die plantwortels…

1 min.
die ander sê

SUID -AFRIK A se wynbedryf van $1,5 miljard steier ná skokke wat deur die Covid-19-pandemie teweeggebring is. Die wêreld se agtste grootste wynprodusent en uitvoerder het sowat 290 000 mense in diens, en die breër drankbedryf sowat 1 miljoen. Drankverkope en -belastings maak sowat 3% van die land se ekonomie van $351 miljard uit en 10% van die algehele belastingsinkomste. Die terugslag wys die dilemmas vir ekonomieë in die globale suide met reuse-inkomste-ongelykhede – regerings probeer tegelykertyd wette maak om ’n ongebreidelde koronavirus-uitbreking in armer gemeenskappe te keer en ook bedrywe wat miljoene mense in diens neem, aan die lewe te hou. Ná Suid-Afrika se tweede alkoholverbod op 12 Julie in werking getree het, het talle produsente die wette omseil. Wynprodusente buite Kaapstad het verander in onwettige handelaars en restaurante in onwettige…

1 min.
het jy gehoor?

‘Die beskerming kleef aan die persoon, nie aan die struktuur nie.’ ME. ANNELIZE CROSBY, Agri SAregskenner, oor beskermings wat grondbesetters geniet onder die wet. Bl. 14 ‘Die verwydering van ’n grondeienaar se reg om onmiddellike praktiese stappe te doen om ’n besetting op sy grond te keer voordat dit begin, maak alle grondbesitters weerloos.’ DIE WES-KAAPSE REGERING, oor die hofsaak wat die Stad Kaapstad verloor het teen grondbesetters. Bl. 14 ‘Winderosie begin by sulke versteurde plekke.’ MNR. NICO DE WET, boer van Askham, oor hoekom dit onaanvaarbaar is dat Sanral-kontrakteurs op die kwesbare Kalahariduine met trekkers ry. Bl. 18 ‘Jy moet besluit watter bome jy moet laat vrek, watter laat jy ’n oes dra en watter hou jy aan die lewe.’ MNR. TERTIUS MEYER, voorsitter van die Gamtoosbesproeiingsraad, oor die besluite wat die leë Kougadam op boere…

3 min.
eie skade

Dit vat die dilemma van Suid-Afrika mooi saam. Die grootste koringoes in ’n dekade en die grootste kanola-oes nóg wink, maar pleks van uitbundige vieringe deur Wes-Kaapse graanboere oor die vooruitsig om van hul oorlaatskuld te delg ná ’n paar uiters moeilike jare, is daar ’n gemor oor die nuwe koringinvoertarief wat ná 110 werksdae steeds nie afgekondig is nie. Die nuwe tarief van R832/t is op 24 Maart geaktiveer, en mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, is onmiddellik deur Graan SA daarvan in kennis gestel. Nou, maande later, geld die ou tarief van R516,60/t egter steeds. Die voorspelbare gevolg is dat groot onsekerheid op die mark heers. Van boere tot meulenaars en bakkers — niemand is meer presies seker wat die koringprys behoort te wees nie. En…