DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
Voyages et Plein air
Landbouweekblad

Landbouweekblad 9/17/2020

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Fréquence:
Weekly
Lire plus
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
1,16 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
43,81 €(TVA Incluse)
50 Numéros

dans ce numéro

3 min.
dié week in die landbou

TV-PROGRAM VIR DIE NUWE GESLAG Angie Khumalo, Metro FM-omroeper en beginnerboer, is die aanbieder van die nuwe TV-program African Farming, wat op Donderdag 1 Oktober op die kanaal Mzansi Wethu (DStv-kanaal 163) begin, en elke Donderdag om 18:30 uitgesaai word. African Farming vertel die suksesverhale van die land se nuwe geslag kommersiële, swart boere en gee ook raad oor die moets en moenies aan nuwe toetreders tot die landbou. ’n Webwerf, sosialemediaplatforms en ’n maandelikse tydskrif met dieselfde naam is ook van Oktober af beskikbaar. Dié platforms is geskep deur Landbouweekblad en Brand Republic met die ondersteuning van John Deere, Elanco, Afgri, Corteva, Pannar en Pioneer. ‘BOERE ÍS KOSBAAR’ Adj.pres. David Mabuza het ’n beroep gedoen dat Suid-Afrikaners die waarde van boere en plaaswerkers insien ná die wrede moord op mnr. Glen Rafferty…

2 min.
( syfers

30% Sowat 30% van huishoudings in die steunprogram van die Nasionale Wolkwekersvereniging NWKV) vir wolkwekers in die Oos-Kaap moes vanjaar geld leen vir hul kinders se skoolgeld. Dit het die afgelope jare skerp gedaal, en was in 2004 nog 77%. Huishoudings met spaarrekeninge het toegeneem van 49% tot 94%, kinders wat honger gaan slaap, het gedaal van 41% tot 6%, en al die huishoudings met elektrisiteit het televisiestelle en yskaste. Blywende kwessies is meestal buite die NWKV se beheer. – NWKV 3x Die getal plaasaanvalle die afgelope vier jaar het bykans verdriedubbel. Volgens die Oos-Kaapse regering was daar 74 aanvalle in die 2019-’20-boekjaar, teenoor 26 in die 2016-’17-boekjaar. Vir die huidige boekjaar tot 24 Julie is 14 plaasaanvalle reeds in dié provinsie aangemeld. Van die 74 aanvalle in die vorige boekjaar was 14…

1 min.
in ’n blik

NAMAKWALAND BLOM WEER. Die winterreën het vanjaar net reg geval vir Namakwaland se beroemde blomme. Die reën is ongelukkig nog nie genoeg om die landboudroogte te beëindig nie, maar die blomme maak die wêreld mooi en lig die gemoedere, al is dit tydelik. Die blomme bring ook ’n welkome instroming van toeriste en inkomste vir hotelle, gastehuise en eetplekke wat gedurende die Covid-19-inperking noodgedwonge hul deure tydelik moes sluit. Plantkundiges en ekoloë beskou Namakwaland as ’n unieke winterreënwoestyn-ekostelsel. Dit huisves 3 800 plantspesies, waarvan amper ’n derde nét daar voorkom. Namakwaland is deel van die Sukkulente Karoo-bioom, een van die wêreld se biodiversiteitsbrandpunte. Dié foto is op die plaas Brakkies by Kamieskroon geneem. Sien ook bit.ly/3i6FlY7.…

1 min.
die ander sê

SEDERT die aanvang van die inperking het duisende mense onwettig openbare grond, parkeerplekke en sypaadjies beset. Besetters het gewelddadig met polisie en munisipale amptenare gebots, wat op hul beurt besetters met geweld verwyder het. Dié politiek sal die toekoms van die land veel ingrypender verander as die paleispolitiek van die ANC. Onwettige besettings en die staat se reaksies daarop vergestalt die sentrale dilemma binne die Grondwet: hoe om eiendomsreg te beskerm en terselfdertyd armes se reg tot behuising te verwesenlik. Onder die redes vir die toename in besettings in die grendeltydperk is dat rampregulasies uitsettings gedurende die inperking verbied, wat die hand van opportuniste sterk. Daar was ook meer uitsettings uit agterplase, waar verhurings toegeneem het weens die afname in behuisingsvoorsiening oor die afgelope vyf jaar. Die feit is egter dat gronddruk…

1 min.
het jy gehoor?

‘Die onderliggende faktore ondersteun eenvoudig nie hierdie hoë pryse nie.’ MNR. ROB FIELD, uitvoerende hoof van RCL Foods, oor die onverwagse hoë mielieprys. Bl. 14 ‘ ’n Mens hoef net te kyk hoe besig McDonald’s soggens om 09:00 is.’ MNR. ANDRIES VAN RENSBURG, uitvoerende hoof van die Libstar-groep, oor die oneweredige herstel van die voedseldienstesektor ná Covid-19-inperkings. Bl. 19 ‘Iets is altyd afgeskeep, ’n minder produktiewe wingerd hier, minder groente daar.’ MNR. KLEINJAN TEUBES, boer van Vredendal, oor hoe boere die meeste uit hul ontoereikende waterkwotas moes haal in die droogte. Bl. 17 ‘Die DBV maak ’n ophef oor ’n kwessie wat nie bestaan nie.’ MNR. ILYAAS ALLY, besturende direkteur van Al Mawashi Suid-Afrika, oor bewerings dat skape op die skip Al Messilah ‘geprop’ is. Bl. 15 ‘Ek sien die aanval as ’n tydelike terugslag en het besluit…

3 min.
’n nuwe werklikheid

Die Covid-pandemie het die samelewing op twee ingrypende wyses verander, sê die ekonoom mnr. Theo Vorster. Bestaande neigings is eerstens versnel. Byvoorbeeld, digitale veilings, waaraan boere voorheen maar langtand gebyt het, word skielik op groot skaal ingespan om die inperking se beperkings te omseil. Tweedens het dit bestaande probleme ál skerper belig. Vandag is daar byvoorbeeld ’n diepe besef van die noodsaaklike rol wat die informele voedselverspreidingsketting, soos straatsmouse, in die voorsiening van kos aan die armste gemeenskappe speel. Met daardie besef kom daar natuurlik ook ’n klomp nuwe sakegeleenthede vir die kommersiële landbou. Daar is straks ook ’n derde impak — een waaroor mnr. Zander Ernst van die Allesbeste-avokadoboerdery in die vorige uitgawe geskryf het, naamlik hoe die inperking aan boere ruimte geskep het om met nuwe oë na hul…