Voyages et Plein air
Weg!

Weg!

April 2020

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Pays:
South Africa
Langue:
Afrikaans
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire plus
J'ACHÈTE CE NUMÉRO
2,92 €(TVA Incluse)
JE M'ABONNE
28,45 €(TVA Incluse)
12 Numéros

dans ce numéro

2 min.
die tafel is gedek

In vandeesmaand se uitgawe – op die laaste bladsy van ons Tafelbergstapgidsis ’n sinnetjie op die kaart (bl. 41) wat my breed laat glimlag het. Weg se kantoor, op die 19de verdieping van die Media24-gebou aan die onderpunt van Heerengracht, word met ’n kolletjie aangedui: “Die Weg-kantoor waarvandaan ons elke dag verlangend na Tafelberg staar.” Onwillekeurig kyk ek na links, deur die wolkekrabber se groot glasvensters na die reuserotsknoets wat alomteenwoordig oor die stad waak. En wraggies, ek wens ek was nou daar! Al is die berg onlosmaaklik deel van enige Kapenaar se lewe, beny ’n mens steeds die toeriste wat hom vandag op hierdie wolklose laatsomersoggend geniet. Die eerste Europese “toeris” wat hom uitgeklim het, was António de Saldanha, die Portugese seilvaarder wat in 1503 verdwaal, in Tafelbaai beland en toe teen…

1 min.
agter die skerms

Hoe put ’n mens die beste uit ’n besoek aan die Swartland? Ry sonder ’n plan. Die Swartland lê wyd, maar die dorpies is redelik na aan mekaar. Jy kan dus afdraaipaaie vat sonder om te verdwaal (pasop net vir die rowwer plaaspaaie rondom Piketberg). Draai vroegdag by wynplase en padstalle in – veral oor naweke. Die meeste plekkies maak reeds ná middagete toe. Wat was jou hoogtepunt? Die sonsopkoms van my kamer se stoep af by die Du Vlei-gastehuis was spesiaal. Oral waar ek gegaan het, het mense my laat tuis voel – Cobus Bester het my genooi om koffie te kom drink op sy plaas en ’n paar manne van Eendekuil het vir my ’n louwarm bier so sit-sit van hulle stoep af aangebied. Wat was jou gunstelingdorp? Porterville het my baie…

1 min.
weg!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALISTE SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za; KYRA TARR kyra.tarr@media24.com KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKERS ERNS GRUNDLING; JON MINSTER; ARTHUR JONES HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBEMARKINGSBESTUURDER: MEDIA24 LEEFSTYL NERISA COETZEE PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER JAMEELAH CONWAY SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com MEDIA24 LIFESTYLE CREATE STUDIO KUNSDIREKTEUR MICHAEL DE BEER 021 406 3512 KOMMERSIËLE BESTURENDE REDAKTEUR GERDA ENGELBRECHT 021 406 2217 MEDIA24 LIVE HOOF VAN SPESIALE PROJEKTE FRANCOIS MALAN 021 406 2376 HOOF VAN BORGE NIKKI RUTTIMANN 011 713 9147 BEMARKINGSBESTUURDER ANDILE NKOSI 021 406 2257 ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA…

1 min.
’n wegneemete, asseblief!

Ek en my gesin het die Kgalagadi-oorgrenspark in Januarie besoek en in die Twee Rivieren-kamp tuisgegaan. Ons het luiperds, leeus en jagluiperds gesien en was selfs gelukkig genoeg om ’n donderstorm in die Kalahari te beleef. Op ’n oggendrit op die Laer-Duinepad het ons op dié strandjut afgekom. Hy het ’n stuk van ’n elandkarkas in sy bek gedra. Ons het op wildritte baie elandkarkasse in die veld gesien. By navraag het ’n veldwagter vertel dat die elande uit die droër Botswanadeel van die park na die Twee Rivierengebied trek op soek na weiding en water. Soms drink hulle dan te veel water op een slag, wat tot hulle dood kan lei. Dié karkasse is dan ’n voedselbron vir die aasdiere. ANNAMIEN SMITH, Krugersdorp Genevieve Maasdorp van Sanparke sê: Die elande in die park kry tans…

5 min.
sê jou sê

Die Hel is hemels! Die Gamkaskloof het nog altyd vir my ’n onverklaarbare bekoring ingehou. ’n Plek wat in die volksmond “Die Hel” gedoop is, moet seker onhoudbaar warm en ongenaakbaar wees, of hoe? In Januarie het ek en my man, Albert, die Swart-berg- en Elandspas aangedurf. Daar was onlangs ’n veldbrand in die kloof en baie van die kampplekke is verwoes. Annetjie Joubert van die Fontein-plaas het aangebied dat ons onder een van hulle bome kamp. Die volgende oggend het ons ons stapstewels aangetrek en met die grondpad koers gekies tot waar dit verby die gerestoureerde huisies van Kaapse Natuurbewaring kronkel. Later die middag het ons by Koningsgat in die bergpoel gaan afkoel. Op pad terug is ons beloon met twee mooi koedoes. Oomblikke later het vyf jong koedoekalfies ook oor die pad…

2 min.
v&a

SONYA OLIVIER van Pretoria skryf: Ek het onlangs in Ruah Park net buite Dinokeng gekamp en dié ruspe afgeneem. Toe ek voor hom op die grond gaan sit, het hy twee “haarpoffertjies” gelig om my te waarsku. Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dis ’n lapelmotruspe (Eutricha sp.). Die ruspes is grys en amper veeragtig en kamoeflering is baie belangrik vir hulle – hulle is ’n gunstelingprooi van parasietwespes en net ’n klein persentasie oorleef. Soms as hulle bedreig voel, sal hulle selfs hulle lyf oplig om hulle te verdedig (nie dat dit enigsins sal help nie). ’n Mens sien hulle selde vreet – dit lyk meestal asof hulle net daar sit – maar hulle vreet akasia-, mahonie- en vrugtebome en kom veral voor in die bosveld en subtropiese woude. Die volwasse motte verskyn vroeg…