EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Celebrity & Gossip
HuisgenootHuisgenoot

Huisgenoot

21-Mar-19

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
£1.44(Incl. tax)
SUBSCRIBE
£55.22(Incl. tax)
51 Issues

IN THIS ISSUE

access_time8 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 CORLEA BOTHA PRAAT OOR MISHANDELINGDie sangeres het bekendgemaak sy was ’n slagoffer van mishandeling en wil bewusmaking skep vir vroue wat in geweldverhoudings vasgekeer isSterkte. Ek kan nie dink hoe moeilik dit was om oor dié seer te praat nie. Jy’s baie dapper. Mag jy nog groot sukses behaal. Ons is lief vir jou.MADELEINE JORDAANLE GRANGEJy’s ’n ongelooflike vrou en sangeres. Daar’s min wat by jou kan kers vashou. Jy’t nie toegelaat dat dit jou onderkry nie. Dis ’n geweldige trauma om deur te gaan.CORRIE DANIELLBaie vroue is daardeur. Hulle sit steeds met die gevolge, soos ribbes wat gebreek was. Dis mense aan wie te veel skade binne en buite gedoen is.MAGDA HOLTZHAUZENVerbale mishandeling is harder as ’n vuishou. Ek is daardeur. Dis nooit ’n maklike pad nie, maar as…

access_time12 min.
my vrede oor my pa die bankrower

As evangelis en musikant is Ernie Amos vandag heeltemal ’n ander mens as sy biologiese pa, die berugte bankrower André Stander.Die bankrooftogte het destyds die verbeelding aangegryp.IETS aan die imposante man herinner ’n mens aan iemand wat jy al iewers gesien het: die saamgeperste lippe en prominente ken; die ooglede wat halfmas hang, sy lang neusbrug.Wanneer hy op dae soos vandag in ’n koffiekroeg rustig aan ’n cappuccino teug, kyk ’n mens sommerso in die verbystap ’n tweede keer na hom.Dan besef jy: Die man met die baard wat plek-plek grys word en hare wat yl begin raak, lyk soos André Stander, die berugte bankrower wat in die laat 1970’s en vroeë ’80’s meer as 30 banke beroof het. Kan dit wees?“Ek is presies wie jy dink ek is. Ek…

access_time8 min.
ek is wél mishandel

Die opspraakwekkende foto wat Corlea op Facebook en Instagram geplaas het. (FACEBOOK)Sy hoop haar eie verhaal van mishandeling oortuig ander vroue nou om uit sulke verhoudings te ontsnap, sê Corlea.IN DIE dae nadat sy dáárdie foto op Facebook en Instagram geplaas het, het haar foon nie ophou lui nie. Van oral het die boodskappe ingestroom: Is die blouoog en bebloede lip op die foto eg? Is sy oukei?Of is dit grimering? En in daardie geval: Hoekom het sy ’n toneel nagemaak van iets wat ’n verskriklike werklikheid in soveel ander vroue se lewe is?“Ek hoop nie dis jou idee van ’n grap nie, want dis ’n siek grap,” het een persoon omgekrap laat hoor, terwyl ander die sangeres daarvan beskuldig het dat sy onsensitief optree teenoor vroue wat die slagoffers…

access_time6 min.
gery deur my verlede

’NLAERSKOOLSEUN buk in sy ouerhuis oor die Novilonvloer. Hy was die bloed van die vloer af nadat sy pa en ma mekaar weer aangerand het.Dit knaag aan hom – hierdie seer herinnering waarmee Marlon Roelfze (nou 45) ná meer as 30 jaar steeds in sy gemoed rondloop.Ons ken hom as die suksesvolle en oënskynlik selfversekerde akteur wat 12 jaar lank gereeld in ons TV-kamers kom kuier het. Hy was ’n bekende gesig in die sepie Egoli en die dramareeks Getroud met Rugby, en in onderhoude het hy vir die kameras geglimlag.Maar diep in sy gemoed het ’n bang seuntjie geskuil wat in ’n gewelddadige huis grootgeword het. Wat by sy ma moes hoor hy was as ’n laatlammetjie met vier ouer sibbes onbepland en dat hy liewer nie gebore moes…

access_time6 min.
‘daddy’ vir ’n ongelukseun

HYONTHOU dit soos gister toe hy met ’n ligte vliegtuig op ’n stamperige ou vliegveld by Bethal in Mpumalanga land ná ’n paar lae verbyvlugte om eers die beeste te verjaag.En hy onthou veral die figuurtjie wat aan die einde van die landingstrook gewag het: ’n 13-jarige seun in ’n rooi trui en swart broek. Twee krukke het hom staande gehou.Dieselfde kind het Robert Needham twee weke tevore op die TV-skerm gesien toe ’n nuusprogram berig oor Johan Stoop wat tydens ’n bloedoortapping in ’n staatshospitaal met die MI-virus besmet is. Dit was tydens ’n operasie waarin dokters vergeefs sy regterbeen probeer red het nadat hy osteomiëlitis, infeksie van die been en beenmurg, opgedoen het weens ’n besering nadat boelies hom aangerand het.Sy verhaal het Robert, toe nog ’n Rooms-Katolieke…

access_time6 min.
die waarheid vir susan

Sy vervolging van die sakeman Jason Rohde was suksesvol.Die staatsadvokaat Louis van Niekerk tuis saam met sy hond Putto.DIT was so amper of hy het met ’n toga om sy skouers iewers op ’n preekstoel gestaan. Maar nou dra die staatsadvokaat Louis van Niekerk sy pikswart toga met ’n kraakwit kantbeffie daarby, en dit is in die hof waar hy groot vraagstukke aanpak.Onlangs het die diep gelowige regsman die staat se getuienis in die hooggeregshof in Kaapstad gelei in die opspraakwekkende saak van Jason Rohde (50), die voormalige uitvoerende hoof van die eiendomsreus Lew Geffen Sotheby’s International Realty, wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou, Susan (47).Tydens die saak het intieme besonderhede ontvou van die liefdesdriehoek tussen die Rohde-egpaar en Rohde se skelmpie, die eiendomsagent Jolene Alterskye…

help