EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad

18-Oct-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
£1.44(Incl. tax)
SUBSCRIBE
£53.98(Incl. tax)
50 Issues

IN THIS ISSUE

access_time1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ian Smith, Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Argiefbestuurder Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 www.landbou.com Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies DuandeBeer 0798875224 RinaHattingh…

access_time3 min.
dié week in die landbou

NUWE ERA-WENNER SE GROOT PRYS Mnr. Andries van der Poll, wat saam met sy vrou, Jackie, en hul seun, Jacqueon, by Riebeek-Wes in die Wes-Kaap boer, is as Graan SA se Kommersiële Boer vir die Nuwe Era aangewys. Hier is Andries en Jackie op die John Deere-trekker wat hy as prys ontvang het. Hulle het ’n wisselboustelsel van koring en medics op droëland, en boer ook met mielies onder besproeiing, Dohne-Merino’s en rooi Angusbeeste. Me. Anna Ratshikana (89), wat tussen Lichtenburg en Mahikeng in Noordwes boer, het ’n sertifikaat van erkenning ontvang. Mnr. Sabatha Mthethwa van Newcastle in KwaZulu-Natal is as Potensiële Kommersiële Boer van die Jaar aangewys. WELDOENDERS BESTEEL Waardevolle toerusting van die hulporganisasie Gift of the Givers wat vir die boor van water vir die inwoners in Graaff-Reinet gebruik sou word,…

access_time2 min.
syfers

30,77% ’n Teenstortingstarief van 30,77% is onlangs in die Staatskoerant afgekondig op aartappelskyfies uit België wat nie deur vier maatskappye — Agristo (Harelbeke), Clarebout Potatoes, Mydibel Foods en Lutosa — vervaardig word nie. ’n Teenstortingstarief van 5,81% is ingestel op aartappelskyfies van Lutosa. Volgens dr. André Jooste, uitvoerende hoof van Aartappels Suid-Afrika, word sowat 20% van Suid-Afrika se aartappeloes verwerk. Die groeiende hoeveelheid ingevoerde produkte verhoog die volume skyfies op die plaaslike mark en verlaag produsentepryse. — Staatskoerant en LBW-argief R150 miljoen Die departement van landbou, bosbou en visserye het sy begroting vir 2018-’19 met nagenoeg R150 miljoen onderbestee. Daarvan was die leeue-aandeel — sowat R100 miljoen — begroot vir die bestuur van bosbou en natuurlike hulpbronne vir droogteverligting. Volgens die departement is die rede daarvoor dat daar nie genoeg tyd in die…

access_time1 min.
in ’n blik

LAFENIS. Daar was groot blydskap op die plaas Boerfontein tussen Jansenville en Somerset-Oos, waar daar in September 16 mm reën geval het. Die veld op die plaas, wat in die Noorsveld teenaan die Addo-olifantpark geleë is, is egter steeds baie droog, sê me. Frieda Greyling, wat dié foto van mnr. Michael Martin saam met ’n span Angorabokke geneem het ná die welkome reën wat einde September oor groot dele van die Wes- en Oos-Kaap geval het. Die plaas het vanjaar altesaam 143,5 mm reën gehad, met die laaste reën (voor dié in September) wat byna vier maande gelede aangeteken is. “Ten spyte van die droogte het ons Angora-ooie mooi gelam met 138 lammers (altesaam 18 tweelinge) wat gebore is.” Die distrik Somerset-Oos se gemiddelde jaarlikse reënval is 512 mm.…

access_time1 min.
die ander sê

LUIDENS ’n nuwe reeks studies wat op 30 September in die Annals of Internal Medicine gepubliseer is, het ’n internasionale groep navorsers bevind daar kan nie wetenskaplik bewys word dat ’n verband bestaan tussen ’n dieet wat baie rooivleis en verwerkte vleis bevat, en die risiko van hartsiektes, kanker en ander siektes nie. Enige gesondheidsvoordele verbonde daaraan om minder bees- en varkvleis te eet, is klein, en net merkbaar as jy na groot bevolkingsgroepe kyk. Dit is nie beduidend genoeg om mense aan te sê om hul vleiseetgewoontes te verander nie. Dié nuwe ontledings is onder die grootstes wat al aangepak is. Dit kan toekomstige dieetkundige aanbevelings beïnvloed, en stel ongemaklike vrae oor dieetkundige raad en navorsing, en watter standaarde vir sulke studies gestel moet word. Die groep het 61 navorsingsartikels wat oor…

access_time1 min.
het jy gehoor?

‘Elke nuwe mededinger vir skaapvleis wat die mark betree, het die potensiaal om die produsenteprys op te stoot.’ MNR. WILLIE MEYER, veilingshoof van GWK, oor voordele wat die uitvoer van lewende skape vir Suid-Afrikaanse boere inhou. Bl. 15 ‘Boere het hul grond aan die mark onttrek wanneer die waardasies afgehandel is.’ ME. RENDANI SADIKI, waarnemende direkteurgeneraal vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, oor boere se reaksie op die waardeerder-generaal se lae waardasies. Bl. 24 ‘Ons het tyd om ons huis in orde te kry; ons moet dit nie mors nie.’ DR. SCHALK SCHOEMAN van die Landbounavorsingsraad oor die min beskikbare tyd om ’n strategie teen die wollerige makadamiadopluis te formuleer. Bl. 19 ‘Dit beteken ’n mens het onmiddellik Europese tegnologie as deel van jou stelsels.’ MNR. TOMMIE VAN ZYL van ZZ2 oor nuwe internasionale aandeelhouers in die weefselkultuurmaatskappy…

help