EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
News & Politics
Rapport

Rapport

3/29/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
£1.19(Incl. tax)
SUBSCRIBE
£50.70(Incl. tax)
52 Issues

In this issue

4 min.
korona klap bok-helde

Daar is groot vrese oor die gesondheid van talle lede van die befaamde 1981-Springbokspan nadat hulle ’n gholfdag saam met hul spanmaat Danie Gerber bygewoon het, enkele dae voordat hy positief getoets is vir die hoogs aansteeklike en gevreesde virussiekte Covid-19. Onder die oud-Bokke wat verlede Saterdag saam met Gerber gholf gespeel het by die Border Hotel in Jan Kempdorp is Henning van Aswegen, die mede-eienaar van die hotel, Burger Geldenhuys, Divan Serfontein, Robbie Blair, Colin Beck, Richard Prentis en Gysie Pienaar. Talle van hulle – almal lede van die befaamde Bokspan wat in 1981 die sogenaamde “meelbom-toer” na Nieu Seeland meegemaak het, het ook die aand in die hotel oorgebly. Rapport het op goeie gesag verneem dat, benewens Gerber, minstens een ander persoon wat die gholfdag bygewoon het die siekte onder…

2 min.
polisie dwing reëls af met mag en geweld

Die polisie het die afgelope twee dae met mag – en in sommige gevalle geweld – begin om die inperkingsmaatreëls in talle stedelike gebiede waar mense steeds in groot getalle op straat is, af te dwing. In Hillbrow in Johannesburg het die polisie, metropolisie en Gautengse verkeerspolisie met rubberkoeëls op mense geskiet, berig TimesLive. In Delft op die Kaapse Vlakte is ’n waterkanon Vrydag gebruik om mense van die straat te verwilder. Past. Charles George, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum, sê die polisie het die waterkanon gebruik om “die outjies” wat nie huis toe wil gaan nie uit mekaar te jaag, berig Julian Jansen. “Die outjies verstaan nie dit nie, hulle loop na sjebiens, hou partytjie, vir hulle bestaan die lockdown nie. Ons het probleme, jong. Die soldate tree hardhandig op, vat die drank…

2 min.
inperking: pasop om staat te veel mag te gee

Wetsgehoorsame landsburgers wat Rapport lees, is oor ’n paar dinge baie seker. Die eerste is dat Covid-19 hoogs aansteeklik is. Rapport het verlede Sondag berig dat bekendes soos Angus Buchan, eerw. Kenneth Meshoe en Steve Swart, ACDP-LP, ’n gebedsbyeenkoms in Bloemfontein bygewoon het waar vyf buitelandse gaste was wat Covid-19 onder lede gehad het. Danksy Rapport se navraag het Buchan, Meshoe en Swart hulle laat toets. Al drie is positief getoets. Die tweede is dat dit ons elkeen se plig is – teenoor onsself, teenoor ons geliefdes en teenoor die res van ons samelewing – om alle onnodige kontak met ander mense te staak. Onthou: Jy het dalk Covid-19, en weet dit nie. Die derde ding is dat saamstaan as land teen die siekte en ter wille van die kwesbaarstes nou broodnodig is. Elkeen…

1 min.
kontak ons

Teken in: 087 353 1300. SMS “Rapport” na 31069. Intekenare-navrae: 087 353 1300. (Maandag tot Vrydag: 07:00-16:30. Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 07:00-11:00.) SMS “diens” na 31069. E-pos: intekenare@media24.com WhatsApp: 087 353 1333 Waar kry ek Rapport? 087 741 3137 Nuuswenke: 011 713 9633 of 021 406 3228 E-pos: nuus@rapport.co.za Klagtes oor stories: Alet Wichmann 011 713 9682.alet@media24.com Redakteur: Waldimar Pelser 011 713 9633 of 021 406 3228 waldimar.pelser@rapport.co.za Nuus- en Sakeredakteur: Erika de Beer 011 713 9633 of nuus@rapport.co.za Sportredakteur: Albert Weideman 011 713 9671 of albert.weideman@rapport.co.za Beleef: Alet Wichmann 011 713 9682 of alet@media24.com Weekliks en briewe: Pieter Malan 021 406 3514 of pmalan@rapport.co.za…

2 min.
kenners besorg oor wye magte aan politici

Grondwetkenners is bekommerd dat die ingrypende magte wat die laaste paar weke aan ministers en die polisie toegeken is ingevolge die Rampbestuurswet, te ver gaan. Prof. Elmien du Plessis, grondwetkenner aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit, sê dit sou veiliger gewees het om ’n noodtoestand te verklaar wat hoogstens 21 dae kon geld voordat dit verleng kon word en waaroor die parlement regstreeks sou toesig hou. Die Rampbestuurswet gee feitlik onbeperkte magte aan die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, om regulasies uit te vaardig om ’n nasionale ramp te bestuur. Gegriefdes kan die regulasies slegs in die konstitusionele hof betwis. Die parlement speel geen rol daarin nie. “Ek is van mening dat die eerste stel regulasies nog geregverdig kan word binne die wetgewende raamwerk, maar nie die tweede stel…

2 min.
‘mense neem virus nie ernstig op nie’

“Ek is nie iemand wat publisiteit najaag nie, maar dié virus is gevaarlik en groter as een mens. Mense wat met my in kontak was moet wéét ek het dit, dat hulle op die uitkyk vir simptome kan wees. Die res moet in hul huise bly.” Die gevaar dat die virus kan versprei by samekomste soos die gholfdag wat die oud-Bokke bygewoon het, is hierdie week grafies geïllustreer nadat die leier van die ACDP, eerw. Kenneth Meshoe, die party se prominentste LP, Steve Swart, die prediker Angus Buchan en sy vrou, Jill, almal die siekte opgedoen het nadat hulle drie weke gelede ’n internasionale kerkbyeenkoms, die Jerusalem Prayer Breakfast, in die Vrystaat bygewoon het. Al vier het hulle laat toets nadat Rapport hulle verlede Saterdag in kennis gestel het dat vyf…