ZINIO logo

SARIE KOS

Oct/Dec 2021

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
£3.41
£11.09
4 Issues

in this issue

2 min
dis heerlike lente

En so het ons nog ’n jaar om die son gedraai en het nog ’n nuwe seisoen haar verskyning gemaak. Die beste tyd van die jaar: Lente! Jy kan nie ontken dat jy nie ook soos ek saggies sing nie: Dis heerlike lente, die winter is verby, dis mooi weer en warm, vir jou en vir my! Want die belofte van bloeisels en kleur is net te groot om jou vreugde weg te steek. Vir my is die lekker dat ons weer groot kan kook en kan tafel dek onder bome wat hul winteruitrusting vir ’n groen blareromp verruil. Ons maak reg vir braai in die buitelug en ons sit nader vir borde gevul met ligte kos en koel nageregte wat op jou lepel bewe en smelt. Elkeen van ons het…

sariekosza2110_article_003_01_01
1 min
ons hou van

PIKANTE SMAAK Sumak is ’n bloedrooi bessie wat amper suurlemoenagtig proe. Die bessies wat gedroog en fyngemaal word, word veral in Midde-Oosterse geregte gebruik. Wees op die uitkyk vir NoMu se produk by jou plaaslike supermark. Sowat R50 vir 60 g TIKKIE LUUKSHEID Pak die Morgenster Nocellara Del Belice-olywe saam met koekies en kase op ’n kaasbord uit, maak dit deel van ’n slaai of garneer martini’s daarmee. R79 vir ’n 290 g-potjie by Yuppiechef. STAPELGEK Ons is gek oor hierdie plat, stapelbare pienk slaaibak van Omada. Lavish’d is die enigste vervaardiger en verspreider van die splinternuwe reeks kombuis- en tafelware van dié Italiaanse handelsmerk, wat bekend is vir hul unieke topgehalte-produkte. R379 by lavishd.com LAAAANG TJIPS Jy droom al lank van groter, langer tjips, en hier is dit nou. Wees op die uitkyk vir Long Chips…

sariekosza2110_article_006_01_03
2 min
proe die lente

WINTER SE GESKENK As jy die room van sauvignon blanc wil proe, moet jy Diemersdal se Winter Ferment met geure van appelliefie en pomelo probeer. Die druiwe word direk ná dit geoes is, gevries en dan in die winter teen lae temperature ontdooi en gefermenteer. R150 by die kelder of aanlyn. STERRE IN JOU OË Min dinge maak ’n ete so feestelik soos ’n glas vol borrels. Dis ongewoon om vonkelwyn van sauvignon blancdruiwe te maak, tradisioneel sal dit chardonnay wees, maar die metode wat vir die Steenberg Sparkling Sauvignon Blanc gebruik word, sorg vir ’n baie ligte, geurige eindproduk wat goed werk saam met kosse soos slaai en vis. R145 vir 750 ml by steenbergfarm.com ALMAL SE VRIEND As daar nou een wyn is wat jy weet almal van gaan hou, is dit Robertson…

sariekosza2110_article_010_01_01
2 min
dier-baar

(S)KATTEJAG! Jou kat dra graag die “lykies” van voëls, muise en ander wesentjies huis toe. (Eeek, ja!) Gee hom meer vleis en daai “sports” kan tot 36% verminder. En speel jy 5-10 minute per dag met hom, kan sy dodelike “stokperdjie” met 25% afneem. Só suggereer ’n klein Britse studie. Kosse met proteïen afkomstig van plantbronne, soos soja, kan dalk by sommige katte ’n tekort aan sekere mikrovoedingstowwe veroorsaak, wat hulle aanpor om te jag. Dit kan ook help om Kiets te laat werk vir sy kos, sê dr. Ingrid de Wet, veearts by die EberVet Country-dierekliniek op Somerset-Wes. In plaas daarvan dat jy dit in ’n bak sit, koop speelgoed wat hom verplig om sy kop te gebruik om by die kos uit te kom. Of sit dit op verskillende…

sariekosza2110_article_012_01_01
9 min
dit smaak so lekker, want hulle kook so lekker

Konjak? Nee, rooibostee! Sanger, storieverteller, ou siel . . . Kos is maar een van Nataniël se vele hoede. In Terwyl Ek Wag*, sy nuwe leefstylprogram op kykNET, vat hy weer die spoor van sy Hugenoot-wortels, dié keer in Suid-Afrika 1 Terwyl Ek Wag is so half ’n natuurlike uitvloeisel van die Edik van Nantes . . . Die uitgangspunt is die aankoms van die Le Roux-families in Suid-Afrika. Toe ek en Erik [sy broer] vyf jaar gelede ’n Hugenote-plaas besoek het, het dit my baie aan my ouma se huis en leefstyl op Wellington herinner. Ek het absoluut tuis gevoel, soos in Nantes. As gevolg van die Franse se beperkings [weens Covid] kon Erik egter nie deel wees van die reeks nie. Dit gaan oor immigrante, vlugtelinge en setlaars, waarvan daar steeds…

sariekosza2110_article_016_01_01
8 min
dis ’n lente-kuier

DEK JOU TAFEL SÓ Potte van melkglas is sag en nostalgies. Deesdae kry jy dit in moderne vorms by dekorwinkels, maar die beste bly die potte uit jou ouma se kas of die winskopies wat jy op markte vir antiekware raakloop. Enkelstamblomme in potjies saam gegroepeer lyk mooi. Laat jou tafel blom met ’n geblomde tafeldoek van stywe katoen of linne. Gebruik sommer doodgewone kombuisvadoeke as servette en laat jou gaste dit huis toe neem as geskenke. Onss s’n kom van MRP Home en kos R69,99 vir ’n stel van 3. BYKOMSTIGHEDE Alle breekware en eetgerei gebruik vir die fotosessie is van Omada, beskikbaar by lavishd.com Meng en pas borde in sagte pastelle om die tafel meer informeel te maak. Jy kan dieselfde formule volg en ’n tafeldoek met patrone en ’n neutrale een kombineer.…

sariekosza2110_article_026_01_01