LEKKER VERJAAR!
Iewers in Augustus 2009 lui my selfoon en ’n sagte stem aan die ander kant lig my in dat Michélle van Breda, SARIE-redakteur, na my aansoek vir die pos as kosredakteur gekyk het en my graag wil nooi vir ’n onderhoud. Skaars 21, bons my hart reg uit my keel. Ek kan nie glo wat gebeur nie. Dae later, ná wat gevoel het soos ’n onderhoud van ure, kry ek die nuus: Jy is SARIE se 7de kosredakteur! Watter eer, watter groot taak en verantwoordelikheid – een wat ek destyds self nie besef het nie. My lewe verander onherroeplik. Ek is nou deel van die tydskrif waarmee ek grootgeword het. Deel van die blaaie waarna my ma so dikwels verwys het. Ek kry kans om my resepte, my kos, my Kalahariwortels te…