kospraatjies
Een van die dae is dit vakansietyd! En dít beteken saamkuier, see, son, wildtuin, Kersfees, groot kook, langpad reis . . . en draairoomys! Daardie nostalgiese lekkerte wat jou terugneem na jou kinderjare en die dae van roadhouses – metaalrakkie gehaak aan die motorruit, groot hamburgers, en die roomys aan die einde. Maar hoekom hou ons so baie van nostalgiese dinge? Nostalgie kom in verskeie vorms en elkeen se ervaring daarvan is anders. Een van die groot nuwe tendense is nou-stalgie, oftewel nowstalgia: ’n gevoel wat jy nou ervaar en vasvang omdat jy weet jy gaan jare van nou met nostalgie daaraan terugdink. Kom dit by kos, probeer al hoe meer restaurante ervarings skep wat jou laat hunker na gister, maar jou ook toelaat om die herinnering te koester vir die toekoms.…