kospraatjies
Ek het nog altyd ’n sagte plek in my hart gehad vir die Kalahari en sy mense. En dis nie net omdat ek daar grootgeword het nie; kom ek vertel jou hoekom. Die mense daar is gul en hulle sal jou altyd met ’n groot glimlag groet. Dis mense wat jou verwelkom met goeie, eerlike kos – sonder tierlantyntjies. Hulle verstaan waaroor die lewe gaan: saamwees en oomblikke om te koester. Toe ek onlangs lees dat ons eie Michelin-sjef Jan Hendrik van der Westhuizen eersdaags die deure van KLEIN JAN by die Tswalureservaat in die Kalahari oopswaai, was ek bitter opgewonde. Want ek het net weer besef die Kalahari staan vir niks en niemand terug nie. Ek wou die nuwe jaar afskop met sy storie. Een van eerlike kos en ’n plattelandse…