kospraatjies
Op die hoek van die straat waar ek woon, is daar ’n groot ou akkerboom. Hierdie boom is my kalender. Want elke dag as ek by die straat indraai, herinner die boom my aan hoe die seisoene draai. Ná die winter sien ek hoe sy weer haar groen rok aantrek, en dan skielik maande later begin die blarerok weer verander. Vir my bly hierdie tyd van die jaar die mooiste: Herfs. Dis daardie geel, oranje, rooi, pers en bruin kleure van die akkerboom se blare wat my kombuis toe roep vir brood bak, sop kook en krummelpap maak. Dit is dié einste geregte wat my hart warm laat klop om hier in Afrika te woon. Nêrens kry jy ’n plek soos hierdie kontinent nie en jy kan nie help om #ImStaying op…