kospraatjies
Wie onthou nog daardie televisie-advertensie van die dogtertjie wat by haar ouma sit en klets oor haar lewe as kind? Só peper sy haar ouma met die een vraag ná die ander . . . Ouma, wat het julle gedoen vir ontspanning? “Ons het gekook, my kind,” kom die geduldige antwoord. En Ouma, wat het julle gedoen vir pret? “Hmmmm . . . ons het gebak, my kind, ons het gebak!” Terwyl ek dié brief sit en skryf, bevind almal van ons ons middein ’n lewensveranderende gebeurtenis – een wat ons nog nie in ons leeftyd beleef het nie. En elke keer as ek my voete in die kombuis sit, kom daardie advertensie by my op. Vir my sal hierdie jaar die tyd van groot bak en groot kook wees. Piesangbrood,…