DIE AFRIKAANSE TAFEL
Die vraag, waar kom jou liefde vir kosmaak vandaan, is een wat dikwels oor my pad kom. Om dit akkuraat te beantwoord moet ek seker begin by die begin. Ek het grootgeword op Upington in die Kalahari. My vakansies het meestal gewissel tussen die see by Hartenbos, winters op die plaas in Namibië en die tuisbly-tye wanneer my ma se kombuis my uitspanplek was. Deel van my kinderjare was tipiese Suid-Afrikaanse kos: mosbolletjies, bredies, lamsrib oor die kole, soetmosterd (soms met kondensmelk gemaak!), trifles wat net netjies lyk totdat iemand skep, en samesyn. Wat my bybly uit daardie dae, is die tye wat die Engelse familie kom kuier het. Hulle was grênd mense wat T-hemde met slagspreuke gedra het en jeans vol gate. Nou dra ek dit self, maar toe was dit…