’N NUWE BEGIN
Uiteindelik kan ons 2020 groet. Totsiens sê en uitsien na ’n nuwe begin. As ek ooit gewonder het hoekom ons elke jaar so graag wil “oor begin”, verstaan ek dit vanjaar. Dit is nie asof 2020 haar beste vir ons gegee het nie! Tog beteken ’n nuwe jaar vir my nie “oor begin” nie . . . Dit beteken eerder ek kry die kans om dinge met nuwe oë aan te pak, om met ’n vars gemoed dinge te doen wat vir my lekker is. As student het die bakklasse my geleer wanneer ’n resep nie uitdraai soos dit moet nie, sien jy dit as ’n oefening om dit op die ou end wel perfek reg te kry. Van dag een af word dit as sjef by jou ingedril dat jy heeltyd…