DIE EMOSIE VAN EET
Ek was nog nooit bang vir harde werk nie, want my ma het my geleer: As jy hard werk, word jy raakgesien. En diegene wat raakgesien word, sal altyd werk hê. “Só, my kind, jy moet hard werk om werk te hê!” En dít was my mantra, nog altyd. Maar soms raak ek moeg, nes almal. Soms wil ek ook tou opgooi en net nie meer planne maak en nuwe dinge probeer nie. Voor ek egter daar uitkom, raak dit tyd vir kosmaak en dan rus ek maar in die kombuis. Want dis waar ek rustig raak, my emosies verander. Die kombuis is eintlik my sielkundige wat my minstens drie keer per dag sien. (Dis op ’n rustige dag, meeste van die tyd is ek heeldag in haar spreekkamer!) Onlangs sit…