DIE GOEIE OU DAE
Die laaste ruk word ek heeltyd gekonfronteer met die gedagte, wat is trooskos nou eintlik. Want jare lank al is dit een van die konstante tendense wat aanhou groei. Elkeen noem dit iets anders: ma se kos, huiskos, trooskos, nostalgiese kos, onthoukos, gister se kos . . . Maar wat is dit aan die verlede wat ons so goed laat voel? En as jy mooi daaroor dink, is dit eintlik soms hartseer dat jy dink die beste tye van jou lewe is al verby. Ons hoor dan so baie die slim mense praat van lewe in die oomblik. Doen dinge wat nou saak maak. Laat nou tel. Waarom hunker ons so gereeld na gister? Onlangs begin ek lees oor nostalgie, wat veral deesdae vir mense wêreldwyd ’n anker van hoop is. Ek kom…