DIS HEERLIKE LENTE
En so het ons nog ’n jaar om die son gedraai en het nog ’n nuwe seisoen haar verskyning gemaak. Die beste tyd van die jaar: Lente! Jy kan nie ontken dat jy nie ook soos ek saggies sing nie: Dis heerlike lente, die winter is verby, dis mooi weer en warm, vir jou en vir my! Want die belofte van bloeisels en kleur is net te groot om jou vreugde weg te steek. Vir my is die lekker dat ons weer groot kan kook en kan tafel dek onder bome wat hul winteruitrusting vir ’n groen blareromp verruil. Ons maak reg vir braai in die buitelug en ons sit nader vir borde gevul met ligte kos en koel nageregte wat op jou lepel bewe en smelt. Elkeen van ons het…