TYD VIR JOUSELF
Nou hier is iets oor my wat julle nie geweet het nie, ’n geheim: Ek is mal oor gewone witbrood uit ’n supermark – goewermentbrood, met baie botter bo-op, goudgeel alledaagse cheddarkaas en tamatie! Ek bou my broodjie en dan gee ek hom twee draaie in die mikrogolfoond sodat die kaas smelt en die brood so sag stoom en die botter wegsmelt in die brood. Dan maak ek tee, soet tee. Soms gooi ek selfs kondensmelk in as daar ’n oop blik in die yskas is. Dan gaan soek ’n sonkol in die tuin . . . Net ek, my tee en my warm broodjie. Dis my oomblik van niksdoen en stilraak. Só ’n broodjie troos my en laat my verlang. Geen dieet of intense dissipline om reg te eet…