KOSPRAATJIES
Dis ’n alombekende feit dat dit ’n eienskap van die mensdom is om aan die begin van elke nuwe jaar voornemens, beloftes en planne te maak. Tydskrifte se voorblaaie pronk met woorde wat sê hoe ons gaan eet, aantrek en optree in die jaar wat wag. Hordes kenners van elke gebied voorspel wat die belangrike nuwe tendense gaan wees. Só kyk die wêreld van sogenaamde connoisseurs in ’n kristalbal en vertel almal wat die trends vir jou klerekas, koskas, skoonheid en dekor gaan wees, wat jy so gou as moontlik moet aanskaf voor dit, uhm, uit die mode is . . . Ja, elkeen wil glo dat die nuwe kalender verandering teweegbring. ’n Geruime tyd pla die idee van koop ter wille van koop, nuut maak en oor begin, net omdat daar…