KOSPRAATJIES
Onlangs kry ek vir die eerste keer in drie jaar die kans om weer my voete in Europa te sit. Parys, Frankryk, om spesifiek te wees. Kinderlik opgewonde soos toe ek die heel eerste keer oorsee gereis het. Voor ek vertrek, vertel ek vir vriende dat ek met my hele wese hoop dat “die stad van liefde” en sy mense nog lyk soos ek onthou. Ek spot selfs en sê ek gee nie eens om as die Franse nors en onbeskof met my is oor ek nie Frans praat nie. Trouens, ek wens hulle is so ’n bietjie mislik met my, want dan weet ek dat dit nie ’n droom is nie. Dan weet ek, ek reis. Maar helaas het Parys en sy mense nes die res van die wêreld verander.…