EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
SARIESARIE

SARIE

November 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
£3.08(Incl. tax)
SUBSCRIBE
£30.07(Incl. tax)
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time3 min.
michélle sê ...

Sowaar, al ’n elfde leser op SARIE se voorblad! Verlede maand het Schané Venter, ’n 27-jarige bedryfs- en logistieke bestuurder van Alberton, die Oktober-voorblad haar eie gemaak toe sy 2019 se SARIE Voorbladgesig-wedstryd gewen het. Dit was ’n “Oscar”-aand in die Kaap met Tafelberg en die stad se ligte op die agtergrond, en gaste van oral in die land. Onder andere vanjaar se tien Voorbladgesig-finaliste. Én die tien vroue wat sedert die begin van die wedstryd in 2011 dáárdie gesogte voorblad gewen het en die tydskrif se beste ambassadeurs is: Alrie Velleman (2011), Tana van Rooyen (2012), Marike Nel (2013), Monique Brits (2014), Carlize Earle (2015), Elmaré Schutte en Nicola Smit (hulle deel die titel in 2016), Nadia de Wet en Yolani Abrahams (hulle deel die titel in 2017) en Emari Gieselbach…

access_time1 min.
ons inspirasie

1STE KEER SÁÁM! Al 10 die vorige wenners van SARIE Voorbladgesig was byeen met die onlangse aanwysing van 2019 se wenner, Schané Venter. Agter van links: Monique Brits (2014), Carlize Earle (2015), Alrie Velleman (2011), Emari Gieselbach (2018) en Elmaré Schutte (2016). Voor van links: Nicola Smit (2016), Marike Nel (2013), Yolani Abrahams (2017), Tana van Rooyen (2012) en Nadia de Wet (2017). * In sowel 2016 as 2017 het 2 wenners die titel gedeel. MOOI AFRIKA Speelgoed, plante, diere, serpe, juweliersware. Van fyn tot imposante stukke, die stempel kontemporêr-Afrika. Onder leiding van Peta Becker werk 25 vroue van SA, Zimbabwe, Malawi en die Kongo saam om topgehalte-ontwerpstukke van suiwer linne en katoen te skep, wat ook in winkels van Japan tot Nederland gesien word. Die projek word vanaf Houtbaai gedryf en die vroue…

access_time4 min.
ons wêreld

VREUGDEVOL & SENSUEEL Verlede jaar het die Franse skoonheidshuis Dior die vars parfuum Joy by Dior – hul eerste nuwe geur in 20 jaar – bekend gestel. Die inspirasie? ’n Geur wat ewige vreugde verteenwoordig. Met die nuwe Dior Joy by Dior Intense (R1 795 vir 50 ml EDP) wou dié huis se befaamde parfumeur, François Demachy, die sensuele kant van die geur na vore bring. Dit het hy gedoen deur lemoenblom en warm vanielje te voeg by die oorspronklike parfuum se ryk note van roos, jasmyn, sandelhout en wit muskus. Alles verpak in ’n veelvlakkige bottel met ’n ster-ontwerp aan die onderkant. – Suanné Mulder TREVOR LAG AL DIE PAD BANK TOE Suid-Afrika se Trevor Noah is vierde op die lys van die wêreld se bes betaalde komediante. Die ster van The…

access_time1 min.
schané venter wen #sarievoorbladgesig

Hanlie Welgemoed My absolute gunsteling met die allermooiste gelaatstrekke. Baie geluk, Schané Venter! Liezle Wiese Ek het sommer geweet jy gaan wen. Schané Venter, baie geluk. Ons Albertonners is so vrek trots op jou. Natasja van Heerden Baie geluk. Jy’t my geïnspireer met jou video. Dit het bo almal s’n uitgestaan en jy het innerlike beauty . . . Baie geluk! Katryn Kruger Pragtige voorblad en ’n selfs pragtiger inisiatief! #trots Marina Visser Toe ek na haar video kyk, het sy my bietjie aan Margaret Gardiner laat dink. Lizaan Groenewald Sy was al my keuse toe daar nog honderde gesigte was . . . well done, Schané!…

access_time1 min.
sarie

REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius SENIOR ONTWERPER Keverne Morland PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo BEMARKINGSBESTUURDER Carmen Botma 021 406 3832 Anéne de Klerk (assistent) 021 406 4546 STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 011 713 9931 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 021 406 3875 Magdel Muller (stilis en modeskrywer) KOSREDAKTEUR Herman Lensing 021 406 4540 SKOONHEIDSREDAKTEUR Monica Pienaar 011 713 9908 Suanné Mulder (skoonheidskrywer) DEKORREDAKTEURS Lounette Fourie & Anita Rossouw GESONDHEIDSREDAKTEUR Lydia van der Merwe (Kst) SENIOR JOERNALIS Suzette Truter SENIOR JOERNALIS Marguerite van Wyk (Kst) TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt (hoofsub) & Natasja Lochner BOEKEREDAKTEUR Phyllis Green REPRODUKSIE Noorieyah Fakier REDAKTEUR: REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar (Jhb) 011 713 9263 KANTOOR-ASSISTENT Donald Toockley WEBTUISTE DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard Annemie.Lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 VERKOOPSBESTUURDER (JHB) Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970 INTEKENING, HERNUWINGS & NAVRAE HOOFBESTUURDER: MEDIA24 MAANDELIKSE TYDSKRIFTE…

access_time3 min.
nataniël sê ...

Twee keer per jaar word ek en my huishouding regeer deur paniek. Dis die week voor ’n groot openingsaand, die week wanneer opgewondenheid en ervaring vervang word deur vrees en twyfel. Op ’n tipiese dag hardloop ek en my bestuurder deur ’n groot winkel, ons is op soek na gom, linte, swart lap, iets wat ’n kraag kan regop hou, iets waarmee ’n lampskerm geverf kan word en pleisters vir my tone wat sterf teen die vierde vertoning. Ek hardloop om ’n rak en versteen. Verder af in die gangetjie is ’n vrou met ’n groot pers handsak en skoene met gestreepte blokhakke. Om haar kop is die klou van ’n reusagtige roofvoël. My bestuurder verskyn agter my. Hardloop, as daai ding my sien, gaan hy haar los, ek het baie meer…

help