EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Women's Lifestyle
Vrouekeur

Vrouekeur

24 January 2020

Die gewilde weeklikse tydskrif, Vrouekeur, is nou as ‘n e-tydskrif beskikbaar. Dié unieke Afrikaanse tydskrif was nog altyd ‘n betroubare bron van inligting en inspirasie vir haar lesers. Dit bevat 'n wye verskeidenheid van lekkerleesartikels oor onder meer bekendes, menswees, verhoudings, ouerskap, aktuele kwessies tot praktiese raad oor mode, skoonheid, dekor en handwerk. Die kosblaaie is so gewild dat daar al vier topverkoper-resepteboeke verskyn het. Vrouekeur is ‘n gebruikersvriendelike tydskrif wat inlig, opvoed en vermaak. Dis jou keuse elke week.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read More
BUY ISSUE
£1.62(Incl. tax)
SUBSCRIBE
£81.04(Incl. tax)
50 Issues

IN THIS ISSUE

3 min.
redakteursbrief

Ons almal raak kwaad. Soms is ons woedender as ander kere en nie alle mense raak ewe kwaad nie. Op bl 14 vra Riette Rust “Waarom so woedend?” Blykbaar het Aristoteles die volgende oor woede gesê: Enigiemand kan kwaad raak – dis maklik, maar nie alle mense kry dit reg om vir die regte persoon in die regte mate, op die regte tyd, om die regte redes en op die regte manier kwaad te wees nie. Ek weet nie van een verskil of argument tussen twee mense in’n liefdesverhouding wat goed afgeloop het as een of albei van die partye in woede reageer nie. Die gevaar bestaan dat wanneer jy in woede reageer, jy dinge kwytraak wat jy a) nie bedoel nie, maar wel sê om seer te maak, b) wel bedoel en juis…

1 min.
35% afslag!

Bel RAMSAY MEDIA by 087 405 2002 (plaaslik) of +27 (0)21 045 1809 (internasionaal) KREDIETKAARTBESONDERHEDE en vir DEBIETORDEROPSIES SMS die woorde ‘CAXTON VK’ na 47098 (R1,00 per SMS) STUUR’N FAKS na 086 670 4101 met jou besonderhede van hernuwing of intekening SKRYF IN OP ONS WEBWERWE www.vrouekeur.co.za/ www.magsathome.co.za STUUR’N E-POS na subs@magsathome.co.za POS’N TJEK uitgemaak aan RamsayMe dia Subs en stuur dit saam met’n brief en jou besonderhede van hernuwing of intekening na: Vrouekeur-subskripsies, Vrypos CBO209, Posbus 596, Howard Place, 7450 Doen’n ELEKTRONIESE OORBETALING of betaal met’n DIREKTE DEPOSITO Rekeningnaam: RamsayMedia Subs Bank: Nedbank Takkode: 12320900 Rekeningnommer: 1232073059 belangrik! Gebruik jou VAN en SUBSKRIPSIENOMMER of jou VAN en SELFOONNOMMER as verwysing met’n elektroniese betaling of direkte deposito en faks dit met jou betalingsbewys en posadres na 086 670 4101/subs@magsathome.co.za…

1 min.
wen

Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Met drome is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe maak. www.nb.co.za 3 lesers kan die boek wen. SMS PAPIERBLOMME gevolg deur jou naam, van en adres voor 29 Januarie 2020 na 48410. SMS’e kos R1,50 en is net vir mense in SA. Geld word vir foutiewe sleutelwoorde gehef en gratis SMS’e geld nie. Bepalings en voorwaardes: Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy Caxton-tydskrifte die reg om ander Caxton-tydskrif-aanbiedinge aan jou te bied.…

1 min.
vrouekeur

REDAKTEUR Eldaleen Hugo ADJUNKREDAKTEUR Zerelda Esterhuizen BESTURENDE REDAKTEUR Anlie Janse van Rensburg KUNSREDAKTEUR Je’Maine van Kradenburg TEKSREDAKTEUR & GESONDHEIDS JOERNALIS Christa Swanepoel TEKSREDAKTEUR Margot Pakendorf Schultz PROEFLESER Louïne van der Vyver BOEKEREDAKTEUR Willie Burger VERHALEREDAKTEUR Melt Myburgh vkfiksie@gmail.com KUNSTEREDAKTEUR Johan Myburg KOSSKRYWERS Suzanne Crozier en Mareli Visser DEKOR EN TUIN Anna Celliers, Connall Oosterbroek, Maryke Roberts MUSIEKRESENSENT EN VERMAAKJOERNALIS CJ de Swardt KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel NAVRAE 087 158 1832 en vrouekeur@caxton.co.za Vrouekeur, Caxton-tydskrifte, Jan Smutslaan 368, Craighall Park 2196 en Posbus 1480, Saxonwold, 2132 HOOFBESTUURDER Anton Botes BEMARKINGSBESTUURDER Reinhard Lotz BEMARKINGSNAVORSINGBESTUURDER Debbie McIntyre PRODUKSIEBESTUURDER Sada Reddhi ADVERTENSIES HANDELSBESTUURDERS Johannesburg en Kaapstad (insluitend landwye kleinadvertensies): 010 492 8356, 021 001 2401 Durban: Eugène Marais eugene@caxton.co.za 031 716 4444 Drukwerk CTP-Gravure Printers Verspreiders RNA 011 248 3500…

7 min.
‘ek het my hart gevolg’

Antoinette Louw het die afgelope paar jaar haar titel as een van Suid-Afrika se blinkste sterre goed gepoets met vertolkings soos Molly Fischer in An Act of Defiance – The Story of Bram Fischer en Sara Lundt in Die verhaal van Racheltjie de Beer. En met 2020 in al haar glorie hier, wonder ek of sy by haar Nuwejaarsvoornemens gehou het. “Ek het glad nie sulke goed nie. Ek hou wel daarvan om vroegoggend van die jaar se eerste dag my eie ritueel te volg en die son te sien opkom en stil te word,” vertel sy. Sy en haar geliefde, Reenen Malan, is vanjaar tien jaar saam en soos sy dit met glinsterende oë en’n groot glimlag stel, het die koms van die schnauzer, Lily, die “deal geseal” tussen hulle! Reenen is’n…

6 min.
’n twee de kans op die lewe

Op die oog af lyk Christoph Kotzé, oftewel Appel, waar hy in’n restaurant in Linden sit allesbehalwe na’n liedjieskrywer of sanger. Hy lyk soos’n regte boer. Baard, pet op die kop, kakieklere en kortbroek. Dis ons eerste kennismaking, maar hy groet nie met’n handdruk nie, maar’n stewige drukkie asof ons mekaar al jare ken. Appel laat jou dadelik sommer op jou gemak voel en gesels land en sand. Hy vertel eers van sy grootwordjare. “Ek het op’n plaas buitekant Brits op pad Thabazimbi toe grootgeword. My ouers het nie geboer nie, maar’n sport-en-ontspanningsklub op die plaas gehad waar veldskole en sportskole aangebied is.” Sy ma, Elize, was op haar dag’n kranige netbalspeler wat vir die Protea-span gespeel het en sy pa was eers rekenmeester en in die finansiële sektor en het later…