Kook ons voorblad!
ONS VOORBLADSTER Lamstjoppies met roomkaas en sondroogtamaties Vir 4 | Voorbereityd 10 minute Gaarmaaktyd 10 minute 8 lamslendetjoppies 1 eetlepel gemaalde koljander sout, na smaak soutpeper, na smaak 250 ml roomkaas 10 sondroogtamaties, gekap hand vol pietersielie, gekap 1 Vryf die lamstjoppies in met koljander, sout en swartpeper. 2 Meng die roomkaas, sondroogtamatie en pietersielie saam, stop die tjop daarmee en vou die vet oor. Gebruik ‘n sosatiestokkie om die vet vas te steek. 3 Braai oor matige kole tot die vet uitgebraai en die vleis gaar is volgens jou smaak. Laat rus vir ’n paar minute voordat jy dit voorsit. Spekbraaibroodjies Vir 4 | Voorbereidingstyd 10 minute Gaarmaaktyd 10 minute 8 snye witbrood botter, na smaak 1-2 tamaties, in dun skyfies ½ rooiui, in dun skyfies ’n hand vol cheddar, gerasper 4 repies spek 1 Botter die brood aan al twee kante. Verdeel die uie, tamatie en…