’n Jaar vol belofte
In die somermaande hou ek van vroeg opstaan; nog voor die son sy kop bo die berge uitsteek. Die lug is vars en koel, die voëlgeluide helder in die oggendstilte en die dag lê propvol belofte voor jou uitgestrek. Die eerste maand of twee van ’n nuwe jaar voel ook effens só. Die batterye is mos volgelaai ná ’n luilekker vakansie waarin ons (hopelik) die tyd gebruik het om die belangrikste ding op die jaarlikse agenda te beplan: Waarheen reis ons volgende! Hier by Weg werk ons gewoonlik meer as ’n jaar vooruit. Ons weet reeds waarheen 2023 – en selfs ’n stukkie van 2024 – ons gaan neem. Buiten wye draaie deur ons eie land, ons buurlande en selfs Antarktika, wag ’n rits spesiale reisgidse soos ons nuwe Wilde Plekke, Namibië,…