Avontuur Afrika

Issue 15 (Jan 2022)

Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
MNA Media
出版周期:
Monthly
HK$14.64
HK$146.40
12 期号

本期

3
welkom

YouTube is propvol interessante en selfs vreemde goed en so tussen al die gemors en meme versamelings, kom mens soms op ‘n juweeltjie af. Só het ek onlangs ‘n reeks met die titel Essence of Overlanding, saamgestel deur die Suid-Afrikaners Paul en Jo Marsh, raakgeloop (kyk dit op www.essenceofoverlanding.net). In hul vyfde episode het hulle oor gewig gepraat. Gewig, soos enige gesoute landreisiger weet, is natuurlik die vyand. Minder daarvan is altyd meer. Jy hoef nie ‘n derde stel tange, ‘n ekstra kombuiswasbak en nóg ‘n yskas saam te neem nie. Die kinders kan dalk nog oorreed word om hul versameling sagte speelgoed by die huis te los en moet dikwels tussen die skaatsplank en die fiets kies. Moet egter nooit vir vroulief probeer voorsê watter skoonheidsmiddels en skoene sy mag…

f0006-01
1
gesels>> saam

BREINKRAG Soek die volgende dorpe, stede en plekke in Suider-Afrika in die woordblok. Woorde kan horisontaal, vertikaal en diagonaal wees en kan in enige rigting wees. Leestekens word nie gebruik nie. Woorde in hakies vir konteks. Protea Koffie Daar is min dinge in die lewe wat kan meeding met ‘n vars koppie boeretroos terwyl jy uittuur oor ons kontinent se pragtige landskappe en natuurskoon. Met Protea Coffee is die aroma en smaak van die koffiewinkel nou haalbaar, selfs in die boendoes. Hierdie innoverende fynproewerskoffie word deur die Kaapstadse koffieroosters gebrou en is beskikbaar in espresso-, premium-en ontbytmengsels. Daar is ook nou ‘n kafeïen-vrye opsie beskikbaar. Ons leser van die maand wen ‘n geskenkpak ter waarde van R500 van Protea. www.proteacoffee.co.za KONTAK ONS: www.4x4afrika.com @avontuuradventure_afrika @AdventureAvontuurAfrika Adventure Afrika info@4x4afrika.com ERRATUM: In Uitgawe 14 het ons per abuis die verkeerde bandgroottes vir die Jeep…

f0008-06
5
briewe van ons lesers

Kobus Vermaak skryf: Terwyl ek jul onlangse tydskrif lees en spesifiek Angus se redakteursbrief, kon ek nie anders as om hartseer te raak oor die omvangryke impak van die Covid-19 pandemie op die reisen toerismebedryf nie. Ek self was geraak deur die pandemie aangesien my troue en wittebrood-avontuur vir ‘n jaar uitgestel moes word, maar soos hulle sê: “Dit is wat dit is!” Na ons trounaweek (‘n jaar later as wat beplan is) by Marloth Park, het ons op ons wittebroodsavontuur vertrek en die eerste nag by Club Amigos in Ventersdorp deurgebring. Weens onvoorsiene omstandighede moes ons terug huis toe (in Secunda) om ‘n nag daar deur te bring, voordat ons die volgende dag vroeg vertrek het om by Red Sands in Kuruman uit te kom. Toe ons by hierdie oulike plekkie…

f0009-02
8
heelwat om na uit te sien in 2022

Ford Soos ons verlede maand berig het, is Ford se groot nuus natuurlik die bekendstelling van die volgende generasie Ranger, wat plaaslik by Silverton gebou sal word. Die aandrywingsopsies en presiese bekendstellingstyd moet nog bevestig word, maar te oordeel aan die kommentaar op sosiale media, gaan dié bakkie ‘n opskudding veroorsaak. Tesame met die bekendstelling van die bakkie, is die verwagting dat sy SNV-neef ook ‘n paar veranderinge sal ondergaan. Van wat ons kan aflei, kan ons gedurende die eerste helfte van die jaar ‘n wêreldwye onthulling van die splinternuwe Everest verwag. Hierdie veelsydige voertuig ondergaan tans finale toetsing in verskeie internasionale markte. GWM/HAVAL As ons na die invloedryke Chinese motorvervaardiger se Tank 300 (ontwikkel deur een van sy subhandelsmerke, Wey) kyk, is dit duidelik dat hulle die avontuurmark teiken. Volgens berigte behoort…

f0010-01
4
goeters & geite

Kry jou in droomland! As jy min pakplek het, maar steeds gemaklik wil slaap wanneer jy kamp, is ‘n slim oplossing vir ‘n goeie nagrus die Bestway Premium Airbed. Hierdie koningingrootte lugmatras pak klein en plat op, maar blaas op tot ‘n gerieflike 46cm, met ‘n oppervlakte van 203cm x 152cm. Dit het ‘n duursame gevlokte slaapoppervlak, ‘n ingeboude kussing en kan 300kg dra. Die pomp, wat ingesluit is, blaas die matras binne vier minute op of af. Die stel sluit ‘n reissak en ‘n swaardiens herstel-pleister in. *Beskikbaar by Camp & Climb teen R1 294: www.campandclimb.co.za Beskerm in styl Die BZT Armor-agterbuffers van Summit 4x4 Accessories is kundig saamgestel om ‘n robuuste voorkoms aan meeste van die top 4x4’s wat in Suid-Afrika verkoop word, te gee. Funksioneel gesproke bied dit ‘n beter vertrekhoek…

f0014-01
11
die ‘grand’ avontuur

Die idee om ‘n bos-tot-strand visvang avontuur na Mosambiek aan te pak, is ‘n paar maande gelede gebore terwyl ons onsself knuppeldik geëet het aan kreef wat vriende van ons van Moz af gebring het. Ons het dadelik begin planne beraam en na ‘n paar oproepe het ons ‘n Hilux Legend RS en ‘n Fortuner 4x4 VX van Toyota Suid-Afrika vir die avontuur bevestig. Die plan was om ‘n paar tiervisse by die Massingirdam te gaan soek en daarna kuswaarts te reis om hopelik ‘n paar grotes vanaf die rotse uit te trek. Ons was ook gretig om diepseehengel in Xai-Xai te ervaar. Beplanning was natuurlik krities en om die beste roete te bepaal het ons die betroubare kaartboek van Tracks4Africa uitgegrawe, net om binne die eerste paar minute ons eerste…

f0016-01