Landbouweekblad

27 January 2022

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
HK$10.93
HK$409.92
50 期号

本期

1
die ander sê

SOWAT 1,5 miljoen liter afvalwater het op Oukersdag uit ’n stukkende slykdam by die Zululand Anthracite Colliery naby Ulundi gelek en in die Swart-Umfoloziriver ingeloop, wat deur bestaansboerderygebiede en die Hluhluwe-iMfolozi-natuurreservaat loop. Inwoners sê sommige gemeenskappe wat geraak is, is nie oor die potensiële gevare gewaarsku tot twee weke ná die ongeluk nie. Bewaringsbestuurders in die park is ook onder die indruk gebring dat die storting onder beheer was, net om ’n paar dae later ’n pikswart pluim water deur die park te sien loop. Steenkoolmynbedrywighede produseer volgens kenners suur waterbesoedeling wat ook giftige swaarmetale, soos arseen, koper, lood en magnesium, kan bevat. Sommige inwoners vrees die besoedeling het riviere, panne of grondwater wat deur afgeleë landelike gemeenskappe naby die myn gebruik word, besmet. Mnr. Msizi Myaka, ’n inwoner van die dorpie Okhukho,…

landbouza220127_article_004_02_01
1
het jy gehoor?

‘Boere en munisipaliteite moet weet dat wanneer die rivier in vloed is, moet hulle pomptoerusting en dies meer verwyder en plaaslike inwoners waarsku om versigtig te wees.’ PROF. MIKE MULLER, waterkenner, oor die vooruitsigte vir vloedskade weens vol damme. Bl. 16 ‘Dit is wanneer kreatiewe oplossings uitgedink word, hetsy deur die gewasadviseur of die boer self, dat groot skade aangerig kan word.’ DR. GERHARD VERDOORN, bedryfsbestuurder van Croplife SA, oor die risiko vir gewasskade weens dikamba-dampdrywing. Bl. 21 ‘Ons doen ook weereens ’n beroep op die regering om ’n bekostigbare oesversekeringskema in te stel sodat boere die risiko’s beter kan bestuur.’ GRAAN SA, in ’n verslag oor rampspoedige versuipskade in die somersaaigebiede. Bl. 14 ‘Naas water gaan logistiek waarskynlik een van die grootste kwessies in die landbou bly.’ DR. JOHN PURCHASE, uitvoerende hoof van Agbiz, oor probleme…

2
dié week in die landbou

GESKIEDKUNDIG Die Beervleidam, sowat 30 km noord van Willowmore in die Oos-Kaap, het ná die goeie reën die afgelope maand vir die eerste keer in 20 jaar water. Die dam is in 1957 gebou om te keer dat die Gamtoosriviervallei oorstroom, en het in 1961 oorgeloop, volgens die Baviaanskloof-toerismeburo se webwerf. Die dam was laas in 2001 amper vol. Die dam het ’n kapasiteit van net meer as 88 miljoen kubieke meter en was teen druktyd 1,9% vol, teenoor 2% die vorige week. VERSEKERINGSKOK Drastiese verhogings wat die Suid-Afrikaanse spesiale risikoversekeringsvereniging (Sasria) vanaf 1 Februarie op swaar kommersiële voertuie hef, is vir die landbou onbekostigbaar, sê mnr. Francois Wilken, voorsitter van Vrystaat Landbou. Die tariewe vir swaar kommersiële voertuie geld trekkers, stropers en selfaangedrewe spuite en het volgens sy berekenings in sekere gevalle…

landbouza220127_article_005_01_01
1
syfers

43,5% Trekkerverkope in Desember 2021 was 43,5% hoër as Desember 2020 – 660 eenhede teenoor 460. In 2021 is 7 640 trekkers verkoop, wat 26,4% meer is as 6 046 in 2020. Verlede maand is 18 stropers verkoop teenoor 3 in Desember 2020. In 2021 is 268 stropers verkoop, teenoor 185 in 2020, ’n styging van 44,9%. Verwagte trekkerverkope vir 2022 is soortgelyk aan 2021, en stroperverkope 5 tot 10% hoër. — SA Landboumasjinerie-assosiasie 25 jaar Inflasie in die OESO-lande (Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling) het in November 2021 die hoogste vlak in 25 jaar bereik. In Mei 1996 was inflasie 5,8%. Dit was in Oktober 5,2% en in November 2020 slegs 1,2%. Energiepryse het in die jaar tot November met 27,7% gestyg, die hoogste sedert Junie 1980. Voedselprysinflasie was 5,5%, teenoor…

3
bietjie meer ongeduld, asb.!

‘Dit is goed en wel om ongeduldig te raak oor dinge in Suid-Afrika,” waarsku oom Kallie Schoeman van die Schoeman-boerdery by Delmas my laasweek oor ’n redakteursbrief wat ek vir die nuwejaarsuitgawe geskryf het. “Maar ons durf nie gatvol raak nie.” Ek stem volkome saam, oom Kallie. Die luukse van gatvol raak, is ons nie beskore nie. Soos ’n bok wat moeg gehardloop is deur ’n trop wildehonde, is dit neusie verby as ons gaan lê. Solank daar planne te make is, moet ons aanhou try. Dit is daarom lekker om me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, se brief aan die land se boere in hierdie uitgawe (bl. 8) te lees. Dit is nog lekkerder om die minister te hoor praat oor ’n paar ware suksesse wat haar…

landbouza220127_article_006_03_01
4
briewe

LANDBOU IS LIGPUNT Die Suid-Afrikaanse landboubedryf het 2021 op ’n hoopvolle noot afgesluit. Die 2020-’21-seisoen het ’n oorvloedige oes van veld- en tuinbougewasse voortgebring, wat gelei het tot verhoogde uitvoer uit ’n produksieperspektief. Beramings deur ontleders dui daarop dat Suid-Afrika in 2021 rekorduitvoer van sowat R173 miljard kon bereik het, wat 2020 se landbou-uitvoer van sowat R160 miljard en selfs die rekorduitvoer van 2018, wat R167 miljard was, sal oortref. Die uitvoer en markte is gediversifiseer, wat spreek van die breë prestasie van landboubedrywe en uitvoermarkte. Hoewel Suid-Afrika ’n probleem het met hoër werkloosheid in baie bedrywe, is die landbou een van die bedrywe wat help met werkgeleenthede. Wat bemoedigend is, is dat landbou-indiensneming in die derde kwartaal van 2021 met 3% op ’n jaargrondslag gestyg het tot 829 000, wat ver bo die…

landbouza220127_article_008_01_01