探索我的图书馆
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / 新闻与政治
RapportRapport

Rapport

11/17/2019

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
阅读更多keyboard_arrow_down
购买期刊
HK$11.69
订阅
HK$497.46
52 期号

本期

access_time4
skok-foto’s van kinders wat ‘stoei’

’N Karate- en stoei-afrigter van Bronkhorstspruit verkwansel foto’s van jong kinders in suggestiewe posisies op die internet – na bewering aan mense met ’n fetisj vir kinderseks. Neville Randall bedryf al sedert 2000 die Fighting Kids-klub in Bronkhorstspruit waar hy kinders in stoei, gemengde gevegskuns, judo, boks en karate “afrig”. Randall se webblad, www.fighting-kids.com, vertel egter ’n ander verhaal. Pleks van die inligting wat ’n mens gewoonlik op so ’n webblad sou verwag – soos biografiese inligting van die instrukteurs, detail oor die verskillende dissiplines wat afgerig word of die ligging van die gimnasium – bevat sy webblad bladsye en bladsye met duisende foto’s van kinders wat met mekaar “stoei”. Mense kan versamelings van dié foto’s koop teen R1 000 vir laeresolusiefoto’s of R1 500 vir ’n stel met hoër resolusie. Daar is ook…

access_time2
talle hoop werkers staak sal tot in sy graf

Dit is tyd dat die regering terugstaan en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) toelaat om in duie te stort – iets wat lankal sou gebeur het as die SAL nie teen ’n obsene som deur belastingbetalers, ryk en arm, gesubsidieer is nie. Die SAL is eintlik reeds bankrot, het die parlement die afgelope week gehoor. Skuld van R28 miljard het die laaste 13 jaar opgeloop. Die lugdiens verloor R500 miljoen per maand en die domastrante staking sedert Vrydag kos die SAL ’n bykomende R50 miljoen per dag. Die enigste manier om die SAL aan die gang te hou is om nog miljarde in die staatskas te gaan vind. Dis miljarde wat daar nie is nie. Tito Mboweni, minister van finansies, het die situasie mooi opgesom toe hy verlede maand in die parlement gesê het:…

access_time3
malema nie nou vervolg

Julius Malema gaan “vir eers” vervolging vryspring weens beweerde tenderbedrog van R60,4 miljoen, al gaan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sy voormalige sakevennote opnuut vervolg. Die NVG het Vrydag uiteindelik in ’n brief aan AfriForum gesê hy gaan On-Point Engineers in Limpopo, Lesiba Gwangwa en Kagisho Dichabe weer in die hooggeregshof daarvan aankla dat hulle Limpopo se paaie-en-vervoerdepartement mislei het in die toekenning van ’n tender van R52 miljoen. Thomas Rasethaba is nou ook een van die beskuldigdes. Hy het volgens Mail & Guardian ’n trust gestig wat ’n belang in On-Point gehad het. In dieselfde verhoor sal Gwangwa en sy On-Point-maatskappy ook teregstaan op drie bedrogklagte omdat hulle glo aan die departement voorgegee het die maatskappy is nie vir padontwerpe betaal nie, al het hy wel R8,4 miljoen daarvoor gekry. On-Point is in 2009…

access_time3
20 jaar later; kyknet kyk vorentoe

In die 20 jaar sedert die Afrikaanse satelliet-TV-kanaal kykNET begin uitsaai het, het die kanaal se kykertal nie net skerp gegroei nie – sy aanbieders het ook al hoe vryer geraak om oor dinge praat wat kykers twee dekades gelede sou laat bloos het. KykNET se eerste programme is op 15 November 1999 uitgesaai, ses weke nadat Rapport op Sondag 3 Oktober 1999 die naam verklap het van die nu-we Afrikaanse TV-kanaal in ’n onderhoud deur Hanlie Retief met Elize Malherbe, destyds direkteur van spesiale projekte by M-Net. “Rapport het die naam vir die hele land ge-bust,” sê Lani Lombard, voormalige woordvoerder van kykNET en deesdae van M-Net, dié week oor die naam wat amper ’n jaar lank streng geheim gehou is. In week een al het kykNET met bekende gesigte afgeskop: Mariëtta…

access_time1
vervolg van bl. 1

Vorster en nog ’n regsgeleerde het ’n konsepverklaring by die plaaslike polisie ingedien wat blykbaar na die polisie se eenheid vir seksuele misdrywe verwys is. Vorster sê hy weet daar is ’n ondersoek begin, want hy het met die ondersoekbeampte gepraat, maar dit het blykbaar later doodgeloop. Randall hou vol sy fotonemery is onskuldig. “Dit gaan oor selfverdediging. Die kinders illustreer selfverdediging-grepe. Mense koop dit dan en gebruik dit vir opleiding. “Ons maak ook klein stories. Iemand soek dalk ’n verhaal oor ’n boelie wat sy les leer, dan script hulle dit en die kinders voer dit op,” sê Randall. “Ek het streng reëls soos hoe lank hulle kan skiet en hulle word ook voorgeskryf watter klere hulle mag dra. Geen kind kan sonder die skriftelike toestemming van ’n ouer deelneem nie.” Op sy…

access_time3
‘11 000 werk kwyt as staat sal sluit’

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se internasionale vlugte word vandag hervat, maar alle binnelandse vlugte en streekvlugte na die res van Afrika is steeds tot volgende week gekanselleer. Volgens die lugdiens se webwerf is kaartjies vir binnelandse vlugte weer van Dinsdag beskikbaar. Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, sê dié besluit is geneem nadat vakbonde en die lugdiens nie teen gistermiddag ’n ooreenkoms kon bereik nie. Byna alle SAL-vlugte is sedert Vrydag gekanselleer weens ’n staking deur lede van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en die South African Cabin Crew Association (Sacca). Die lugdiens het volgens berigte die afgelope 13 jaar opgehoopte verliese van R28 miljard aangeteken. Volgens Stuart Theobald, voorsitter van Intellidex, werk dit uit op R5,5 miljoen per huidige werknemer. Die vakbonde is woedend omdat die SAL-bestuur aanvanklik enige salarisverhogings geweier het en…

help