探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 5/24/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
阅读更多
优惠 Get 40% OFF with code: DIGITAL40
购买期刊
HK$10.07
订阅
HK$428.35
52 期号

本期

5
terug skool toe? nie my kind nie!

Groot teenkanting is aan die opbou onder ouers wat sê hulle weier om hul kinders skool te stuur terwyl die Covid-epidemie nog onbeheers in Suid-Afrika voortwoed. Terwyl duisende onderwysers môre by skole moet aanmeld om voor te berei vir die hervatting van die skooljaar op 1 Junie het ’n kwart van ouers in ’n internetpeiling gesê hulle sal “beslis nie” hul kinders skool toe stuur nie. Die Ipsos-peiling is gedoen onder 1 000 Suid-Afrikaanse ouers wat internettoegang het. Meer as 130 000 mense het reeds ’n petisie geteken teen die opening van skole. Intussen raai vakbonde onderwysers aan om vir diens aan te meld, maar huis toe te gaan as hulle voel die maatreëls om hulle teen Covid-19 te beskerm, is nie voldoende nie. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die afgelope…

1
net 10 uit miljoene armes kry al hul toelaag

Sassa se aandrang daarop om sélf die uitbetaling van ’n nu-we Covid-19-toelaag vir armlastiges te behartig, het daartoe gelei dat net tien mense teen Vrydag hul toelaes ontvang het uit die 2,9 miljoen wat daarvoor kwalifiseer. Die regering het sover geweier om te sê hoeveel armlastiges hul toelaes gekry het sedert die maatreël op 21 April deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is om te keer dat mense honger ly. Sassa, die agentskap wat maatskaplike toelaes administreer, het Donderdag verduidelik dat dit baie ingewikkeld was om uit 4,9 miljoen aansoekers diegene te sif wat nie reeds vir ander toelaes in aanmerking kom nie. Vrydagmiddag het Busisiwe Memela-Khambula, uitvoerende hoof van Sassa, in ’n onderhoud met SAfm erken dat net tien aansoekers se toelaes sover uitbetaal is terwyl voedselprysinflasie skerp styg en duisende gesinne verhonger…

2
kom ons leer uit die revolusie van 2010

Op 29 Maart het Rapport berig dat die regering gereed staan om ’n algemene inkomstetoelae aan te kondig vir miljoene informele werkers wat weens die Covid-19-rampregulasies deur hongersnood in die gesig gestaar word. ’n Aankondiging daaroor is op 21 April gedoen toe pres. Cyril Ramaphosa ’n reeks ekonomiese hulpmaatreëls aangekondig het vir slagoffers van Covid-19 en van die regering se streng inperkingsregulasies, wat dit oornag vir miljoene gesinne onmoontlik gemaak het om vir hulself te sorg. Vandag weet ons dat nog net tien mense die nuwe toelae ontvang het. Die gesloer met die uitbetaling van die karige R350 geskied teen die agtergrond van stygende kospryse, ’n polisiediens wat reeds sowat 230 000 mense in hegtenis geneem het weens soms geringe oortredings van die rampbestuursregulasies en onverskoonbare pogings deur ideologies dronk ANC-ministers om…

1
kontak ons

Teken in: 087 353 1300. SMS “Rapport” na 31069. Intekenare-navrae: 087 353 1300. (Maandag tot Vrydag: 07:00-16:30. Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 07:00-11:00.) SMS “diens” na 31069. E-pos: intekenare@media24.com WhatsApp: 087 353 1333 Waar kry ek Rapport? 087 741 3137 Nuuswenke: 011 713 9633 of 021 406 3228 E-pos: nuus@rapport.co.za Klagtes oor stories: Alet Wichmann 011 713 9682.alet@media24.com Redakteur: Waldimar Pelser 011 713 9633 of 021 406 3228 waldimar.pelser@rapport.co.za Nuus- en Sakeredakteur: Erika de Beer 011 713 9633 of nuus@rapport.co.za Sportredakteur: Albert Weideman 011 713 9671 of albert.weideman@rapport.co.za Beleef: Alet Wichmann 011 713 9682 of alet@media24.com Weekliks en briewe: Pieter Malan 021 406 3514 of pmalan@rapport.co.za…

4
inperking: dit gaan beter raak

Ingrypende verligting van die streng inperkingsmaatreëls wat al meer as twee maande geld, word voorgestel in ’n konsepdokument waarin regulasies vir ’n vlak 3-inper-king uiteengesit word. Die dokument bepaal onder meer dat die meeste ondernemings onder streng voorwaardes weer kan oopmaak. Sigarette mag steeds nie verkoop word nie, maar drankwinkels kan van Maandag tot Donderdag handel dryf — ten spyte daarvan dat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, en dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, volgens berigte steeds gekant is daarteen. Die dokument is gedateer 20 Mei en sit die wysiging van die regulasies kragtens art. 27 van die Rampbestuurswet uiteen. Dit is gemerk “confidential draft”. Rapport kon nie die egtheid van die dokument bo alle twyfel bevestig nie. Mlungisi Mtshali, woordvoerder vir Dlamini-Zuma, wou nie oor die egtheid van die…

2
sassa weier voorstel vir eenstopdiens

Die toelae is ingestel toe ekonomiese modellering gewys het dat uiterste armoede met 35% gaan styg weens die inperking en dat 75% van diegene wat in die informele sektor werk, hul inkomste gaan verloor. Aansoeke vir die spesiale toelae is op 11 Mei oopgestel op Sassa se webblad en selfs op WhatsApp. “Binne drie dae het 3,5 miljoen mense daarvoor aansoek gedoen. Uiteindelik was daar 4,9 miljoen aansoekers. Ná die siftingsproses het ons oorgebly met 2,6 miljoen wat gekwalifiseer het omdat hulle geen ander voordele gekry het nie en regtig werkloos is,” het Memela-Khambula in die radio-onderhoud gesê. Net werkloses wat geen ander toelae of maatskaplike voordele van die staat kry nie kwalifiseer. Daarom word aansoekers se besonderhede eers vergelyk met data van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF), Sassa se lys van 17 miljoen begunstigdes vir…