探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 6/7/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
阅读更多
优惠 Get 40% OFF with code: DIGITAL40
购买期刊
HK$10.07
订阅
HK$428.35
52 期号

本期

5
só faal regering se plan vir toetse

Die hoeksteen van die regering se Covid-19-strategie noudat die strawwe inperking opgehef is – die opspoor en toets van moontlike draers van die virus – het heeltemal in duie gestort. Met sowat 100 000 agterstallige toetse – baie van hulle reeds twee weke uitstaande – is enige suksesvolle toets-en-opspoorstrategie nou onmoontlik. So groot is die agterstand dat staatslaboratoriums netsowel die speekselmonsters in hul besit kan weggooi omdat die toetsuitslag op sulke ou monsters nie meer geloofwaardig is nie, het prof. Jeremy Nel, ’n spesialis in aansteeklike siektes aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) die afgelope week aan Rapport gesê. Owerhede in die Wes-Kaap, waar die meeste toetse uitgevoer word en die positiewe toetskoers – die aantal positiewe toetse as persentasie van die totale aantal toetse – ook die hoogste is, het hierdie…

1
sa klop italië . . .

Italië het 60 miljoen mense, omtrent ewe veel as Suid-Afrika. In Italië het 13 dae verloop tussen die eerste Covid-19-sterfte en die 100ste. Daarvandaan was die verdubbelingskoers uiters vinnig: Twee dae van 100 tot 197; drie dae tot 463 en ná nog twee dae was die sterftesyfer 827. Daar het dus 20 dae in Italië verloop van die eerste tot 800ste sterfte . In Suid-Afrika is die 100ste sterfte eers aangeteken 29 dae ná die eerste sterfte. Daarna het dit ses dae geneem om te vorder van 103 sterftes tot 206; 12 dae tot 407 en nog 11 dae om die syfer verder te verdubbel tot 792. Teen Vrydag het 908 mense gesterf. In Italië het dit dus 20 dae geneem voordat 800 mense gesterf het en in Suid-Afrika 58 dae –…

2
hef aan lê voor vir vryemarksendelinge

Die ekonomiese inkrimping weens Covid-19 en die inperking sal baie van die probleme vererger waaroor die land se ekonome lankal wakker gelê het. Veral die probleem van armoede: Meer as 30 miljoen Suid-Afrikaners oorleef op minder as R1 200 per maand, volgens syfers van Statistieke Suid-Afrika. Beskou dié syfer saam met die verwagte verlies aan soveel as sewe miljoen werkgeleenthede (volgens die tesourie) en die vooruitsigte op ’n betaalde werk vir miljoene werklose Suid-Afrikaners lyk bitter sleg, terwyl dié wat wel ’n werk het, meestal ook armer sal word. Verwag oor die volgende paar jaar dat ’n regering met dalende inkomste daarom jaarliks meer en meer gaan wil bestee aan maatskaplike toelaes om te keer dat ’n groterwordende deel van die bevolking saans honger gaan slaap. Hoe dié verhoogde maatskaplike besteding rym…

1
kontak ons

Teken in: 087 353 1300. SMS “Rapport” na 31069. Intekenare-navrae: 087 353 1300. (Maandag tot Vrydag: 07:00-16:30. Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 07:00-11:00.) SMS “diens” na 31069. E-pos: intekenare@media24.com WhatsApp: 087 353 1333 Waar kry ek Rapport? 087 741 3137 Nuuswenke: 011 713 9633 of 021 406 3228 E-pos: nuus@rapport.co.za Klagtes oor stories: Alet Wichmann 011 713 9682.alet@media24.com Redakteur: Waldimar Pelser 011 713 9633 of 021 406 3228 waldimar.pelser@rapport.co.za Nuus- en Sakeredakteur: Erika de Beer 011 713 9633 of nuus@rapport.co.za Sportredakteur: Albert Weideman 011 713 9671 of albert.weideman@rapport.co.za Beleef: Alet Wichmann 011 713 9682 of alet@media24.com Weekliks en briewe: Pieter Malan 021 406 3514 of pmalan@rapport.co.za…

4
nuwe plan met pensioengeld

Die ANC-alliansie wil pensioengeld en die Reserwebank se reserwes gebruik om ’n “oop post-Covid-19-ekonomie” te bou. Só lui ’n konsepdokument deur die ANC se hoof van ekonomiese transformasie, Enoch Godongwana, wat verlede maand voorgelê is op ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Die voorstelle kom te midde van voorspellings dat die ekonomie vanjaar met tot 10% kan krimp en oproepe deur pres. Cyril Ramaphosa dat die Covid-krisis gebruik word om Suid-Afrika se “koloniale en rassistiese” ekonomie te transformeer. Godongwana stel onder meer voor dat: Regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse gewysig word sodat private kapitaal gebruik kan word om infrastruktuurprojekte te finansier; Die Reserwebank help om ontwikkelingsinstellings te finansier deur ’n fonds van R500 miljard te skep; Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat R2 100 miljard se aftreegeld van staatsamptenare…

2
anc-hoë sê oor ‘wit ekonomie’

Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, krabbel wild terug nadat hy Julius Malema, EFF-leier, se pleidooi gesteun het dat die “wit ekonomie” toegelaat moet word om tydens die Covid-inperking ineen te stort. Die ANC het Masina gerepudieer nadat hy verlede Sondag op Twitter gesê het hy stem “ten volle saam” met die opmerking “laat die wit ekonomie in duie stort” wat Malema aan ’n koerant gemaak het. Masina – ’n voorbok in die ANC se kamp vir radikale ekonomiese transformasie en ’n uitgesproke ondersteuner van oudpres. Jacob Zuma –het bygevoeg: “Totdat ons die room van die ekonomie genasionaliseer het, moet ons die ekonomie ‘oorbegin’ en seker maak dit werk ten gunste van die meerderheid. Dinge kan nie weer dieselfde wees nie.” Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het gesê Masina se opmerkings “val buite die raamwerk van…