探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 6/14/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
阅读更多
优惠 Get 40% OFF with code: DIGITAL40
购买期刊
HK$10.07
订阅
HK$428.35
52 期号

本期

5
nou verpleeg siekes mekaar

In tonele wat herinner aan ’n distopiese toekomsriller is 30 siek verpleegsters en gesondheidswerkers genoop om in die buitegeboue van ’n hospitaal op die Oos-Kaapse platteland te plak terwyl hulle mekaar verpleeg. Almal van hulle het Covid-19. Die hospitaal self, die Wilhelm Stahlhospitaal in Middelburg, is vroeër die week gesluit nadat die laaste pasiënte – ma’s met pasgebore babas – huis toe gestuur is. Desnieteenstaande hou die Oos-Kaapse department van gesondheid vol dat die hospitaal oop is en dat daar geen probleme is nie. Die haglike omstandighede in Middelburg is maar net een van talle gesondheidsramptonele waarop Rapport die afgelope week in die Oos-Kaap afgekom het. Terwyl die Covid-19-infeksiekoers in die provinsie onstuitbaar styg, het die provinsie se grootste hospitaal, die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth, totaal in duie gestort met gesondheidswerkers wat weier…

2
help mense nou om sélf hul armes te versorg

Sowat 20 miljoen Suid-Afrikaners word na raming deur hongersnood in die gesig gestaar sedert 27 Maart, toe die inperking van krag geword het. Baie van hulle ly steeds honger, al is ’n bykomende bedrag van R50 miljard in April toegeken aan die departement van maatskaplike ontwikkeling om hongersnood mee te verlig. Dít nadat Lindiwe Zulu se departement in die Februarie-begroting R197 miljard gekry het. Die R50 miljard moes onder meer betaal vir ’n spesiale toelae van R350 per maand vir werkloses wat geen ander staatshulp kry nie. Ja, R350 per maand klink na hopeloos te min, maar daar is vooraf deeglike navorsing gedoen wat wys dat die meeste mense wat die toelae gaan kry, reeds in huishoudings leef wat ander hulp van die staat kry en vir wie ’n bykomende R350 per maand…

1
kontak ons

Teken in: 087 353 1300. SMS “Rapport” na 31069. Intekenare-navrae: 087 353 1300. (Maandag tot Vrydag: 07:00-16:30. Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 07:00-11:00.) SMS “diens” na 31069. E-pos: intekenare@media24.com WhatsApp: 087 353 1333 Waar kry ek Rapport? 087 741 3137 Nuuswenke: 011 713 9633 of 021 406 3228 E-pos: nuus@rapport.co.za Klagtes oor stories: Alet Wichmann 011 713 9682.alet@media24.com Redakteur: Waldimar Pelser 011 713 9633 of 021 406 3228 waldimar.pelser@rapport.co.za Nuus- en Sakeredakteur: Erika de Beer 011 713 9633 of nuus@rapport.co.za Sportredakteur: Albert Weideman 011 713 9671 of albert.weideman@rapport.co.za Beleef: Alet Wichmann 011 713 9682 of alet@media24.com Weekliks en briewe: Pieter Malan 021 406 3514 of pmalan@rapport.co.za…

3
verkiesings dalk uitgestel

Die ANC se nasionale werkkomitee (NWK) het aanbeveel dat die land se verkiesings gesinchroniseer word om stemmery vir alle regeringsvlakke op een dag moontlik te maak. En die EFF stem hiermee saam. Dakota Legoete, ANC-woordvoerder, het Vrydag gesê die voorstel is vir verdere bespreking verwys na die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK), wat einde vandeesmaand vergader. Dit is “om die fiskus geld te spaar, want tans hou ons elke 24 maande verkiesings,” sê hy. City Press, Rapport se susterskoerant, berig die ANC en EFF het reeds ooreengekom om volgende jaar se munisipale verkiesing uit te stel. Die DA is daarteen gekant en stem ook nie saam dat die verkiesings gesinchroniseer word nie. Art. 159 van die Grondwet lui die termyn van ’n munisipale raad is hoogstens vyf jaar. Verkiesings moet binne 90 dae…

2
drank: ‘bly kalm, geen verbod kom’

Drankwinkels bly oop, al sê die polisieminister, Bheki Cele, en twee premiers dat hulle ten gunste daarvan is dat ’n alkoholverbod weer ingestel word. Alkohol is sedert 1 Junie weer tussen Maandae en Donderdae te koop. Phumla Williams, die kabinetswoordvoerder, het gister die versekering gegee dat Cele en ander se opinie “hul eie is” en nie die mening van die meerderheid kabinetslede weerspieël nie. “Volgens die kabinet is Suid-Afrika tans in vlak 3 van die inperkingsregulasies en daarvolgens is dit wettig om binne die voorgeskrewe tye alkohol te koop en verkoop,” sê Williams. Drinkers moet asseblief kalm bly. “Ons maan die publiek om asseblief tog nie nou die winkels in paniek te bestorm nie.” Ook die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en sy eweknie in die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, was onder diegene wat die afgelope tyd hul…

2
oos-kaap erken hy kan virus nie takel

Danksy private finansiering is nog sowat 90 beddens ingerig vir Covid-19-pasiënte, maar dit kan nog nie benut word nie, want daar is nie genoeg personeel nie, sê ’n dokter. Talle poste word nou geadverteer, maar volgens die hospitaalpersoneel is baie daarvan al jare lank vakant. Boonop sukkel hulle om toerusting te bekom. “Ons het nie tans niesteriele handskoene (vir algemene take) nie. Nou gebruik ons steriele handskoene vir alles en dit kos ’n fortuin,” sê ’n dokter. Van die weggooi-oorjasse is daar nog net genoeg vir drie dae. Dokters vat ook linne huis toe om dit te was sodat hulle met operasies kan voortgaan. By die Tafalofefe-hospitaal in Centane, op die Transkeise platteland, sowat 70 km noordoos van Oos-Londen, het gesondheidswerkers Maandag begin staak weens onder meer ’n tekort aan beskermende drag. Drie personeellede…