探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 6/21/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
阅读更多
购买期刊
HK$10.07
订阅
HK$428.35
52 期号

本期

6
bok-helde val vir ‘piramideskema’

Van die land se voorste Springbokke se gesigte word gebruik om beleggers te werf in ’n internasionale maatskappy wat reeds in talle lande as piramideskema beskryf is. Die rugbyspelers Eben Etzebeth, Duane Vermeulen en Jacques Potgieter en die sanger Nicholis Louw is van die bekendes wat blykbaar reeds geld in ’n skema genaamd Crowd1 belê het en wie se foto’s gebruik word om nog meer liggelowiges te lok om die geldmasjien aan die rol te hou. Ook die TV-aanbieder en toerleier Ferdinand Rabie se gesig verskyn op ’n Facebook-blad wat die skema se lof besing. Alhoewel finansiële owerhede wêreldwyd teen die skema waarsku, hou plaaslike beleggers vol dat dit heeltemal wettig en legitiem is. “In die 50 dae wat ek deel is daarvan, het ek reeds R64 000 gemaak. Hoe meer jy insit,…

2
ras über alles: almal koop nou hierby in

Die regering gebruik die swart ekonomiese bemagtigingskriteria in die uitdeel van hulp aan kleinsakeondernemings wat weens die Covid-19-krisis steier. Vrydag het ’n volbank van die hooggeregshof in Pretoria die regering gelyk gegee in ’n aansoek wat die DA ingedien het om die gebruik van ras as kriterium vir hierdie staatshulp te stuit. Die hof het die kriteria vir die departement van kleinsakeontwikkeling se Covid-19-hulpverlening tersyde gestel en ongeldig verklaar nie omdat dit ras as maatstaf gebruik nie, maar omdat dit ras nie uitdruklik as maatstaf lys nie, maar slegs geslag, jeugdigheid en gestremdheid. Die minister is opdrag gegee om die kriteria vir hulpverlening te herformuleer sodat dit uitdruklik verwys na “ras, geslag, jeugdigheid en gestremdheid”. Die staat se doel met hierdie hulp is nie om daardie klein ondernemings te red wat die…

1
kontak ons

Teken in: 087 353 1300. SMS “Rapport” na 31069. Intekenare-navrae: 087 353 1300. (Maandag tot Vrydag: 07:00-16:30. Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 07:00-11:00.) SMS “diens” na 31069. E-pos: intekenare@media24.com WhatsApp: 087 353 1333 Waar kry ek Rapport? 087 741 3137 Nuuswenke: 011 713 9633 of 021 406 3228 E-pos: nuus@rapport.co.za Klagtes oor stories: Alet Wichmann 011 713 9682.alet@media24.com Redakteur: Waldimar Pelser 011 713 9633 of 021 406 3228 waldimar.pelser@rapport.co.za Nuus- en Sakeredakteur: Erika de Beer 011 713 9633 of nuus@rapport.co.za Sportredakteur: Albert Weideman 011 713 9671 of albert.weideman@rapport.co.za Beleef: Alet Wichmann 011 713 9682 of alet@media24.com Weekliks en briewe: Pieter Malan 021 406 3514 of pmalan@rapport.co.za…

3
partye dalk r500 m. kwyt

Die land se grootste politieke partye kan tot R500 miljoen per jaar verloor wanneer die Wet op die Finansiering van Politieke Partye in werking tree. Die grootste partye, met die ANC vooraan, het Donderdag in ’n videokonferensie met pres. Cyril Ramaphosa gekla dat die wet net van krag kan word “as die koek van staatsgeld vir politieke partye groter gemaak word”. Die partye kry jaarliks tussen R350 miljoen en R500 miljoen van agt van die nege provinsiale regerings. Die provinsies se betalings word in partypolitieke fondse gestort en proporsioneel aan partye uitbetaal wat in die onderskeie wetgewers sit. Die stelsel eindig wanneer die nu-we wet in werking tree, maar daar is geen voorsiening in die nasionale begroting gemaak om die verlore inkomste te vervang nie. “Dit het duidelik geword dat die uitwerking wat dit veral…

4
media24 boeke sê jammer oor wit paneel

Media24 Boeke het om verskoning gevra dat 17 van die 18 beoordelaars van hul literêre pryse vanjaar wit was. Dit volg nadat die Johannesburg Review of Books (JRB), ’n aanlyn letterkundejoernaal, en talle swart skrywers gesê het dit is onverdedigbaar dat ’n paneel grootliks wit beoordelaars slegs wit wenners aangewys het uit kortlyste wat ook meestal uit wit skrywers bestaan het. In ’n land met ’n swart meerderheid dui dit op “strukturele ongelykhede” in die uitgewerswese, aldus die JRB. Die skrywer Fred Khumalo het op die JRB se webblad geskryf dat die samestelling van die beoordelaarspanele – waarop een bruin man gedien het – “boekdele spreek” en dat dit daarom “nie verrassend is nie dat die uitslae nie ’n waardering wys vir die oorvloed talent in hierdie land nie, talent in al sy…

3
onwettige besetters móét trek ná vlak 3

Ná meer as drie jaar se gesukkel staan nog net vlak 3-inperkingsregulasies in die pad van ’n maatskappy wie se grond digby SuperSport-park in Centurion onwettig beset word. Die hooggeregshof in Pretoria het die sowat 66 besetters beveel om die grond te verlaat binne 30 dae nadat vlak 3 eindig. As hulle weier, moet die balju hulle verwyder. Die maatskappy Turnover Trading 191 het die grond in 2015 vir sowat R20,5 miljoen gekoop en ’n kontrak met ’n internasionale hotelgroep aangegaan om ’n hotel en konferensiesentrum daar te bou. Maar die besetters het dit begin 2017 ingeval en afval daar begin her-win. Hulle het dit Mushroomville gedoop omdat dit glo voorheen ’n sampioenplaas was. Turnover het aan die hof gesê as sy kontrak gekanselleer word, sal sy direkte verlies sowat R35 miljoen wees. Hy…