探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 7/12/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
阅读更多
优惠 Get 40% OFF with code: DIGITAL40
购买期刊
HK$10.07
订阅
HK$428.35
52 期号

本期

6
dokters moet kies wie leef

Die hele gesondheidstelsel beleef nou ’n krisis. Hospitale in Gauteng steier weens ’n “massiewe toename” in Covid-19-gevalle en gesondheidswerkers waarsku dat daar binne die volgende week reeds ’n akute tekort aan beddens kan wees wat toegerus is om hoëdruksuurstof aan die siekste pasiënte te voorsien. Dokters, verpleegsters en paramedici sê aan Rapport hulle moet reeds “kies” wie se lewe om te red en daar heers groot verwarring oor waar bed-dens beskikbaar is. Teen gister het Gauteng 57 995 aktiewe Covid-19-gevalle gehad, waaronder 1 000 gesondheidswerkers wat die afgelope week positief getoets is. Nuwe gevalle verdubbel elke tien dae. Die altesame 87 033 Covid-19-gevalle wat sedert Maartmaand in Gauteng aangeteken is – insluitende 29 038 mense wat reeds van die virus herstel het – is ’n bietjie minder as die 115 000 gevalle wat volgens…

3
black lives matter: ja, daar is geldige vrae

Die sistematiese stroping onder apartheid van swart, bruin en Indiër-Suid-Afrikaners se burgerregte, menswaardigheid en ekonomiese geleenthede konfronteer wit mense steeds met ongemaklike waarhede en moeilike vrae. Die waarhede sluit in dat wit “baasskap” in wette verskans is en dat wit kinders dikwels geleer is dat hulle beter as swart mense was. Vrae sluit in wat wit mense se morele plig in ’n arm, verdeelde en swak bestuurde postapartheid-Suid-Afrika teenoor swart en bruin landgenote is. Want soveel as wat ons van ’n nierassige land droom, sorg nypende swart armoede en seer oor ’n verlede wat nog vlak lê steeds dat baie swart en bruin mense ’n mate van regstelling van wit mense verwag, of dan op die allerminste ’n erkenning dat die speelveld nog lank nie gelyk is nie. Terselfdertyd sê selfs struggle-strydrosse dat…

3
hier kom anc se ‘kampioene’!

Die regering het reeds begin om nasionale ministers na distriksmunisipaliteite te ontplooi om groter sentrale beheer oor munisipale besluitneming uit te oefen. Rapport is in besit van ’n brief van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) wat in Junie aan distriksmunisipaliteite oor die land heen gerig is en waarin aangedui word dat kabinetslede as “distrikskampioene” ontplooi moet word. Een van hulle is Parks Tau, adjunkminister van Cogta, wat op 26 Junie na die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap gestuur is om te help in die stryd teen Covid-19. Dit is klaarblyklik deel van die regering se plan om nouer samewerking tussen die munisipale, provinsiale en nasionale regerings te verseker, maar volgens die DA is dit ’n set van die regering om hom afgewentelde magte toe te eien. ’n Cogta-dokument getiteld…

3
ace se witbroodjie so vrot, anc in vrystaat wil hom pos

Die ANC se jongste parlementslid, wat veronderstel is om die party se jeugvleuel agter Ace Magashule te verenig, vaar so vrot dat hy dalk verwyder gaan word. Spanning laai op in die Vrystaatse ANC oor die swak diens wat Itumeleng Ntsube (21) die afgelope jaar as parlementslid gelewer het. Ntsube, ’n boorling van Botshabelo, naby Bloemfontein, het in Mei verlede jaar op 20-jarige ouderdom die jongste Suid-Afrikaanse parlementslid in die geskiedenis geword. Hy is boonop onmiddellik bevorder tot provinsiale sweep vir die Vrystaat in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) – ’n posisie waarin hy ’n salaris van tussen R1,3 miljoen en R1,4 miljoen per jaar kry. In die sewe maande tussen die verkiesing en die verdaging van die parlement op 5 Desember het Ntsube net tien van 39 verpligte komiteevergaderings bygewoon. Rapport het…

2
dié wet moet buitelanders in poste keer

Die regering gaan voort met wetgewing wat die indiensneming van buitelanders in sekere sektore van die ekonomie sal verbied. Dit volg te midde van gewelddadige protesaksie deur plaaslike vragmotorbestuurders waarin twee vragmotors die afgelope week in Kaapstad uitgebrand is. Die vragmotors, wat goedere vir Pick n Pay vervoer het, is Woensdag om 02:00 op die N1 tussen Kraaifontein en Klapmuts voorgekeer en aan die brand gesteek. City Press, susterkoerant van ‘Protes kan styg weens Covid-19.’ Rapport, berig die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) monitor die stygende vlak van ontevredenheid onder die land se werkersklas oor buitelanders in poste wat nie skaars vaardighede vereis nie. Daar word verwag dit kan styg weens die impak van Covid-19. Groot stede in Gauteng, Kwa-Zulu-Natal en die Wes-Kaap word as brandpunte beskou, veral ondernemings in die toerisme- en gasvryheidsektore. In April 2018 is 20 vragmotors…

2
oorlede grootouers se boedel hoef nie vir siek kleinkind te sorg, sê hof

Die boedel van ’n oorlede ouma en oupa kan nie gedwing word om onderhoud aan hul gestremde kleindogter te betaal nie, het die appèlhof bevind. Die kleindogter, wat Dinsdag 30 jaar oud geword het, is ’n psigiatriese pasiënt met bipolêre gemoedsversteuring, ligte intellektuele gestremdheid en outisme. Kort voordat haar ouers in 2001 geskei is, het haar pa in Amerika gaan bly, het die appèlhof gehoor. Die kurator wat vir die kleindogter aangestel is, wil onderhoud vir haar uit haar oorlede grootouers aan vaderskant se boedel kry. Dit is omdat haar ma nie haar onderhoud kan bekostig nie en omdat haar pa glo nie onderhoud wíl betaal nie. Die kurator het aanvanklik in die Wes-Kaapse hooggeregshof onderhoud van die grootouers se boedel geëis. Dié hof het in 2018 slegs beveel dat daar afsonderlik oor sekere…