探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 7/26/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
阅读更多
购买期刊
HK$10.07
订阅
HK$428.35
52 期号

本期

6
skole: ‘ouers moet self kan besluit’

Die regering word deur regstappe vanuit verskeie oorde in die gesig gestaar ná pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Donderdag dat die land se skole van môre af vir ’n maand gaan sluit. Die meeste van dié partye wag net vir die staat om die regulasies te publiseer waarvolgens die sluiting van skole gereguleer gaan word voordat hulle tot aksie oorgaan. Ramaphosa en sy kabinet het die afgelope week onder toenemende druk van onderwysvakbonde geswig en aangekondig dat staatskole vir sekere grade vir vier weke gaan sluit en die akademiese jaar tot 2021 verleng gaan word. Die uitsonderings is matrieks, wat net een week af kry, en gr. 7’s, wat ná twee weke teruggaan. Donderdagaand se aankondiging het as ’n verrassing gekom nadat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, net ’n dag tevore…

3
ramaphosa se knieval voor unies is ’n skande

Die kabinet se besluit om skole te sluit is onwetenskaplik, regressief, en verkeerd. Dit posisioneer opnuut die ANC-regering as ’n vriend van vakbonde maar ’n vyand van die kind. Die besluit is onwetenskaplik want dit is nie op skool waar Covid-19 versprei nie – dis eerder by die huis, waar ouer mense vir ure om mekaar maal, en natuurlik in taxi’s, wat vir kort ritte 100% vol gelaai mag word al het wetenskaplikes soos dr. Angelique Coetzee van die SA Mediese Vereniging uitdruklik gewaarsku dat dit selfs mét ’n masker gevaarlik sou wees. Dis reg – die gevaar dat ’n kind Covid-19 opdoen is kléiner op skool as tuis, nie groter nie. Prof. Shabir Madhi, die entstofkundige van die Universiteit van die Witwatersrand, het Vrydag verduidelik dat kinders die virus meestal opdoen nie by…

3
20 000 mense smeek elke uur: waar’s my r350?

Sassa het sedert Mei sowat 3,4 miljoen bankrekeninge by die Posbank geopen in die naam van mense wat die spesiale Covid-19-oorlewingstoelae moet kry. Maar die Posbank kry nou soveel navrae van mense wat om dié toelae aansoek gedoen het dat die bediener van die Posbank se inbelsentrum die laaste paar dae verskeie kere oorlaai is. “Die Posbank se inbelsentrum het vroeër sowat 200 oproepe per uur hanteer. Dit het nou weens die Covid-toelae toegeneem tot 20 000 oproepe per uur. Dis geen wonder dat hulle dit nie kan hanteer nie,” het Totsie Memela, uitvoerende hoof van Sassa, gister gesê. Sassa se eie inbelsentrum het voor die instel van dié toelae sowat 10 000 oproepe per dag hanteer. Dit is nou 40 000. “Ons kan dit nie hanteer nie en het besluit om die oproepdiens vir…

3
‘hoe vra jy só iemand om ’n huldeblyk te lewer?’

Oudpres. Jacob Zuma het Vrydag ondanks teenkanting die huldeblyk gelewer by ’n aanlyn gedenkdiens vir die struggleveteraan Andrew Mlangeni. Die ANC het deurgedruk met die besluit dat Zuma praat, al het veterane van die party Vrydag in ’n sterk bewoorde brief gevra dat hy wegbly. Ook Mlangeni se familie het hulle gedistansieer van die besluit om Zuma te laat deelneem aan die diens. Hulle het “geen beheer” oor wie by die ANC-geleentheid optree nie, het Malose Kekana, ’n trustee van die June en Andrew Mlangeni-stigting, Vrydag by navraag gesê. In hul brief sê die veterane Zuma is nie geskik om die huldeblyk te lewer nie. “Ons (lewer die pleidooi) met inagneming van kameraad Zuma se ongrondwetlike gedrag gedurende sy termyn as ANC-leier, sowel as die rits baie ernstige klagte van korrupsie waarvoor hy verhoor…

3
r350: woede teen zulu ná toelaes platval

Woede en frustrasie oor probleme met die regering se R350-toelae teen hongersnood het ’n aanlyn parlementsitting Vrydag in chaos gedompel. Opposisie-LP’s het Vrydagoggend soos bye op Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, toegesak toe haar aangepaste begroting bespreek is. Haar departement het R40 miljard vir die toelaes bygekry. Zulu se probleme het begin toe Liezl van der Merwe van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) gesê het die IVP steun die R350-toelae, maar dit het vir baie mense smart pleks van verligting gebring. Toe begin Van der Merwe name opnoem van mense wat al sedert Mei wag vir hul geld. “Mev. Naidoo, mnr. Dick en mnr. Koekemoer . . . Talle ander se aansoeke is afgekeur sonder dat enige sinvolle redes verstrek is en sonder enige aanduiding van hoe die fout reggestel kan word.” Van der Merwe het…

1
topmodel vas ‘ná seks met 12-jarige’

’n Bekende in modelkringe het Donderdag in die hof verskyn op ’n aanklag van statutêre verkragting nadat hy glo met ’n 12-jarige seun orale seks gehad het. Die man van iets in die twintig is Woensdag deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS) in hegtenis geneem. Hy en die seun het mekaar glo ’n paar weke gelede op Grindr, ’n afspraak-app, ontmoet en die seun het later by die man, ’n assistentonderwyser, se woonstel in Gauteng gaan kuier. Die man mag nie geïdentifiseer word voordat hy gepleit het nie. Grindr is baie gewild in die gay, biseksuele en transseksuele gemeenskap en word dikwels gebruik om iemand vir terloopse seks te ontmoet. Die seun se ma het die owerheid genader nadat sy glo “vulgêre foto’s” op haar kind se foon gekry…