探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 8/9/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
阅读更多
购买期刊
HK$10.21
订阅
HK$434.56
52 期号

本期

4
‘ek is nie skaam vir my xander’

Sy is nie skaam vir haar kind nie. “Dis my kind, God het hom vir my gegee. Mense kyk my vreemd aan as hulle my van hoor, maar ek gaan dit nie verander nie, want ek is nie skaam vir my kind nie,” sê ’n gebroke Mercia Bylsma. Haar enigste seun, Xander (21), is Vrydag in die hooggeregshof in Mmabatho tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis weens die moord op sy gewese meisie, Sharnelle Hough (17), en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), wat ook sy kleinniggie was. Die twee tieners se lyke is Saterdag 26 Mei 2018 in hul koshuis by die Hoërskool Stella in Noordwes gevind. Xander het Marna met ’n drasak verwurg. Daarna het hy Sharnelle verwurg en met ’n tou aan ’n trapreling opgehang. “Elke liewe oggend bid ek dat ons…

3
vrees klein stappies agteruit tot dit te laat is

Die versoeking is groot om parallelle te wil trek tussen Suid-Afrika se benarde situasie – ’n korrupte regering, ’n bevolking wat verarm, foutlyne wat neergelê is deur ons voorsate – en ander lande wat weens rampspoed die nuushooftrekke haal. Kyk byvoorbeeld na Libanon. Daar het duisende kilogram vlambare ammoniumnitraat ontplof en sodoende ’n groot deel van Beiroet, die middestad, in puin gelê al het kenners vir jare gewaarsku dat die geringste vonk tot ’n ramp sou lei. Ook die middelstand daar is deur jare van wanbestuur gelyk gemaak met die grond. Hier lê, sover ons weet, geen vrag ammoniumnitraat in ’n hawe nie, maar dit verg nie baie verbeelding nie om aan te toon dat ’n maatskaplike ontploffing dreig: Rykes wat nie emigreer nie, word ryker; die middelklas, wat die meeste belasting betaal,…

4
lede van isis-sel in sa soek

Meer as een lid van ’n vermeende sel van die terreurorganisasie Isis (Islamitiese Staat) is nog op vrye voet ná ’n klopjag op ’n kleinhoewe buite Johannesburg drie weke gelede. Die polisie het toe onder meer be-slag gelê het op AK-47-aanvalsgewere, Isis-vlae en ook video-opleidingsmateriaal wat gebruik kan word om terreuraanvalle te beplan. Een van die mans wat sedert die klopjag by Kliprivier suid van Alberton voortvlugtig is, is twee jaar gelede deur die polisie gesoek ná ’n ekstremistiese aanval op ’n moskee in Verulam, KwaZulu-Natal. Sy naam is aan Rapport bekend. Tydens die aanval in Verulam is Abbas Essop vermoor en twee ander mense swaar gewond toe vermeende ekstremiste die Imam Hussain-moskee in Mei 2018 met messe bestorm het. Intelligensiebronne sê een van die 19 mans wat aanvanklik in 2018 ná dié aanval in…

5
sa informant teen ‘terro-2’ nou sáám met isis in mosambiek

’n Suid-Afrikaanse man wie se verklaring die polisie vier jaar gelede gehelp het om ’n Johannesburgse twee-ling weens hul beweerde bande met die Islamitiese Staat (Isis) toe te sluit, het intussen glo self ’n Islamitiese vegter in die noorde van Mosambiek geword. Renaldo Smith (25) het in 2016 ’n rol gespeel in die staat se besluit om die broers Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie (27) te vervolg omdat hulle na bewering aanvalle op Amerikaanse en Joodse teikens in Suid-Afrika wou uitvoer. Dit was Smith se verklaring wat die polisie in Julie 2016 oorreed het om klopjagte op die tweeling se wonings in Newclare, Johannesburg, en Azaadville, aan die Wes-Rand, uit te voer. Dit het gelei het tot hul arrestasie op grond van terreurklagte deur ’n polisietaakspan, wat lede van die nasionale intervensie-eenheid en…

2
‘seuntjie’ is terug ná hofstryd van ses jaar

’n Blouoog sfinks-kat is ná amper agt jaar tuis nadat ’n bitter en duur hofstryd oor hom in die appèlhof gaan draai het. Eros, wat in November 11 jaar oud word, kan nou sy laaste jare deurbring by sy oorspronklike eienaar, Alma van Zyl van Hartbeespoortdam. Sfinkse se lewensverwagting is tussen tien en 12 jaar. Van Zyl en Bernadette Willers, by wie Eros die grootste deel van sy lewe gebly het, was sedert 2014 in ’n hofstryd gewikkel. Dit het twee weke terug geëindig toe die appèlhof geweier het om Willers se appèl aan te hoor omdat daar geen kans op sukses was nie. Die balju in Polokwane is toe met die polisie en die DBV na Willers se huis in die stad om hom te gaan haal. Christel Liebenberg van Salomé le Roux-prokureurs in Pretoria,…

4
‘gee ons geld vir aig!’

Terwyl talle mense in die musiekbedryf erg swaarkry weens die inperkingsregulasies lê miljoene rande, wat byna 100 liedjieskrywers toekom, in ’n Afrikaans is Groot/Samrotrustrekening. Dis omdat die organiseerders van dié konsertreeks “bang is dit kom nie by hulle uit nie” as dit aan die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (Samro) oorbetaal word. Sedert Afrikaans is Groot (AiG) in 2012 begin het, is nog geen tantième vir openbare optrede aan Samro oorbetaal nie. “Vir my gaan dit oor ons taal en musiek wat agteruitgaan wanneer die kunstenaars en skrywers nie betaal word wat hulle toekom nie,” sê die sanger Theuns Jordaan. “Daar sal nie weer ’n Liedjieboer wees as dit nie die moeite werd is om met liedjies te boer nie. Ons taal gaan ten gronde en dit deur mense wat hulself Afrikaans is Groot noem.” Die Liedjieboer, Anton…