探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 8/23/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
阅读更多
购买期刊
HK$10.21
订阅
HK$434.56
52 期号

本期

4
ryk man kry ’n arm boer se plaas

’NWelvarende sake-man, skynbaar ’n goeie vriend van ’n Oos-Kaapse ANCamptenaar, het ’n staatsplaas “present” gekry nadat die vorige huurder – wat agt jaar lank suksesvol daar geboer het – uit die bloute van die plaas afgesit is. Die skatryk Luyolo Makaula (53) van Kokstad het onlangs nog ’n stukkie grond by sy reeds aansienlike eiendomsportefeulje gevoeg nadat die regering die vorige huurder, die beesboer Vuyani Zigana, van die staatsplaas afgesit het. ‘Hy is een van die rykste inwoners.’ Rapport het verlede week berig hoe die 54-jarige Zigana van betreding aangekla en sy diere geskut is nadat hy reeds jare daar arbei en ’n skaflike veekudde opgebou het. Zigana is intussen finansieel geruïneer deur die hofsake om die grond terug te kry en die feit dat byna al sy beeste opgeveil moes word om…

3
om te kniel of nie: laat almal tog self besluit

Nathi Mthethwa, minister van sport, en sy meelopers deel iets met diegene wat krieket en rugby se knielers as verraaiers verguis. Nie een van dié twee kampe van uiterstes kan ’n gesonde pad vorentoe baan vir sport in Suid-Afrika nie. Dit is ook klaarblyklik buite hul bereik om ’n brug te bou tussen die knielers en die staners voordat rugby binnekort weer in Suid-Afrika hervat. Sonder ’n sinvolle oorbruggingsdaad kan groot skade aan die sport én nasiebou aangerig word. Mthethwa het dit die afgelope week goedgedink om agt Suid-Afrikaanse rugbyspelers “rassiste” te noem nadat hulle gekies het om nie te kniel voor ’n Engelse Premierligawedstryd op Vrydag 14 Augustus tussen die Harlequins en Sale Sharks nie. Dat die agt T-hemde met die woorde “Rugby against racism” gedra het, het Mthethwa min geskeel.…

3
onteiening ’n ‘voëlverskrikker’, sê anc-hoë

Wysigings aan die Grondwet om uitdruklik vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, is bloot ’n “voëlverskrikker”, want daar is ander maniere om die grondhonger te stil, meen Enoch Godongwana, die ANC se hoof van ekonomiese beleid. Die belangrikste “ander manier” is die herverdeling van grond in staatsbesit. “Daar is enorme stukke grond in staatsbesit. Dis in besit van munisipaliteite, provinsies en nasionale departemente. Ek weet nie presies hoeveel sulke grond daar is nie en weet nie van enige oudit wat daarvan gemaak is nie, maar daar is beslis groot stukke grond in staatsbesit wat geskik is vir herverdeling,” het Godongwana, ook voorsitter van die ANC se komitee vir ekonomiese beleid, in ’n onderhoud aan Rapport gesê. “Ons is in die nood oor grondhervorming en die herverdeling van onbenutte staatsgrond moet en kan…

4
fw wou mandela benut as adviseur

Oudpres. F.W. de Klerk wou vir oudpres. Nelson Mandela as ’n raadgewer aanstel kort voordat Mandela in 1990 uit die tronk vrygelaat is. Dít is luidens die boek Prisoner 913: The release of Nelson Mandela, wat Woensdag deur Tafelberg-uitgewers gepubliseer is. Die skrywers is die historikus dr. Jan-Ad Stemmet van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement geskiedenis en die Kaapse joernalis Riaan de Villiers. Hulle beweer ook dat Mandela kort voor sy vrylating in 1990 geglo het dat sy vrou, Winnie Madikizela-Mandela, hom verraai het voor sy inhegtenisneming op 5 Augustus 1962 naby Howick in KwaZulu-Natal. Die boek is gegrond op duisende bladsye se transkripsies van geheime opnames wat destyds in die tronk van Mandela se gesprekke gemaak is. Die transkripsies was vroeër in die besit van Kobie Coetsee, oudminister van justisie wat…

1
kontak ons

Teken in: 087 353 1300. SMS “Rapport” na 31069. Intekenare-navrae: 087 353 1300. (Maandag tot Vrydag: 07:00-16:30. Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 07:00-11:00.) SMS “diens” na 31069. E-pos: intekenare@media24.com WhatsApp: 087 353 1333 Waar kry ek Rapport? 087 741 3137 Nuuswenke: 011 713 9633 of 021 406 3228 E-pos: nuus@rapport.co.za Klagtes oor stories: Alet Wichmann 011 713 9682.alet@media24.com Redakteur: Waldimar Pelser 011 713 9633 of 021 406 3228 waldimar.pelser@rapport.co.za Nuus- en Sakeredakteur: Erika de Beer 011 713 9633 of nuus@rapport.co.za Sportredakteur: Albert Weideman 011 713 9671 of albert.weideman@rapport.co.za Beleef: Alet Wichmann 011 713 9682 of alet@media24.com Weekliks en briewe: Pieter Malan 021 406 3514 of pmalan@rapport.co.za…

2
hooggeplaaste anc-vriend vlieg ‘sonder paspoort’

’n Diplomaat van die skatryk Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en vriend van die ANC het Sondag glo Suid-Afrika binnegekom en weer verlaat sonder ’n paspoort. Mahash Saeed Alhameli, die VAE se ambassadeur in Suid-Afrika, het na bewering by die O.R. Tambo-lughawe opgedaag en aangedring om sonder ’n paspoort na Lesotho te vlieg. Alhameli, oor wie daar in ANC-kringe gesê word dat sy beursie oop is vir die party in tye van nood, het na bewering dieselfde dag weer na Suid-Afrika teruggekeer – steeds sonder sy paspoort. Amptenare het blykbaar geweier om hom op die vlug toe te laat, maar hy het dit toe wel reggekry om te vlieg. Met sy terugkeer was hy egter glo in ’n stryery met amptenare betrokke. Na wat City Press, susterskoerant van Rapport, verneem, het hy later…