探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 8/30/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
阅读更多
购买期刊
HK$10.21
订阅
HK$434.56
52 期号

本期

5
‘hou aan bid vir jou geld’

Duisende mense wat geld betaal het om te registreer vir ’n “toelae-skema” wat op “Christelike beginsels” bestuur word en beloof het om hulle finansieel onafhanklik te maak, sê hulle wag nou al jare vir hul geld. Maar die grootkoppe van dié skema – wat veral onder wit mense be-mark is “omdat hulle nooit enige hulp van die regering kry nie” – sê die lede moet net aanhou bid en dinge sal regkom. Volgens die “Kingdom Grant Programme” kan elke lid wat ’n “registrasiebedrag” van R3 500 betaal aanspraak maak op ’n toelae van R5 miljoen wat deur ’n internasionale weldoener betaal word. Jy kan soveel “eenhede” in die skema koop as jy wil. Elke eenheid kos R3 500 en elkeen maak jou geregtig op ’n R5 miljoen-toelae. Die skema, wat bestuur en bemark…

3
cyril, dis tyd om die rooi knoppie te druk

Jacob Zuma is terug op die politieke verhoog as segsman vir ’n siniese ANC wat lankal ophou voorgee het dat hy alle Suid-Afrikaners verteenwoordig. Met ’n brief van 12 bladsye het Zuma Vrydag namens ’n oorwegend swart nasionalistiese ANC en sy koalisie van gegriefdes oorlog verklaar teen die “korporatiewe” ANC van Cyril Ramaphosa, wat vir twee jaar al probeer om versigtig uitgesoekte aspekte van die Nasionaal-Demokratiese Revolusie (NDR) in die taal van die JSE te verpak terwyl hy nét genoeg doen aan korrupsie om hom van Zuma se ANC te onderskei. Zuma se ironiese oorlogsverklaring dek die tafel vir ’n geveg tot die dood toe wat niks te doen het met die siel van die ANC nie – dit is lankal verdorwe – maar wat wentel om die naamregte van die…

4
mashaba: ‘tem die vakbonde!’

Zimbabwiërs is welkom in Suid-Afrika, maar geen lid van Zimbabwe se regerende Zanu-PF sal sy voete in Suid-Afrika sit wanneer sy nuwe party, AksieSA, aan be-wind is nie, sê Herman Mashaba, entrepreneur en voormalige DA-burgemeester van Johannesburg. “Zanu-PF het ’n krisis in ons subkontinent veroorsaak en dis tyd dat ons iets daaraan doen,” het Mashaba gister gesê op die eerste virtuele bekendstelling van sy politieke party, wat vanuit Sandton landwyd gevolg is. Hy voer aan AksieSA het dubbel soveel steun as wat Cope met sy stigting in 2008 gehad het. “In ons marknavorsing in die People’s Dialogue-veldtog het 2,4 miljoen mense in ons aanlyn kommunikasie gesê hulle steun die stigting van ons nuwe party. Uit daardie 2,4 miljoen het 125 000 voorleggings van 10 tot 12 bladsye elk gedoen oor wat hulle van…

2
1 minuut stilte gevra – ‘toe val skokgranate’

“Ons het niks verkeerd gedoen nie, die polisie het ons aangerand. Ons wou net stilte hê en toe begin hulle skokgranate gooi.” Só sê Madelize Bezuidenhout (19), ’n student, wat gister in gure weer deelgeneem het aan ’n betoging teen geslagsgeweld naby die parlement in Kaapstad. Soortgelyke optogte het ook landwyd en virtueel plaasgevind. ’n Paar honderd jong mense en studente van alle rassegroepe het aan die betoging in Kaapstad deelgeneem. Verskeie motorfietsryers het ook hul motorfietse laat grom teen plaasmoorde en rassisme. Nadat een van die motorfietsryers teen die geel polisielint vasgery het, het die polisie hom grond toe getrek. Hy het hom verset, waarop die polisie traangas afgevuur het. Die polisie het die betogers met skokgranate, rubberkoeëls en traangas verwilder. Bezuidenhout vertel die sameroeper het by die parlement ’n minuut van stilte…

3
werkers sê: fikile en stella knoei toe ook

Twee kabinetslede is die afgelope week by beweerde bedrog met tenders vir persoonlike beskermende toerusting (PPE) be-trek. Fikile Mbalula, minister van vervoer, en Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, is deur werknemers in hul eie departement daarvan beskuldig dat hulle tenders beïnvloed het. Albei ontken die bewerings. In ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa gemerk “Transport Corruption” beweer werknemers van die nasionale departement van vervoer dat Mbalula sowel as sy direkteur-generaal (DG), Alec Moemi, PPE-tenders toegeken het aan maatskappye waarmee hulle bande het. “Ons het stemboodskappe, video’s en foto’s van alles wat gedoen is,” lui die brief. “Maatskappye waarmee die DG en die minister bande het, is aangestel om PPE te verskaf. Ons het ’n lys van hulle en veral van daardie maatskappye wie se pryse verhoog is.” Die brief is nie onderteken…

1
kontak ons

Teken in: 087 353 1300. SMS “Rapport” na 31069. Intekenare-navrae: 087 353 1300. (Maandag tot Vrydag: 07:00-16:30. Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 07:00-11:00.) SMS “diens” na 31069. E-pos: intekenare@media24.com WhatsApp: 087 353 1333 Waar kry ek Rapport? 087 741 3137 Nuuswenke: 011 713 9633 of 021 406 3228 E-pos: nuus@rapport.co.za Klagtes oor stories: Alet Wichmann 011 713 9682. alet@media24.com Redakteur: Waldimar Pelser 011 713 9633 of 021 406 3228 waldimar.pelser@rapport.co.za Nuus- en Sakeredakteur: Erika de Beer 011 713 9633 of nuus@rapport.co.za Sportredakteur: Albert Weideman 011 713 9671 of albert.weideman@rapport.co.za Beleef: Alet Wichmann 011 713 9682 of alet@media24.com Weekliks en briewe: Pieter Malan 021 406 3514 of pmalan@rapport.co.za…