探索我的图书馆
新闻与政治
Rapport

Rapport 9/6/2020

Die Rapport wat jy ken. Kry eksklusiewe nuus oor politiek, sport en mense asook Hanlie Retief se profielonderhoud. Kry raad oor jou finansies in Sake, menings en boekresensies in Weekliks en heerlike stories oor reis, kos, gesondheid en leefstyl in Beleef.

国家:
South Africa
语言:
Afrikaans
出版商:
Media 24 Ltd
出版周期:
Weekly
阅读更多
购买期刊
HK$10.21
订阅
HK$434.56
52 期号

本期

5
moordpakt loop skeef, seun in hof

Johan Eybers Hy het vir niemand gesê van sy familie se planne om hulself om die lewe te bring nie, want hy het nie gedink hulle is ernstig nie, sê Adriaan Visser, wie se ma, pa en broer vroeër die week in ’n oënskynlike selfmoord-pakt in Bloemfontein dood is. Adriaan het Donderdag voor die huis van vriende met Rapport gepraat oor die gebeure Dinsdag wat gelei het tot die dood van sy pa, die 68-jarige Johan Visser; sy ma, Magriet (65); en sy tweede oudste broer, Louis (40). In ’n bisarre kinkel is die Visseregpaar se oudste seun, Jaco (42), kort daarna in hegtenis geneem vir die moord op sy gesin. Die polisie vermoed dat Jaco die laaste skoot in die familiedrama getrek het nadat sy ma se moed haar begewe het en…

3
behoort da eenheid ten alle koste na te jaag?

Talle waarnemers van die Demokratiese Alliansie (DA) het die afgelope week die skielike bedanking van John Moodey, Gautengse leier, voorgehou as ’n “bewys” dat wit partyleiers saamsweer om van swart en bruin kollegas ontslae te raak. Die teorie dat Moodey uitgestoot is oor sy ras kry heelwat steun te midde van klagtes dat Moodey hom aan “intimiderende, oneerlike, valse en onbehoorlike gedrag” skuldig gemaak het. Hy het na bewering druk op twee junior kollegas uitgeoefen om Mike Waters, ’n stigterslid van die DA, van onbehoorlike seksuele gedrag te beskuldig – iets wat die twee junior wyksraadslede sê niks meer is as fiksie nie. Die bestaan van dié klagtes word egter nie beskou as ’n aanduiding dat Moodey dalk iets het om te verduidelik nie; dit word eerder ingekleur as ’n bewys van…

3
vbs-burgemeester, lp is steeds in die tuig

Die twee ANC-amptenare wat al vir langer as ’n maand weier om uit hul poste te bedank weens hul betrokkenheid by die VBS Mutual Bank-skandaal, se kierangs gaan hierdie week braai. Maphefo Mogale-Letsie, uitvoerende burgemeester van die Merafongmunisipaliteit in Carletonville, en Boyce Maneli, ANC-LP, weier sedert 10 Augustus om in opdrag van die Gautengse provinsiale uitvoerende komitee (PUK) uit hul poste te bedank. Maneli, wat Vrydagoggend nog as voorsitter gedien het van ’n portefeuljekomiteevergadering oor kommunikasie, was burgemeester van die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit toe dit wederregtelik R81 miljoen by die omstrede en nou bankrot VBS belê het. Die Merafong-munisipaliteit het op Mogale-Letsie se wagbeurt R50 miljoen by VBS belê. ‘Hulle is deur ANC ontplooi.’ Meer as R2 miljard is van dié bank geplunder. Die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur laat nie toe dat munisipale geld by…

4
cyril-kamp mik vir ace se slagaar

’NHewige twis woed in die ANC oor Ace Magashule, sekretaris-generaal, se komende verskyning voor die integriteitskommissie. Magashule moes aanvanklik verlede naweek aan die kommissie verduidelik waarom hy op 7 Julie vanjaar in ’n TVonderhoud gesê hy sal nie van sy amp afstand doen weens beweringe van korrupsie teen hom nie. Maar nou dring die ondersteuners van pres. Cyril Ramaphosa daarop aan dat hy alle gepubliseerde bewerings van korrupsie teen hom moet kom verduidelik, waaronder die Estina-melkplaasprojek by Vrede in die Vrystaat. Dit is wat verlede naweek se besluit van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) beteken, voer hulle aan. Die NUK het in ’n oorwinning vir Ramaphosa besluit dat alle ANC-lede beweringe van korrupsie teen hulle aan die integriteitskommissie moet kom verduidelik. “Die Ramaphosa-groep sê as Magashule steeds weier om ook oor die ander beweringe ondervra…

2
sy soldate ‘losers’ en ‘suckers’, sê trump

’n Herrie het losgebars om pres. Donald Trump van Amerika nadat ’n nuustydskrif beweer het hy het soldate wat vir hul land sterf suckers en losers genoem. The Atlantic het Vrydag be-rig Trump het in 2018 ’n besoek aan ’n Amerikaanse begraafplaas by Aisne-Marne in Frankryk gekanselleer waar 1 800 Amerikaanse soldate in 1918 begrawe is. Hulle het in die Slag van Belleau-woud in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel – ’n sleutelgeveg wat help keer het dat Duitsland Parys kon verower. Trump se een beswaar was glo dat losers daar begrawe lê. Sy ander beswaar, volgens vier van The Atlantic se bronne, was dat die reën en wind sy hare deurmekaar sou maak. Op dieselfde reis het Trump glo die Belleau-woudsoldate as suckers afgemaak. The Atlantic se bronne het op voorwaarde van anonimiteit gepraat. Die…

2
polisie dronk van mag toe hul kuierplek se drank vat

’n Gewilde kuierplek in Pretoria-Oos beskuldig polisiebeamptes daarvan dat hulle drank van sowat R155 000 gesteel het terwyl drankverkope nog verbode was. Dit blyk die polisie het veral ’n voorliefde vir whiskey. Die Padstal-restaurant, waar Afrikaanse sangers gereeld optree, gaan ’n diefstalklag teen die polisie indien. Die vraag is nou: By watter polisiekantoor? Mei Mei Dong, een van Padstal se eienaars, het op Vrydag 14 Augustus ’n hofbevel verkry wat die Silvertonpolisiekantoor beveel om binne 48 uur die drank terug te bring wat op 15 Julie in die restaurant se stoorkamer gekonfiskeer is. Mark Eybers, een van die vennote, sê hulle het uitgewerk die polisie het sowat R215 000 se drank gekonfiskeer, maar uiteindelik net sowat R60 000 se drank teruggebring. Hy sê dit het begin toe die verkoop van alkohol nog verbode was ingevolge die…